Meningen
Bijeenkomst rond derde Nelson Mandela-lezing roept gemengde emoties op
2022-02-08"De Amsterdamse burgemeester Femke Halsema wees, kort samengevat, op de waarde van kunst en cultuur, vooral in een tijd van extreemrechts populisme; op een nieuwe generatie Amsterdammers uit diverse achtergronden die opstaat tegen racisme en discriminatie; en op de Nelson Mandela-lezing als platform om de stem van Afrikaanse kunstenaars en kunstenaars uit de Afrikaanse diaspora hoorbaar te maken."
Twee lande, twee skole: Marni Bonthuys deel haar ervarings as migrant
2022-02-02"Wat ook al die toekoms mag inhou, die pandemie het die ongelykhede in onderwys in ons land onderstreep, maar ook geïllustreer dat daar nie hier in Suid-Afrika, soos elders, die sosiale strukture bestaan om die skooldeure oop te hou as die nood druk nie."
Desmond Tutu: Suid-Afrika se gewete tydens en ná apartheid
2021-12-26"Met Tutu se afsterwe verloor die land ’n morele kompas wat ewe onverskrokke geveg het teen die vergrype van die Nasionale Party as teen die korrupsie en wanbestuur van die ANC."
"Om te behoort"-simposium: Translingual impressions
2021-12-24"Taal behoort aan niemand nie, maar taal laat mens behoort. Taal verander my nie, dit gee my nie nuwe identiteite nie, taal laat my verken wat al binne my is. Elke nuwe taal is ’n nuwe uitsigpunt om hierdie mal lewe om my te probeer prosesseer."
Die 2021-F1-seisoen deur die oë van ’n petrolkop
2021-12-15"My eerste woord was ‘kar’ en ek is ’n petrolkop. Die Red Bull-span se strategie was Sondag beter as Mercedes s’n en as die skoen aan die ander voet was en dit was Lewis wat op so ’n manier gewen het, sou hulle net so kwaad gewees het."
Wat was die eerste Afrikaanse film?
2021-11-30Die bekroonde film Barakat word beskryf as die eerste Moslem-film in Afrikaans. Hierdie AfriKaapse film, met Amy Jephta as regisseur, het in November 2021 die internasionale verhoog met ’n opwindende Oscars®-aankondiging betree. Dit laat my wonder: Hoe het die eerste film in Afrikaans gelyk?
Zuid-Afrikahuis-bespreking: Kaaps baan weg vir gelyke hantering van alle Afrikaanse variëteite danksy komende woordeboek
2021-10-29Die eerste woordeboek vir Kaaps, ’n projek waaroor wyd berig word, is onlangs in ’n paneelbespreking van die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam verken en die klem is ook geplaas op die verskuiwende dinamika van verskillende variante van Afrikaans. Die gesprek, asook verskeie skrywersonderhoude en simposia, is op die amptelike YouTube-kanaal van die Zuid-Afrikahuis terug te kyk.
Huldigingsrede | Alfred Schaffer (Tuin van Digters-feesdigter 2021)
2021-10-26"Met hierdie huldigingsrede, Alfred, bedank ek jou innig vir die rol wat jy in ons groter, geamputeerde, wanfunksionele taalfamilie speel; vir die oop gemoed en deernis wat jy nog altyd teenoor soveel mense en ’n wye verskeidenheid van poësie openbaar het ..."
European Film Festival: Breaking glass ceilings for women in film (panel discussion)
2021-10-19"The discussion was overwhelmingly positive. All agreed that the changing sociopolitical climate has started to create a space in which women and other marginalised groups are being given more chances to showcase their talents."
Die wit Afrikaner se hardkoppige dwarstrekkery en wantroue in ’n entstof
2021-09-20"Die wetenskap het oor en oor bewys die entstowwe teen COVID-19 is veilig en effektief en voorkom hospitalisasie, ernstige siekte en die dood. Maar ’n groot groep mense wat hulself as Afrikaners beskryf, skop was. Hulle is weer vryburgers, trekboere, Voortrekkers en Bittereinders. Tot almal se nadeel."
Hoeveel het Jan van Riebeeck gedrink op die Drommedaris?
2021-08-31Menán van Heerden verduidelik hoe maklik misverstande kan ontstaan rondom Jan van Riebeeck se 1652-reis na die Kaap.
Nederland se vlag twee dae ná mekaar die ruimte in
2021-07-22"Op 20 Julie het Oliver Daemen die jongste persoon geword wat die ruimte ingevaar het, saam met Jeff Bezos, en op 21 Julie is ERA, ’n baie gevorderde robotarm wat in Leiden gebou is, op ’n Russiese vuurpyl die ruimte in gestuur."
Peter R de Vries geskiet: ’n Aanval op joernalistiek, ’n hoeksteen van die regstaat
2021-07-08"Dié koerant beweer dat De Vries reeds meer as 500 moordsake gedurende sy loopbaan ondersoek het. Ook het hy verdwynings opgelos en talle bedrieërs, swendelaars, afpersers en seksoortreders aan die pen laat ry."
“Het doel is om feest te vieren zoals in de goede oude tijd”
2021-07-05"Daar is hoop. Sisonke wys dit. Nagklubs in Nederland en België wys dit. Suriname is oop vir besoekers wat ingeënt is. Ek brand om terug te keer na daardie dae, toe die 'moordenaars' sigbaar was."
Met een miljard inentings gaan China dalk die eerste land sonder maskers wees!
2021-06-21"Maskers, leë teaters en leë rugbystadions kan nog lank Suid-Afrika se voorland bly as die antivaksers hulle sin kry. Binnekort kan China die eerste land wees wat hulle maskers met gemak by die huis kan los. Hoe ironies."
Distrik Ses: 108 gesinne trek uiteindelik terug
2021-06-21"Tussen 24 Junie en 16 Julie sal altesaam 108 gesinne genader word om die nuwe huis aan hulle te oorhandig. Die oorspronklike Distrik Ses sal nooit meer wees nie, maar binnekort sal daar weer harte klop-klop, amper soos David Kramer dit in sy liedjie beskryf."
Die kaalpootklong en die Comrades se 100ste verjaardag
2021-06-15"Op 13 Junie 2021 het ’n paar duisend mense regoor die wêreld ’n virtuele wedloop gehardloop. Ek ook. Ek het die 45 km kaalvoet gehardloop."
Dokters sonder grense en die suurstofdief, ’n virus sonder grense
2021-06-10"En wat doen jy as die pasiënt steeds te min suurstof kry? Dan gebruik jy drie suurstofkonsentreerders. Een in die neus en twee in die masker ... Hierdie vernuwende optrede in Suid-Afrika het onlangs die nuus in Nederland gehaal."
#cocreateSANL: Die ontwerp van voedselsekerheid
2021-06-08"In die tydperk September 2020 tot Desember 2020 was daar 9,34 miljoen Suid-Afrikaners wat nie geweet het of hulle genoeg kos sal hê om te eet nie. COVID-19 en die grendelregulasies het die reeds ongelyke situasie in die land verder vererger. Kan ons stelsels ontwerp om te sorg dat minder mense honger ly?"
Suid-Afrikaanse museums vra: "Bezoek ons alsjeblieft!"
2021-06-03"Geniet die museums se aanlyn voetspoor, maar kom besoek ons. Sjerrie, wyn en die Kaapse kookkuns kan ’n mens nie oor die internet geniet nie."