Actueel
Die lang messe in die ANC is uit
2021-05-19"Die lang messe in die ANC is nou behoorlik uit vir mekaar. ’n Bloedige regstryd waarin die verskillende faksies mekaar in die hof gaan beveg is op hande na die tydelike skorsing van Ace Magashule. Intussen het Jacob Zuma die afgelope week gedreig om sekere 'diep geheime' van die ANC te verklap as daar nie opgehou word hom te 'teiken' nie."
Chaos en wanorde by polisie se Sentrale Vuurwapenregister
2021-05-18"Die polisie se Sentrale Vuurwapenregister is in ʼn totale chaotiese en wanordelike toestand. Duisende aansoeke vir vuurwapens lê opgestapel in kantore en gange waar die aansoeke geberg word."
Plaasmoorde neem toe en word al hoe wreder
2021-05-14"In 22% van die aanvalle is slagoffers wreed gemartel deur hulle met strykysters te brand, dood te slaan of dood te skop, of herhaaldelik met ’n skerp voorwerp te steek."
Where’s Wally?
2021-05-13"As Brittanje se poet laureate is Simon Armitage ’n besige man ... Maar Serote is nêrens te siene nie, nie in die openbare oog nie."
Minibustaxi’s ontduik op groot skaal belasting
2021-05-13"Terwyl die minibustaxibedryf aandring op regeringsubsidies, betaal die hele bedryf volgens die Minister altesaam jaarliks slegs R5 miljoen belasting."
Geen taboe op Afrikaans by US, sê rektor
2021-05-12Wim de Villiers: "Die US is nie ’n Afrikaanse universiteit nie. Dit is nie ’n Engelse universiteit nie. En dit is nie ’n Xhosa-universiteit nie. Ons is ’n inklusiewe, meertalige universiteit, een van baie min hoëronderwysinstellings in ons meertalige land wat hierdie benadering volg."
Derde golf van COVID-19 tref provinsies
2021-05-11Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, het mense aangeraai om te registreer vir inenting wanneer hulle gevra word om dit te doen. Jean Oosthuizen berig.
Besondere erepenning van die SA Akademie 2021: ’n onderhoud met Rina Loader
2021-05-07’n Besonderse erepenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is onlangs aan Rina Loader, woonagtig in Oostenryk, toegeken. Die prys word aan haar toegeken vir haar inspanning oor 23 jaar met betrekking tot die bevordering en bekendstelling van Afrikaans in Europa en in die besonder haar betrokkenheid by die onderrig van Afrikaans aan die Universiteit van Wene waar sy sedert 1998 die vak Afrikaans uitgebou het en dus oor meer as twee dekades Afrikaans onderrig het. Sy praat met Naomi Meyer oor hierdie toekenning en haar betrokkenheid by Afrikaans in die buiteland.
Afrikaans: die groter prentjie
2021-05-07Hoe kan Gariep-Afrikaans genoegsame blootstelling/eienaarskap geniet? Is daar gemeenskaplike kenmerke / wedersydse invloed tussen variëteite wat maatskaplike en geografiese grense oorskry? Wat behels "algemene Afrikaans"? Is herstandaardisering die antwoord? Waar pas Standaardafrikaans as gebruiksvorm vir spesifieke doeleindes in? Hoe praat jongmense in bv Namakwaland vandag Afrikaans? Menán van Heerden praat met linguiste Ernst Kotzé, Quentin Williams en Elvis Saal.
Gebeure in ANC is "malligheid" sê politieke ontleders
2021-05-07"Die handskoene in die ANC se opponerende faksies is behoorlik af."
’n Behind-the-scenes dialoog met die produksiespan van Barakat – family is a mouthful
2021-05-06"Kyk uit Kaapstad, Barakat kom op 13/14 Mei 2021 na ôs toe, net kôt na Labarang – miskien issit ’n excuse om die familie bymekaar te bring en ’n extended Labarang te het byrie baiscope!" Lees ’n dialoog tussen Tasneem Daniels en die PaperJet Films-span, Amy Jephta en Ephraim Gordon.
Drama in ANC na Magashule se skorsing
2021-05-06"Die tweespalt in die ANC het gister ’n dramatiese wending geneem toe die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, begin terugveg het teen sy skorsing. Magashule het sy skorsing in ’n laataand-verklaring betwis en vermoedelik aangekondig dat hy Cyril Ramaphosa uit die party skors."
Spanning neem toe in ANC oor Ace Magashule
2021-05-05"Die magstryd binne die ANC is op ’n mespunt met nog steeds geen aanduiding wat die beleërde sekretaris-generaal van die organisasie, Ace Magashule, se volgende stap gaan wees nie."
Ramaphosa sê media moet korrupsie aanhou oopvlek
2021-05-04"President Cyril Ramaphosa het vir die tweede keer binne ’n week ’n lansie gebreek vir die media. Hy het joernaliste aangemoedig om sonder vrees verslag te doen en voort te gaan om korrupsie en ander vergrype aan die kaak te stel."
Wat zou Marius ervan gedacht hebben? Een herinnering aan Marius de Waal
2021-05-03"Een informele kennismaking leidde tot een aangename samenwerking en tot versterking van de academische banden tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen. Niet dat De Waal behoefte had aan een internationaal netwerk – het zijne was indrukwekkend. Hij doceerde in Parijs, deed onderzoek in Berlijn en publiceerde in Oxford, met een gemak dat velen verbaasde."
Regering verdedig Kubaanse hulp om waterkrisis te help red
2021-04-30"Intussen is daar al hoe meer berigte van ’n water- of rioolkrisis by etlike munisipaliteite in die land. Volgens inligting van die Emalahleni-raad verloor die munisipaliteit sowat 3,66 miljoen kiloliter (3,66 miljard liter) water per kwartaal weens gebarste en lekkende pype, gesteelde watermeters en onwettige waterkoppelings."
Ramaphosa in die spervuur by Zondo
2021-04-29"Ramaphosa se getuienis voor die kommissie word allerweë as uiters belangrik beskou. Hy het sy getuienis Woensdag afgeskop met ’n lang verklaring waarin hy onder meer gesê het staatskaping is iets wat 'nooit, nooit, nooit weer' mag gebeur nie."
Nederlands nieuws: Koningsdag, versoepeling en gelekte notulen
2021-04-29"Jarenlang bestond het beeld dat er in Nederland nooit iets gebeurde. Maar sinds kort zorgt de Nederlandse politiek voor spannende televisie. De altijd opgewekte premier Mark Rutte vecht voor zijn politieke toekomst en het kritische Kamerlid Pieter Omtzigt weigert zich te laten 'sensibiliseren'. Wat gebeurt er deze week?"
Solidariteit wil Kubaanse ingenieurs uit die land hê
2021-04-28"Die vakbond Solidariteit het met ’n regsproses begin om die invoer van Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika onwettig en onregmatig te verklaar. Hulle eis dat die ingenieurs wat verlede week in die land aangekom het, teruggestuur word Kuba toe."
CJ Langenhovenprys vir Taalwetenskap 2021: ’n onderhoud met Wannie Carstens
2021-04-26Wannie Carstens is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns met die CJ Langenhoven-prys vir Taalwetenskap bekroon. Hy praat met Naomi Meyer oor die toekenning en sy jare lange betrokkenheid by Afrikaans.