Actueel

Gesprek | Die Taalunie en die Afrikaanse Taalraad ruil idees uit

Kabous Meiring, Maarten Vidal, Conrad Steenkamp SASNEV 2021-10-07

Kabous Meiring het Maarten Vidal (Taalunie) en Conrad Steenkamp (Afrikaanse Taalraad) genooi om oor hulle werk, en oor moontlike samewerking, te gesels. Ons deel ook ’n video van twee minute waarin Kris Van de Poel, Karlijn Waterman en Maarten Vidal verduidelik wat die Taalunie doen.

 

Gesprek | Fries, Kaaps, Nederlands en Afrikaans: Wat kan ons van mekaar leer?

Jelle Krol, Ernst Bruinsma, Conrad Steenkamp, Kabous Meiring, Izak de Vries SASNEV 2021-10-07

Fries is ’n Wes-Germaanse taal, baie nou verwant aan Engels, wat steeds in die Nederlandse provinsie Friesland gepraat, geskryf en gelees word. Ernst Bruinsma en Jelle Krol brei uit oor die Friese taal en letterkunde, waarna Kabous Meiring vir Conrad Steenkamp en Izak de Vries betrek om by al vier te hoor wat Kaaps, Nederlands, Afrikaans en Fries by mekaar kan leer.

Suid-Afrika is ideale plek om meertaligheid te bestudeer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-10-07

"Die waarskynlikheid dat enige nuwe persoon wat jy in Suid-Afrika raakloop, dieselfde moedertaal as jy sal hê, is ’n skrale 13%. 'Dít maak Suid-Afrika, met sy klomp verskillende tale, die ideale omgewing om aspekte van meertaligheid te bestudeer,' sê Emanuel Bylund, navorsingsleier by die Universiteit Stellenbosch se MultiCog-lab, oftewel die laboratorium vir meertaligheid en kognisie. Die MultiCog-lab (Departement Algemene Taalwetenskap) is volgens die US se webwerf die enigste van sy soort op die Afrikavasteland."

Lae Lande-nuus: ’n "Nuwe regering" en meer betogings teen die koronapas

Milton Webber In het nieuws 2021-10-06

"Ná maande van beraadslaging is daar uiteindelik sprake van ’n 'nuwe regering' in Nederland te midde van hernude betogings teen die invoer van die inentingstoegangsbewys, sigarette kom onder skoot en Nederlanders mag nou aanlyn dobbel."

Verpligte inentings in Suid-Afrika is "laaste" uitweg teen COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-10-06

"Verpligte inentings in die stryd teen COVID-19 sal nie noodwendig strydig wees met die land se Grondwet nie, en al hoe meer instellings ondersoek die moontlikheid. Die Menseregtekommissie (MRK) het nou ook tot die debat oor verpligte inenting toegetree. Die MRK sê dit is hoogs waarskynlik dat ’n wet wat inentings verpligtend maak, nie strydig met die Grondwet is nie, maar dit moet die heel laaste uitweg wees."

Onderhoud: Eureka Barnard verduidelik SASNEV se rol in die Week van het Nederlands

Lisanne Homma, Eureka Barnard SASNEV 2021-10-05

"My droom is dat daar nie te lank van nou nie ’n manier gevind sal word waarop al die taal- en kultuurverbintenisse dwarsoor die wêreld wat met die Nederlandse taal te make het, met mekaar idees sal kan uitruil." Van 2 tot 9 oktober wordt de taal nationaal en internationaal op stelten gezet tijdens de 7de editie van de Week van het Nederlands. Eureka Barnard is directeur van SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum Vir Nederland en Vlaandere), en coördineert de eerste viering van de Nederlandse taal in Zuid-Afrika.

Suid-Afrika by Verenigde Nasies aangekla oor "rasmalheid"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-10-05

"Die huidige klag volg ná ’n lang stryd wat die vakbond al sedert 2016 by die VN oor die Suid-Afrikaanse regering se rassebeleid voer. Dit is die eerste keer dat die Suid-Afrikaanse regering formeel by die VN oor rassediskriminasie aangekla word ingevolge die Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Rassediskriminasie (ICERD)."

"Tyd is skemer, tyd is gras" ‒ Tweespraak met Dominique Botha

Yves T’Sjoen, Dominique Botha Interviews 2021-10-04

"Met Donkerberg/Bloodwood het ek uiteindelik tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Die roospienk berg op die stofomslag word donker in die nag agter my huis, en is die donkerberg in die gedig 'voorbode'. Dit is ’n ko-ordinaat wat ’n gedig en toe ’n bundel geword het." Met de tweetalige uitgave Donkerberg/Bloodwood maakt Dominique Botha haar lang verwachte poëziedebuut. Ter gelegenheid van de bundel treed Yves T'Sjoen in gesprek met de schrijver en haar tekst.

’n Videogesprek met Daniel Hugo

Yves T’Sjoen, Daniel Hugo Interviews 2021-10-01

Bruggenhoofden is Yves T'Sjoen se Voertaal-gespreksreeks oor kulturele bemiddelaars in die Lae Lande en Suid-Afrika. In hierdie eerste gesprek gesels Yves met die digter en vertaler Daniel Hugo.

DA begin petisie om Afrikaans as inheemse taal te erken

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-10-01

"Die petisie is gerig aan die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, in reaksie op sy klassifisering van Afrikaans as 'uitheems' in sy departement se Beleidsraamwerk vir Hoëronderwysinstellings."

Ervaar die Eikestad saam met glanssjef Bertus Basson en sy vriende

Maryke Roberts Culinair 2021-09-30

Kunstefeesliefhebbers kan hul springmielies of glas wyn gereed hou vir die Toyota US Woordfees se eerste TV-opwipkanaal, Fees TV, wat 1 tot 7 Oktober uitgesaai word. Dis die eerste kunstefees wat op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai word en gaan soveel moontlik van die geliefde Stellenbosse atmosfeer weerspieël. Die beste voorbeeld hiervan is gewis die glanssjef Bertus Basson se drie kuiers, Bertus Basson en vriende op 5, 6 en 7 Oktober om 16:00. Maryke Roberts vertel meer.

 

Tronkstraf geëis vir betrokkenes van Digital Vibes-skandaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-30

"Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor Digital Vibes, wat onder andere bewusmaking moes doen onder die publiek oor die COVID-19-pandemie, bevat verdoemende getuienis van grootskaalse leuens en bedrog waarby die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, en sy familie direk betrek word."

Druk neem toe op minister om Afrikaans as inheems te erken

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-29

"Die DA het Maandag ’n klag by die Menseregtekommissie teen Nzimande ingedien oor sy aandrang dat Afrikaans as ’n 'uitheemse' taal in Suid-Afrika geklassifiseer word. Volgens die DA is dié standpunt haatdraend en ongrondwetlik."

Minister geskors, betogings teen koronapas

Milton Webber In het nieuws 2021-09-28

"Honderde betogers het in verskeie stede in Nederland hul protes aangeteken teen die nuwe maatreël van ’n korona-toegangsbewys. Op dieselfde dag het staatsekretaris Mona Keijzer die trekpas gekry – juis oor die pas. Mark Rutte se beveiliging is sterk verskerp en al minder Franssprekende leerders in België neem Nederlands."

Europese parlemente gevra om druk uit te oefen op Suid-Afrika se rassebeleid

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-28

"’n Afvaardiging van die vakbond Solidariteit het verlede Vrydag uit Suid-Afrika na Europa vertrek om die lande te probeer oorreed om die Suid-Afrikaanse regering onder druk te plaas."

Persbericht: Radboud Universiteit verleent eredoctoraat aan Adriaan van Dis

Voertaal Literatuur 2021-09-27

Adriaan van Dis ontvangt op 11 mei 2022 een eredoctoraat van de Radboud Universiteit in Nijmegen voor zijn verdiensten als ambassadeur voor het leren van talen en culturen.

Konstitusionele Hof sê Afrikaans is nie die taal van rassiste en onderdrukkers nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-24

"Die vereenvoudigde aanname dat Afrikaans die taal van wit mense en onderdrukkers is, berus geheel en al op waninligting wat indruis teen die ware geskiedenis van die taal se oorsprong en ontwikkeling."

Skok na moord op onderwyser by skool

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-23

"Die twee verdagtes het die onderwyser se motor genader kort voordat die skool begin het. Hulle het hom ten aanskoue van kinders doodgeskiet voordat hulle op die vlug geslaan het. Hy was in sy voertuig besig om sy Bybel te lees."

Suid-Afrikaners weer in baie lande welkom, maar Brittanje skop vas

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-22

"Suid-Afrikaners wat ten volle ingeënt is, sal binnekort toegelaat word om weer vrylik na die VSA te reis en is ook welkom in onder meer Duitsland, Switserland, Frankryk, Spanje en Switserland."

Somber Prinsjesdag en ’n nuwe werk deur Vincent van Gogh

Milton Webber In het nieuws 2021-09-22

"Die derde Dinsdag in September, was soos gewoonlik Prinsjesdag. Intussen is die kabinet verlede week geruk deur die bedanking van die minister van buitelandse sake, Sigrid Kaag. Dit volg ná ’n mosie van afkeuring teen haar weens haar hantering van die ontruiming in Afganistan van mense wat die regering gehelp het. Ook, ’n nuwe werk van die bekende Nederlandse skilder Vincent van Gogh is pas ontdek."

Verified by MonsterInsights
Top