Actueel
"Die mense het gepraat" – en wát gesê?
2021-11-05"Maar die gevaarligte flik-flikker-flik oor die ongedurigheid by miljoene landsburgers wat nie die sin daarin sien om te gaan stem nie – en dit slegs 27 jaar nadat álle Suid-Afrikaners die grondwetlike reg bekom het om aan verkiesings deel te neem, ’n reg waarvoor Nelson Mandela 27 jaar agter tralies deurgebring het. Hoe moet hý in sy ewige rusplek hieroor voel?"
Op reis in Darwiesj se poësie
2021-11-05Die digter Magmoed Darwiesj, ’n groot gees in die moderne Arabiese en wêreldletterkunde, sou vanjaar 80 geword het. ’n Afrikaanse vertaling en keur uit sy oeuvre is vanjaar as Die vlug van ’n vreemdeling: Magmoed Darwiesj gedigte in Afrikaans op die afgelope jaarlikse Tuin van Digters-fees op Wellington bekendgestel. Die Afrikaanse vertaler van hierdie digbundel, Bester Meyer, het by die geleentheid oor onder meer sy vertalings en ervaring van Darwiesj met Desmond Painter gesels. Willem de Vries lewer verslag oor hierdie gesprek.
"Infodemie" veroorsaak entstofhuiwerigheid in Suid-Afrika
2021-11-05"Die goeie nuus is dat slegs ’n klein aantal mense heeltemal teen die entstof gekant is."
Talle koalisies kom na reusewegblystem
2021-11-04"Die Suid-Afrikaanse politieke landskap het die afgelope week drasties verander en ’n nuwe era binnegegaan waar koalisiepolitiek aan die orde van die dag sal wees. Dit volg nadat die ANC vir die eerste keer sedert 1994 nie daarin kon slaag om landwyd en in talle munisipaliteite meer as 50 persent van die stemme te trek nie."
Annemarié van Niekerk se reis na SA se moorddadige hart
2021-11-03"Die boek is ’n aangrypende, ontstellende verkenning van die oorsake en omvang van die enorme geweld wat in Suid-Afrika aan die orde is, en Van Niekerk bou die narratief rondom plaasmoorde wat op Ida in die Oos-Kaap plaasgevind het." – Melt Myburgh in gesprek met Annemarié van Niekerk oor Om het hart terug te brengen."
Skokbeelde van polisie wat ’n betoger skop, stilstaande treine en elektriese motors
2021-11-03"Beeldmateriaal waarin gesien kan word hoe ’n polisiebeampte ’n man skop, word ondersoek, die Nederlandse treinstelsel kom tot stilstand, België soek elektriese motors, koronapasse nodig vir ’n koppie koffie, asielsoekers word meer, en 3M moet produksie staak."
Groenkrag wink terwyl Eskom in die duister voortploeter
2021-11-03"Volgens Eskom word beurtkrag slegs as ’n laaste uitweg geïmplementeer om die stabiliteit van die kragstelsel te handhaaf."
Persbericht: Haagse literatuurprijzen toegekend aan Mischa Andriessen, Marieke Lucas Rijneveld en Erna Sassen
2021-11-02In het radioprogramma Kunststof zijn de winnaars bekendgemaakt van drie belangrijke Haagse literatuurprijzen.
Universiteite met hof gedreig oor verpligte inentings
2021-11-02"’n Taakspan is aangestel om ’n risikobepaling te doen van die verskillende faktore wat hierby betrokke is vir personeel en studente."
Koerantgroep se "bewyse" oor tienling bevraagteken
2021-10-29"Die koerantgroep het die hele land Woensdag na hul asems laat snak toe hulle tydens ’n nuuskonferensie volgehou het dat die tienling wel gebore is. En hulle beweer daar word in staatshospitale handel gedryf met babas, van wie sommige selfs gebruik word om moetie mee te maak."
Zuid-Afrikahuis-bespreking: Kaaps baan weg vir gelyke hantering van alle Afrikaanse variëteite danksy komende woordeboek
2021-10-29Die eerste woordeboek vir Kaaps, ’n projek waaroor wyd berig word, is onlangs in ’n paneelbespreking van die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam verken en die klem is ook geplaas op die verskuiwende dinamika van verskillende variante van Afrikaans. Die gesprek, asook verskeie skrywersonderhoude en simposia, is op die amptelike YouTube-kanaal van die Zuid-Afrikahuis terug te kyk.
Krieket SA se kniebuigbesluit jaag talle die harnas in
2021-10-28Lees ook Quinton de Kock se kant van die saak (pas uitgereik via Krieket Suid-Afrika (KSA)).
Bernard Haitink is oorlede – en nog nuus uit die Lae Lande
2021-10-27"Die Nederlandse dirigent Bernard Haitink is oorlede. In ander nuus: ’n navorsingsprojek oor gravitasiekolke, ’n man met ’n kapmes was aggressief teenoor medereisigers op ’n trein, nuwe inperkings spesifiek vir mense wat nie ingeënt is nie, plastiek word uit die see verwyder en die polisie in Rotterdam het verlede Donderdag 75 sokkerondersteuners in hegtenis geneem."
Lesufi hou vol AfriForum is rassiste
2021-10-27"Die rassetwis tussen die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, en die burgerlike organisasie AfriForum het opnuut opgevlam."
Stem verantwoordelik, vra Ramaphosa
2021-10-26"Suid-Afrikaners gaan volgende Maandag, op 1 November, na die stembus om hul plaaslike verteenwoordigers te kies. Ramaphosa sê uiteindelik gaan elke verkiesing oor vertroue."
Huldigingsrede | Alfred Schaffer (Tuin van Digters-feesdigter 2021)
2021-10-26"Met hierdie huldigingsrede, Alfred, bedank ek jou innig vir die rol wat jy in ons groter, geamputeerde, wanfunksionele taalfamilie speel; vir die oop gemoed en deernis wat jy nog altyd teenoor soveel mense en ’n wye verskeidenheid van poësie openbaar het ..."
Vertaling en dinamiek tussen ’n Afrikaanse en Engelse debuutroman
2021-10-25Peter Bergsma (vertaler van vele werke van JM Coetzee in Nederlands) het vir die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam se skrywersgespreksreeks Boeken uit het Huis met skrywer PP Fourie (’n Hart is so groot soos ’n vuis) en die vertaler Marius Swart gesels. Die onderhoud, een van verskeie in die reeks waarin Afrikaanse skrywer se werk aan ’n groter publiek bekend stel word, is op die Zuid-Afrikahuis se YouTube-kanaal beskikbaar.
Bierbedryf pleit by regering om van ondergang gered te word
2021-10-22"Die bierbedryf het as gevolg van die vorige kere se verbod sedert Maart verlede jaar 161 handelsdae verloor, wat net meer as 240 000 werksgeleenthede in gevaar stel, met ’n verlies aan belastinginkomste van R34,2 miljard en R10,2 miljard in aksynsinkomste. Daar was geen staatsfinansiering of enige ander verligting om die sektor tydens hierdie krisis by te staan nie."
Red Sandra, op die Europese filmfees as Save Sandra
2021-10-21"William en Olga Massart probeer natuurlik alles om hulle dogter te red en hoor van ’n middel wat in Denemarke ontwikkel word. Die medisyne is nog nie op die mark nie, so hulle probeer vir Sandra op een van die kliniese proewe kry, maar hulle hulle slaag nie."
Politieke partye vry na Afrikaanse stemme in munisipale verkiesing
2021-10-21"Hoewel die taalkwessie weinig te make het met die plaaslike verkiesing, meen albei partye skynbaar dat hulle sodoende die guns van Afrikaanse kiesers sal wen."