Actueel
Fopnuus in grendeltyd oor Kaapse luiperds
2020-04-24"Van die beeldmateriaal wat deesdae op sosiale media versprei word, is nie noodwendig geneem sedert die grendeltyd nie. Dit beteken dus nie luiperds loop skielik die wêreld vol sedert die staat van inperking nie. Van die diere se bewegings is al telkemale vantevore op kamera vasgelê."
Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin?
2020-04-24"Ons is ’n bastervolk van vele oorspronge en volledig en onlosmaaklik inheems as Afrikane. Ons is (nie as enigstes nie maar net so 'geregtig' as wie dan ook) van die oorspronklike synsnyers en agter-die-sterre-aan-lopers. Ons taal moes gesmee en gelouter en versoepel word omdat ons hier moes oorlewe, moes andersmaak en andersword. Die storie is nog lank nie verby nie ..."
Stemme: noord en suid
2020-04-24Tenita Kidelo is tans besig met haar meestersgraad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Haar navorsing is ’n vergelykende studie oor swart feminisme in die werke van Suid-Afrikaanse skrywer Ronelda Kamfer en die Nederlandse digter Simone Atangana Bekono.
Publiek se bloed kook oor verbod op warm kos
2020-04-23"'Regtigwaar? ’n Moeë gesondheidswerker wat terugkeer van ’n deurnagskof van ’n hospitaal moet verhoed word om ’n ete te kan koop?' het een Facebookgebruiker sy frustrasie verwoord."
COVID-19 gaan talle Suid-Afrikaanse besighede kelder
2020-04-23"Bykans die helfte van alle besighede wat aan die opname deelgeneem het, moes hulle deure tydelik sluit."
Covid-19 diaries: From Shanghai to Amsterdam
2020-04-23Read about experiences of South Africans (living in China and Canada), a Namibian (studying in Amsterdam) and citizens of Spain and the United States of America here.
Omstrede Bird-eiland-boek maak steeds opslae
2020-04-21"Die uitgewers van die omstrede boek Die seuns van Bird Island het ’n tweede keer verskoning gevra vir die emosionele skade wat die boek aangerig het aan die reputasie van drie oud-NP-ministers en hulle families."
Die aanlynkonsertfenomeen: Musikante verruil die verhoog vir hul sitkamer
2020-04-17"Hoe twee onsigbare kragte, ’n virus en musiek, ’n generasie tot ’n mate definieer, bly ’n raaisel. Die een isoleer en die ander een verenig. Hier is ’n kykie na hoe die musiekbedryf vir die tweede keer op sy kop gedraai is."
COVID-19 knip moontlik SAL se vlerke finaal
2020-04-17"Duisende mense kan sonder werk sit wanneer die SAL finaal sy laaste asem uitblaas. Sowat 5 000 werkers van die SAL en 800 werknemers by SA Express sal werkloos wees indien die lugrederye sluit."
Trump skok Suid-Afrika en res van wêreld tydens koronakrisis
2020-04-17"President Donald Trump van die VSA het hom die gramskap van feitlik die hele wêreld, onder andere ook Suid-Afrika, op die hals gehaal met sy besluit om Amerika se befondsing vir die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) te staak. Dit te midde van ’n wêreldwye gesondheidspandemie."
Samewerkingsooreenkoms met die Afrikaanse Taalraad: ’n onderhoud met Kris Van de Poel (Nederlandse Taalunie)
2020-04-16Die Nederlandse Taalunie (NTU) fokus op taalbeleid in Nederland, Vlaandere, Suriname en die Nederlandse Antille. Die Afrikaanse Taalraad (ATR) in Suid-Afrika fokus op die volle diversiteit van Afrikaans. Die doel van die samewerkingsooreenkoms tussen hierdie twee organisasies is om Afrikaans en Nederlands te bevorder. Kris Van de Poel (Nederlandse Taalunie) vertel vir Menán van Heerden meer hieroor.
Korona se ergste lê nog voor vir Suid-Afrika
2020-04-16"Diegene wat gedink het Suid-Afrika gaan die eksponensiële groei van die koronavirus wat wêreldwyd voorkom, vryspring, kan hulle gereedmaak vir ’n onaangename verrassing. Dit kan vermoedelik minstens nog vyf maande duur voordat die ergste verby is."
Swaarkry, honger en die gevaar van onrus in die tyd van korona
2020-04-16"'Ons gaan nie van korona doodgaan nie,' het die inwoner haar en ander in haar gemeenskap se lot bekla. 'Ons gaan doodgaan van hongerte'."
Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon: ’n onderhoud
2020-04-15Die Facebook-groep "Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon" het meer as 11 000 lede en ondersoek sedert 2012 die houdings en gebruike van Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon. Cliffordene Norton gesels met Fanie Pretorius wat die navorsingsprojek geloods het.
Ramaphosa waarsku misdadigers
2020-04-14"In Ramaphosa se weeklikse brief veroordeel hy vandalisme en diefstal by skole, ’n toename in kabeldiefstal en ’n styging in gevalle van geweld teen vroue, kinders en bejaardes. Hy sê die regering sal geslagsgeweld as ’n prioriteit hanteer in sy reaksie op die koronaviruspandemie."
Koronavirus laat Moeder Natuur weer asemhaal
2020-04-10"Oral hoor mens van verskynsels in die natuur wat stadig maar seker weer besig om na normaal terug te keer terwyl miljoene agter slot en grendel is."
Strenger optrede gevra teen minister wat regulasies oortree het
2020-04-09"Die minister van kommunikasie, telekommunikasie en posdienste, Stella Ndabeni-Abrahams, wat deur president Cyril Ramaphosa op twee maande spesiale verlof geplaas is omdat sy die regulasies tydens die staat van inperking oortree het, kan dalk ook strafregtelik vervolg word."
Ons wag op die nuwe wêreld
2020-04-09"Terwyl ons op die virus wag, is daar ritse aanbiedings om die dooie tyd om te kry, dikwels rolprente met clichétonele van mense wat in doodsangs wag vir die gevaar om die hoek: Tom Cruise vir die tentakels van die invallers uit die ruimte in The war of the worlds; Sigourney Weaver vir die tandewerk van die monster in Alien. Ons wag op die virus om haar uit te woed voor ons weer normaal kan word. Daarna gaan die wêreld verander, word ons belowe."
Hüzün
2020-04-08"Die tradisie kom uit die Sufi-mistisisme en bied ’n meer positiewe en medelydende begrip van die woord, en van die ruimte of plek van verlies en droefheid in ons lewens. Ons hüzün is nie heeltemal dieselfde nie, maar resoneer verbasend diep met ons Kapenaars. Die pragtige ou Groote Kerk-gebou met sy ryke geskiedenis en die ou slawelosie reg langsaan met sy tragiese geskiedenis."
Grendel maar vas – inperking kan nog lank duur
2020-04-08"Wetenskaplikes en ekonome is in ’n debat gewikkel oor die vraag wat die meeste lewens gaan kos as gevolg van die koronavirus: ’n ekonomiese ramp as die landwye inperking ná 21 dae verleng word, of ’n gesondheidsramp indien die inperking te gou opgehef word."