In het nieuws
Dis ’n geskarrel agter die skerms oor ’n nuwe regering vir Suid-Afrika
2024-06-05"Die volgende week en ’n half sal dus deurslaggewend wees om te bepaal hoe Suid-Afrika se volgende regering gaan lyk en wie die president gaan wees."
Waarnemers tevrede verkiesing was vry en regverdig
2024-06-04"Die organisasie se waghondveldtog het meer as 1 000 geakkrediteerde plaaslike waarnemers in die veld gehad. Hulle het meer as 500 stemlokale besoek en meer as 1 500 verslae gedurende die stem- en telprosesse ingedien."
’n Nuwe politieke daeraad vir Suid-Afrika na 30 jaar
2024-05-31"Wat die kleiner partye betref, het die Patriotiese Alliansie van Gayton McKenzie heelwat steun gewen en baie van die DA se bruin kiesers weggelok. Dit wil egter voorkom of die DA van sy wit steun teruggewen het en dat die Vryheidsfront Plus nie vanjaar groot getalle van die DA se stemme kon afrokkel soos in die vorige verkiesing nie."
Oproep om die integriteit van die verkiesings te handhaaf
2024-05-30"Miljoene Suid-Afrikaners het Woensdag by stemlokale opgedaag om hulle kruisies te trek in wat beskou word as die mees betwiste verkiesing sedert apartheid in 1994 tot ’n einde gekom het."
Woede oor Ramaphosa se "skaamtelose misbruik" om stemme te werf
2024-05-29"Die DA en die MK het aangekondig dat hulle hofstukke ingedien het oor die aangeleentheid. Die Vryheidsfront Plus beskuldig Ramaphosa ook van skaamtelose ANC-opportunisme en misbruik van staatshulpbronne."
Verkiesingskoors loop hoog
2024-05-28"Miljoene Suid-Afrikaners sal môre (Woensdag) deelneem aan wat allerweë beskou word as die belangrikste verkiesing in die land sedert die eerste demokratiese verkiesing in 1994."
Tafel is gedek vir volgende week se waterskeidingverkiesing
2024-05-24"Die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het Donderdag gesê Suid-Afrika bevind hom op ’n deurslaggewende punt waar die pad na hierdie geskiedkundige verkiesings sy finale en mees kritieke stadiums nader."
Groen lig vir eerste vrou in Suid-Afrika om hoofregter te word
2024-05-23"Die weg is gebaan vir die eerste vrou om Suid-Afrika se regbank vir die volgende 10 jaar te lei. Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het die afgelope week adjunkhoofregter Mandisa Maya se aanstelling vir die pos by president Cyril Ramaphosa aanbeveel."
Bedrieër poog glo om die verkiesing met WhatsApp te beïnvloed
2024-05-22"Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Suid-Afrikaners gewaarsku dat daar glo ’n bedrieër op WhatsApp doenig is wat homself voordoen as die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, terwyl dit nie die geval is nie."
Zuma se foto bly op stembriewe
2024-05-21"Zuma se dogter, Dudu Zuma-Sambudla, het op X gesê Zuma se gesig is op die stembrief en dit was hulle grootste stryd gewees."
Nuwe parlement gaan met hofsake opgeskeep sit
2024-05-17"Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, het beklemtoon dat die Bela-wetsontwerp nie bloot ’n saak van taal- en kultuurbeleide is nie, maar eerder die begin van totale staatsbeheer oor skole in Suid-Afrika."
Omstrede Bela-wet straks die week finaal goedgekeur
2024-05-16"Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het Dinsdag die Bela-wysigingswetsontwerp goedgekeur, en dit moet vandag (Donderdag) in die NV goedgekeur word om wet te word voordat die parlement verdaag."
Ondertekening van NGV-wet lok landwye kritiek uit
2024-05-15"Die NGV is ’n gesondheidsfinansieringstelsel wat ontwerp is om fondse saam te voeg om toegang te bied tot gehalte- bekostigbare persoonlike gesondheidsdienste vir alle Suid-Afrikaners gebaseer op hul gesondheidsbehoeftes, ongeag hul sosio-ekonomiese status."
Parlement ontbind Donderdag met oog op verkiesings
2024-05-14"Die parlement het aangekondig dat hy sy werk hierdie week sal afsluit met die oog op 29 Mei se verkiesing, met albei huise wat nog verskeie stukke wetgewing, komiteeverslae en afskeidstoesprake van lede moet oorweeg."
Peiling toon ANC verloor steeds steun
2024-05-10"Met minder as drie weke voordat Suid-Afrikaners na die stembus gaan om hulle kruisies te strek in vanjaar se algemene verkiesing, bevestig die jongste meningspeiling die tendens van die ANC se dalende steun en toenemende ongewildheid onder kiesers."
DA daag Ramaphosa uit vir ’n openbare debat oor vlagherrie
2024-05-09"Ramaphosa sê die advertensie is onaanvaarbaar en niks ander as verraad nie. Hy het gesê alle Suid-Afrikaners moet hierdie 'misbruik van die landsvlag vir partypolitieke doeleindes' betreur."
Oud-DA-lid sê Steenhuisen lieg vermoedelik oor redes vir Shell se onttrekking uit Suid-Afrika
2024-05-08"Shell het die afgelope week in naweekmediaberigte bevestig dat hy beplan om van Suid-Afrika te onttrek. Dit sal die verkoop van sy stroomafwaartse bates behels, naamlik die meer as 500 diensstasies wat in die land bedryf word."
Duisende Suid-Afrikaners in die buiteland stem op 17 en 18 Mei
2024-05-07"Daar is byna 80 000 stemgeregtigde Suid-Afrikaners in die buiteland wat vandeesmaand hulle kruisies mag trek om ’n nuwe regering in Suid-Afrika te kies."
Bela-wetsontwerp op die randjie van finale aanvaarding
2024-05-03"Die omstrede Bela-wetsontwerp is op die randjie van aanvaarding nadat agt van die nege provinsies in die land in hulle finale standpunt oor die wet aangedui het hulle steun die wetsontwerp in sy gewysigde vorm."
Mbeki kap na Zuma en vry na Afrikaners
2024-05-02"Mbeki het Zuma beskryf as ’n bedrieglike figuur deur hom as ’n 'wolf in skaapsklere' te bestempel weens sy beweerde rol in die pogings om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te destabiliseer."
