In het nieuws

Zuma se geheime siekte spaar hom nóg ’n dag in die hof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-10

"Die een stukkie positiewe nuus is dat ’n persoon wat mediese parool kry, sy reg op vertroulikheid rakende sy mediese toestand verbeur vir die doel van die paroolprosedure."

DA gryp weer die Universiteit Stellenbosch aan die keel oor Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-09

"Die DA hou egter vol dat die US sekere getuienis en aanbevelings ignoreer wat volgens hulle daartoe bydra dat die US se beoogde nuwe taalbeleid onwettig en irrasioneel is omdat dit na bewering vergrype wat teen Afrikaanse studente gepleeg is, voortsit."

Jeug en Wes-Kapenaars is die grootste struikelblokke teen inenting 

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-08

"Die studie, waarvan die resultate vroeër die week tydens ’n webinaar  bekend gemaak is, toon dat jongmense die grootste struikelblok is in die regering se strewe om soveel as moontlik Suid-Afrikaners teen COVID-19 te laat inent."

Nederlandse boere bedreig deur onteiening

Milton Webber In het nieuws 2021-09-07

"Die landbousektor is die grootste sondaar in die produksie van stikstof, wat groot nadele vir die natuur inhou. Die Rijksinstituut voor Gezondheid en Milieu het die afgelope week bekend gemaak dat die besoedeling wat Tata Steel in IJmuiden veroorsaak, ’n ernstige bedreiging vir die gesondheid van kinders inhou. Die eerste elektries aangedrewe vragskip het Maandag goedere van Alphen aan den Rijn na Moerdijk begin verskeep."

Zuma se mediese parool laat die wenkbroue lig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-07

"Mediese parool kan hoofsaaklik toegeken word aan persone wat aan ’n terminale siekte ly en om aan hulle die geleentheid te bied om tuis in die laaste fases van hul die siekte by hul naasbestaandes deur te bring."

Ramaphosa moet nou oop kaarte speel oor Digital Vibes-skandaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-03

"Ramaphosa het reeds vroeg in Julie ’n verdoemende verslag oor die skandaal van die SOE ontvang."

Verpligte COVID-19-inentings onder bespreking

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-02

"Die debat oor verpligte inentings teen COVID-19 het opnuut opgevlam in Suid-Afrika. Dit volg nadat die ministeriële advieskomitee oor COVID-19 die moontlikheid van verpligte inentings vir werkers in spesifieke sektore die afgelope week bespreek het."

Regering se voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering jaag dokters uit die land

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-01

"Die verslag toon ook dat gesondheidswerkers meen dat die regering hom eerder daarop moet toespits om die huidige openbaregesondheidstelsel te verbeter en dat samewerking met die privaat sektor aangemoedig moet word eerder as wat die regering poog om die gesondheidsektor te sentraliseer en te beheer."

Nederlandse politieke partye steeds haaks oor samewerking

Milton Webber In het nieuws 2021-08-31

"Die twee regse koalisievennote hou voet by stuk dat hulle hoegenaamd nie met die linkse partye in ’n koalisie gaan saamwerk nie. Ook, ’n ystervretende bakterie is in die Kanaal van Gent in België na Terneuzen in Nederland ontdek, die bakterie kan dwarsdeur yster en selfs staal vreet."

Platsak ANC is in ’n finansiële verknorsing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-31

"Suid-Afrika se regerende party, die ANC, bevind hom op die vooraand van die munisipale verkiesings in ’n yslike finansiële verknorsing. Daar is nie meer geld in die bank om sy werknemers se salarisse te betaal nie en die party se ondersteuners word nou gevra om die party van finansiële ondergang te red."

Covid-pas vir drankverkope word wyd veroordeel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-27

"’n Voorstel deur senior ANC-politici in Limpopo dat persone wat nie teen COVID-19 ingeënt is nie, verbied moet word om drank te koop, het hewige reaksie onder Suid-Afrikaners en opposisiepartye uitgelok."

Suid-Afrika se werkloosheid hoogste in die wêreld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-26

"Een uit drie van alle Suid-Afrikaners is tans werkloos en die land se werkloosheidsyfer is nou die hoogste in die wêreld. Dit is volgens ’n lys van 82 lande wat deur die finansiële publikasie Bloomberg gemonitor is."

Zuma se stigting bedel geld om sy regskoste te betaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-25

"Jacob Zuma bevind hom skynbaar in ’n ernstige finansiële verknorsing noudat die belastingbetalers nie meer moet opdok vir sy regskoste nie."

Nuusflitse uit die Lae Lande

Milton Webber In het nieuws 2021-08-24

"Teen Maandag is ongeveer 800 mense reeds uit Afghanistan ontruim en na Nederland gebring. De Morgen berig dat ’n Belg uit Antwerpen, Hotak Jahanshir, Vrydag op die lughawe in Kaboel vermoedelik deur ’n Amerikaanse soldaat geskiet is."

Jeug stel voorbeeld met COVID-19-inentings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-24

"Meer as ’n halfmiljoen Suid-Afrikaners het geregistreer op die eerste dag waarop inenting vir die 18–34-jaar-ouderdomsgroep geopen het. Daar was aansienlik meer inentings as tydens die afgelope weke ... Die besluit dat jongeres hulle nou ook kan laat inent, is verlede week deur die kabinet geneem in ’n poging om die inentingsprogram in die land vinniger uit te rol omdat daar genoeg entstof daarvoor beskikbaar is."

Vakbond wil hof toe as Oktober-skoolvakansie geskrap word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-20

"Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) staar ’n regsgeding in die gesig indien daar voortgegaan word met planne om die Oktober-skoolvakansie vir 2021 te skrap. Volgens die Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie (SAOU) is die DBO van plan om die skoolvakansie in Oktober te kanselleer om te vergoed vir die vyf skooldae wat verlore gegaan het as gevolg van die vroeëre sluiting vir die wintervakansie."

Suid-Afrika oorweeg ook Covid-paspoorte

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-19

"Suid-Afrika oorweeg, net soos sommige ander lande, die instelling van Covid-paspoorte om toegang tot die land te kry wanneer die landsgrense weer oop is vir toeriste."

Konstitusionele Hof het laaste sê oor uitstel van verkiesing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-18

"Verskeie politieke partye en organisasies het aangedui dat hulle gaan toetree tot die regsgeding in ’n poging om nie die verkiesingsdatum tot volgende jaar Februarie uit te stel nie."

Laaste kommentaar vir Afrikaans by Universiteit Stellenbosch ingedien

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-17

"AfriForum Jeug sê in ’n verklaring hulle is ook van mening dat indien die behoefte daar is, ’n addisionele taal vir onderrigdoeleindes ingestel kan word, soos die Nama-, San- en Khoi-tale."

Chaos in Kaboel, kopseer vir Nederland

Milton Webber In het nieuws 2021-08-17

"Premier Rutte het laat weet dat Nederland alles in sy vermoë doen om ambassadepersoneel, tolke en 'anderen die onze bescherming verdienen' in Afghanistan te gaan haal, gewapende rowers het probeer om ’n werk van die Franse skilder, Claude Monet, te steel en vissers betoog teen die uitbreiding van windmeulparke op see."

Verified by MonsterInsights
Top