Meest recent
Donker tye vir Suid-Afrikaanse media
2020-11-19"Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) sê in ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is hulle is besorg oor die huidige onstabiliteit by die SAUK. Die SAUK het aan die einde van Maart vanjaar ’n netto verlies van R511 miljoen getoon."
EFF wil weer ontwrigting saai by Kaapse skool
2020-11-18"Die EFF dreig om Vrydag vir ’n tweede keer by die Hoërskool Brackenfell in die Kaap te betoog teen beweerde rassisme by die skool."
Agter die skerms: Kaapse kunstenaars werk saam in grendeltyd
2020-11-18Vier organisasies, een aanlyn musiek-en-dans-teaterproduksie, naamlik Pergolesi se Stabat Mater, die klassieke werk wat handel oor Maria se swaarkry tydens Jesus se kruisiging. Met die oog op die pandemie wat wêreldwyd ellende saai, was Matthew Wild (Kaapstad Opera) se visie nou juis om ’n produksie van musiek, sang en ballet te skep wat poog om die traumatiese ervarings van mense te versinnebeeld. Die vervreemding, verwydering, verval, rou. Ingrid van der Walt vertel meer.
Press release: Films and fake news
2020-11-18How is the power of the audio-visual medium a tool for both Truth and Lies? Are we moving into a world of disinformation where we align with films, stories, and YouTube clips that reinforce our dystopian fantasies? Or are the truth-tellers getting through to us and transforming our thinking, and precipitating positive change in the world? Film directors and investigative journalists will tackle the thorny issue of the role of film both in disseminating fake news on one hand and in exposing fake news on the other. This Live Zoom discussion takes place on Wednesday 18 November (18.00) as part of the European Film Festival special events programme.
I am Greta, ’n resensie
2020-11-17"Hierdie film doen meer as net goeie werk vir die klimaat, dit breek ook lansies vir mense wat op die outismespektrum is."
Charlotte Van den Broeck: "Ik zie de vertalingen echt als een gedeeld auteurschap met de vertaler"
2020-11-17Die Vlaamse digter Charlotte Van den Broeck is vir die bundel Kameleon (2015) met die Herman de Coninck-debuutprys bekroon. Sedertdien het werke uit haar pen lesers in verskeie tale eweneens beïndruk. Haar debuut is nou in Afrikaans beskikbaar danksy Daniel Hugo se vertaling daarvan vir Protea. Vir Van den Broeck behels veral literêre vertaling ’n gedeelde outeurskap. Sy het Willem de Vries se vrae beantwoord.
Korona skrik beleggers af
2020-11-17"President Cyril Ramaphosa hoop egter die week se konferensie sal wys dat Suid-Afrika steeds aanloklik is vir beleggers."
België in die Kaap: ’n Fotogalery
2020-11-16"Die idee was om Belgiese maatskappye wat in Suid-Afrika handel dryf, groter lugtyd te gee onder die sambreelbeskrywing 'A taste of Belgium'."
DA kry slae in tussenverkiesings
2020-11-13"Die politieke kommentator Piet Croucamp het op Twitter gesê die DA is vooraf gewaarsku hulle gaan steun verloor, maar diegene wat hulle gewaarsku het, is afgemaak as dom, onkundig, eendimensioneel en nog meer."
Ramaphosa, ras en die apartheidspoke wat tot ruste moet kom
2020-11-13"Ramaphosa het dus goeie rede gehad om in sy antwoord op die vraag oor rasseverdeeldheid verder te benadruk dat die regering daarop ingestel is om die materiële ongelykheid tussen wit en swart Suid-Afrikaners te verminder."
Ace Magashule se hofsaak kan ANC verder verdeel
2020-11-12"Magashule word van korrupsie aangekla, wat verband hou met ’n asbes-kontrak van R255 miljoen in die Vrystaat terwyl hy die premier was."
"Afrikaanse poësie vertel stories van ons land en taal": ’n onderhoud met Carla Botha
2020-11-12"Ek dink my brein geniet Krog se werke, my hart lief Jonker en my gebeendere sidder as ek Breytenbach lees. Elkeen van die digters beklee ’n spesiale plek in my ontdekkingstog na Afrikaanse digkuns." PhD-student (Universiteit van Amsterdam) Carla Botha werk tans by New York University in Abu Dhabi, waar sy voltyds klasse aanbied in akademiese skryfwerk, asook ’n gemengdeliteratuurklas. Sy is ook die stigter van Ons Skryf Afrikaans.
Vonke spat by Kaapse skool oor ras
2020-11-11"Die onderonsie waartydens die vuiste gebal en selfs skote geklap het, het gevolg nadat die indruk vermoedelik geskep is dat die Hoërskool Brackenfell ’n matriekafskeid gereël het waarheen slegs wit kinders genooi is."
Ons Perspektief – A virtual exhibition by Vrystaat Kunstefees 2020
2020-11-11Ons Perspektief is ’n samewerkingsprojek van die Nederlandse kuns/hip-hop-kollektief BrotherTill en verskeie Afrika-rymkletskunstenaars. Hulle vermeng musikale style en agtergronde om werk te skep wat nie net musikale genres nie, maar ook grense tussen dissiplines, lande en kulture transendeer. Marli van Eeden gesels met BrotherTill, HemelBesem, Yoma en Frazer Barry.
Suid-Afrika hou asem op vir tweede golf COVID-19
2020-11-10"Ramaphosa sê die opofferings wat die land gemaak het om die verspreiding van die virus te stuit, moet nie vergeet word nie."
Francis Galloway se teks oor Breyten Breytenbach vir die publiek beskikbaar
2020-11-10"Of die boek nog tersaaklike aangeleenthede aanspreek in ’n era waarin Afrikaans (en witheid) onder druk staan? Ek glo wel mens moet weet waar jy vandaan kom (die hoofstroomgeskiedenis asook die alternatiewe narratief daaromheen) om jou eie pad vorentoe te vind. Dis soos om eers die klassieke kitaar te begryp sodat jy kan improviseer en vernuwe."
NUWE DATUM: Digitale boekbekendstelling NIEUWE DATUM: Online boekvoorstelling
2020-11-10Livestream via Facebook: Azille Coetzee, skrywer van In my vel, gaan met Vlaamse skrywer Griet Op de Beeck oor haar roman gesels.
Die naam is Biden, James Biden
2020-11-09"Biden was visepresident onder Obama, die president wat die meeste aanvalle deur hommeltuie op Amerika se vyande geloods het. In die rolprentwêreld is spioene superhelde; in werklikheid is hulle meestal inligtingsklerke – die naaste wat die meeste aan 007-aksie kom, is om knoppies te druk wat 10 000 km daarvandaan konvooie en huweliksprosessies opblaas, met regslui wat aan hul elmboë sit om hul straffeloosheid te verseker."
Ervaar België in Kaapstad op 14 November
2020-11-09Die Belgiese Kamer van Koophandel reël ’n fees sodat Suid-Afrikaners kan proe hoe België smaak.