Heindrich Wyngaard

Heindrich Wyngaard is ’n meningsvormer, skrywer en lei die burgerregte-organisasie Kaapse Forum.

Wie hóé en wát drink, veroorsaak ’n korona-kopseer

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-07-20

"Maar daar is ’n vraag wat verdere bespreking verg, naamlik hoekom die regering alle drinkers oor een kam skeer as dit nie almal is wat drank onverantwoordelik gebruik nie."

Die stryd oor rook: ’n gewilde, dog ongesonde, tydverdryf

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-06-11

"Terwyl dit om verskillende redes is dat rook, sigarette en tabak op dieselfde tyd deel van die openbare gesprek in hierdie twee lande is, is daar wel ’n raakpunt, naamlik dat tabak deur Nederlandse ontdekkingsreisigers aan Suid-Afrika bekend gestel is, so ver terug as die dae toe ons land nog slegs deur die inheemse Khoekhoe bewoon is. Nou, vier eeue later, is tabak die onderwerp van ’n hofgeding wat die tabakhandelsorganisasie FITA teen die SA-regering aanhangig gemaak het."

Wat Amerika oor George Floyd se dood by Suid-Afrika kan leer

Heindrich Wyngaard Meningen 2020-06-04

"Plaaslik – anders as met die George Floyd-situasie – was die fokus ook nie op die velkleur van die beweerde oortreders nie; en dáárin is nóg ’n belangrike onderskeid te tref."

Swaarkry, honger en die gevaar van onrus in die tyd van korona

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-04-16

"'Ons gaan nie van korona doodgaan nie,' het die inwoner haar en ander in haar gemeenskap se lot bekla. 'Ons gaan doodgaan van hongerte'."

Min gepla oor korona? En wat gebeur as die virus in ons gesig ontplof?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-03-27

"Oor die volgende 20 dae sal ons weet waar ons staan."

EFF bederf FW se partytjie

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-02-03

"Daar is bloed aan sy hande", aldus die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).

Wat lê vanjaar voor vir Ramaphosa?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-01-21

"[A]s hy dit nie doen nie, is die asblik van die geskiedenis heel moontlik sy voorland."

"Miskien is dit tog goed": Rabie-Wallace-beurs se aansien deur Valda Jansen as ontvanger gered

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2019-11-26

"Net toe ’n mens egter begin vrees het dat die beurs sy geloofwaardigheid sal verloor, kom die nuus dat die eer hierdie keer Jansen te beurt val."

Amerika se "Gupta-sanksies" moet SA help op voete kry

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2019-10-15

"Die nuus het heel onverwags verlede Donderdag gekom – dat Amerika finansiële sanksies ingestel het teen die berugte Gupta-broers, Ajay, Atul en Rajesh, en hul sakevennoot Salim Essa – en dit was nie ’n oomblik te vroeg nie."

Ouma Katrina en ’n nuwe lewe vir die N|uu-taal

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2019-09-27

"Taal was ’n bepalende tema in die afgelope week se Erfenisdagvieringe in Suid-Afrika: taal se plek, se krag, in die samelewing en ook die diversiteit, die verskillende tongvalle, van taal. Dit het onder meer ter sprake gekom in die toesprake van politieke leiers van oor die politieke spektrum. Maar die fokus van die toesprake en verklarings kon nie verder van mekaar verskil nie."

Hutsmerk #CrvsOB – en die prys van stemme

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2019-07-23

"Waarom het iemand, wat om die leierskap van ’n politieke party meeding, enigsins soveel geld nodig?"

Wat is ’n leier tog as hy nie ook kan inspireer deur te dróóm nie?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2019-06-24

"In Suid-Afrika is die gebruik, oor dekades heen, om die opening van die parlement gedurende die dag te hou, enkele jare gelede na ’n aandgeleentheid verander. Dit is gedoen om meer landsburgers die kans te bied om die gebeure op televisie of radio (en nou toenemend aanlyn) te volg, op dié wyse deel te laat voel van die rooitapytvertoonmakery en op hoogte gebring te word van wat die president gesê het. Einde verlede week was dit die beurt van pres Matamela Cyril Ramaphosa om sy sê te sê toe hy sy eerste 'eie' staatsrede gelewer het."

Die nuwe kaptein van Loftus

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2019-05-27

"Dié week het vir Suid-Afrikaners met ’n besliste gevoel van vernuwing begin ná die inhuldiging die afgelope naweek van Matamela Cyril Ramaphosa as die land se nuwe staatshoof. Nou word daar gewag om te sien watse politieke systappe hierdie nuwe kaptein van Loftus met sy 'spankeuse' sal uitvoer. ’n Mens wonder of hy ook in hierdie opsig, getrou aan die Mandela-nalatenskap en die betekenis van sy Venda-naam, die mense van sy land gaan betower."

Oor Myburgh, Magashule en die waarde van politieke boeke

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2019-04-05

"Maar hier is iets om aan te kou, oor te tob: Wat is uiteindelik die waarde van hierdie boeke vir reg en geregtigheid en die stryd teen korrupsie of staatskaping? Word diegene wat in die boeke by skelmstreke betrek word, ooit deur die wetstoepassingsagentskappe vervolg?"

Terwyl Internasionale Vrouedag gevier word, word vroue steeds hul vryheid ontneem

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2019-03-12

"Ook die land se derde grootste party, die Economic Freedom Fighters (EFF), was in die nuus oor die behandeling van vroue."

Verified by MonsterInsights
Top