Die nuwe kaptein van Loftus
2019-05-27"Dié week het vir Suid-Afrikaners met ’n besliste gevoel van vernuwing begin ná die inhuldiging die afgelope naweek van Matamela Cyril Ramaphosa as die land se nuwe staatshoof. Nou word daar gewag om te sien watse politieke systappe hierdie nuwe kaptein van Loftus met sy 'spankeuse' sal uitvoer. ’n Mens wonder of hy ook in hierdie opsig, getrou aan die Mandela-nalatenskap en die betekenis van sy Venda-naam, die mense van sy land gaan betower."
Oor Myburgh, Magashule en die waarde van politieke boeke
2019-04-05"Maar hier is iets om aan te kou, oor te tob: Wat is uiteindelik die waarde van hierdie boeke vir reg en geregtigheid en die stryd teen korrupsie of staatskaping? Word diegene wat in die boeke by skelmstreke betrek word, ooit deur die wetstoepassingsagentskappe vervolg?"
Terwyl Internasionale Vrouedag gevier word, word vroue steeds hul vryheid ontneem
2019-03-12"Ook die land se derde grootste party, die Economic Freedom Fighters (EFF), was in die nuus oor die behandeling van vroue."
Kommissies, korrupsie en (staats)kaping
2019-02-07"Dit sou nie verbaas as ’n besoeker aan Suid-Afrika wonder of die land ’n vreemde voorliefde vir kommissies van ondersoek het nie."
Matriekuitslae: selfs net "deurgekom" wil gedoen wees
2019-01-07"Om dan terug te keer na die debat oor die geloofwaardigheid van die uitslae, wat ook aangemoedig word deur kritiek op wat beskou word as ’n belaglik lae vereiste slaagpersentasie van 30%. Wat oënskynlik nie in hierdie debat in ag geneem word nie, is dat ’n slaagrapport in matriek vir baie (minder gegoede of laaggeskoolde) gesinne dikwels nog, glo dit of nie, die beste skolastiese prestasie in die onmiddellike familie beteken."
Oor versoening, Völkermord en ’n dag van afrekening
2018-12-14“Dis asof ons nog hunker – God behoed! – na ’n dag van afrekening.” In Suid-Afrika word Versoeningsdag jaarliks op 16 Desember gevier. Heindrich Wyngaard skryf oor hierdie dag.
’n Politieke "antie" wil Suid-Afrika se goeie mense byeenbring
2018-11-26"Suid-Afrika wag op die verwagte aankondiging van die naam van sy nuutste politieke party – ’n inisiatief van die voormalige burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, noudat haar paaie met die Demokratiese Alliansie (DA) geskei het. Dit is algemene praktyk wanneer verkiesingstyd in Suid-Afrika nader kom, soos nou in die aanloop tot die 2019 nasionale en provinsiale stemdag, dat daar gewoonlik ’n hele aantal nuwe partye opspring, asof sampioene in die veld, waarvan net enkeles werklik ernstig opgeneem kan word."
Omotoso en die lang geskiedenis van seksuele geweld
2018-10-29"Wat uitstaan as die gebeure in Australië met dié in Suid-Afrika vergelyk word, is die wyse waarop die regering in Australië self verantwoordelikheid neem vir die misbruik waaraan slagoffers vir só lank blootgestel is – selfs al was dit nie noodwendig in die naam van die staat nie."
Ook Ramaphosa moet weet: leiers moet hul woorde tel en weeg
2018-10-01"Cyril Ramaphosa het verlede week vir die eerste keer as Suid-Afrika se (steeds betreklik nuwe) staatshoof die algemene vergadering van die VN in New York toegespreek."
Oor Suid-Afrika se ondersoek na “staatskaping” en sakelui wat met politici se koppe smokkel
2018-09-03"Die groter belangrikheid van die kommissie se werk – en die vernaamste versugting van die Suid-Afrikaanse samelewing – is dat behoorlike ondersoek deur die wetstoepassingsagentskappe ingestel sal word na die bewerings wat voor die kommissie gemaak word."
’n Onvoltooide tapisserie: fakkeldraer Vearey se Jeremy vannie Elsies
2018-08-29"Straks dui dit ook, op ’n ander vlak, ’n núwe 'opwindende groeipunt' vir Afrikaanse letterkunde aan (om Elsa Joubert by te haal) en maak dít van fakkeldraer Veary – hierdie selfgedefinieerde en selfgeïdentifiseerde onvoltooide tapisserie – ’n belangrike bydraer tot die taak 'om die prent van ons hele gemeenskap te kan skrywe'."
Zimbabwe-verkiesing: die krokodil wat nie ’n traan gestort het nie
2018-08-03"Maar dat minstens ses mense dood en tientalle beseer is toe die Zim-weermag op protesterende MDC-ondersteuners toegeslaan het – à la die Mugabe-bewindsjare – te midde van die afwagting op die amptelike verkiesingsuitslae, bied geen gerusstelling oor ’n 'nuwe dagbreek' vir Zimbabwe nie."
Slaan SA ’n "foutbal" met Anderson en Klaasen se Wimbledon-oorwinnings?
2018-07-13"Die uiteenlopende wyse waarop die Suid-Afrikaanse publiek en media, en regering, op onderskeidelik Klaasen en Anderson se oortuigende oorwinnings gereageer het, het egter opnuut die 'foutbal' in die SA-samelewing uitgewys."
"En Suid-Afrika het ’n plek vir almal": die viering van Mandela se 100ste jaar
2018-06-15"'We have made it very clear in our policy that South Africa is a country of many races,' het hy in die 1960’s gesê, rondom dieselfde tydperk toe hy lewenslank tronk toe gestuur is. En reeds tóé het hy benadruk: 'There is room for all the races in this country.'"
Onteiening straks die verskil tussen bloeddruk wat styg en bloed wat vloei?
2018-05-18"Die koerantplakkate basuin dit uit: 'Apartheid nie misdaad – AfriForum'."
