Welkom in Amsterdam, maar kyk waar jy piepie!
2021-06-28"Terwyl Suid-Afrika tans weer erger inperking in die gesig staar, het die Nederlandse entstofprogram só suksesvol gewerk dat hulle met totaal ander probleme as ons te kampe het."
Jou land, my land: Bos as brugbouer tussen Nederland, België en Suid-Afrika
2021-06-24"Stef Bos se vertoning My land is jou land het Sondag 20 Junie 2021 virtueel in die Atterbury-teater geopen. Die konsert is aanlyn en enigeen kan vir slegs R120 op ’n reis deur Suid-Afrika en ’n deel van Namibië gaan."
Met een miljard inentings gaan China dalk die eerste land sonder maskers wees!
2021-06-21"Maskers, leë teaters en leë rugbystadions kan nog lank Suid-Afrika se voorland bly as die antivaksers hulle sin kry. Binnekort kan China die eerste land wees wat hulle maskers met gemak by die huis kan los. Hoe ironies."
Distrik Ses: 108 gesinne trek uiteindelik terug
2021-06-21"Tussen 24 Junie en 16 Julie sal altesaam 108 gesinne genader word om die nuwe huis aan hulle te oorhandig. Die oorspronklike Distrik Ses sal nooit meer wees nie, maar binnekort sal daar weer harte klop-klop, amper soos David Kramer dit in sy liedjie beskryf."
Die kaalpootklong en die Comrades se 100ste verjaardag
2021-06-15"Op 13 Junie 2021 het ’n paar duisend mense regoor die wêreld ’n virtuele wedloop gehardloop. Ek ook. Ek het die 45 km kaalvoet gehardloop."
Dokters sonder grense en die suurstofdief, ’n virus sonder grense
2021-06-10"En wat doen jy as die pasiënt steeds te min suurstof kry? Dan gebruik jy drie suurstofkonsentreerders. Een in die neus en twee in die masker ... Hierdie vernuwende optrede in Suid-Afrika het onlangs die nuus in Nederland gehaal."
#cocreateSANL: Die ontwerp van voedselsekerheid
2021-06-08"In die tydperk September 2020 tot Desember 2020 was daar 9,34 miljoen Suid-Afrikaners wat nie geweet het of hulle genoeg kos sal hê om te eet nie. COVID-19 en die grendelregulasies het die reeds ongelyke situasie in die land verder vererger. Kan ons stelsels ontwerp om te sorg dat minder mense honger ly?"
Pierneef se agterkleinniggie hou ’n solo-uitstalling
2021-06-03Die Kaapse kunstenaar Neeske Alexander se uitstalling One day at a time het pas geopen. Haar grootoumagrootjie was Neeske Pierneef, die bekende skilder se ma.
Suid-Afrikaanse museums vra: "Bezoek ons alsjeblieft!"
2021-06-03"Geniet die museums se aanlyn voetspoor, maar kom besoek ons. Sjerrie, wyn en die Kaapse kookkuns kan ’n mens nie oor die internet geniet nie."
Vuurpyllanseerders en vals poskodes oorheers die Covid-nuus in België
2021-05-20"Daar is inderdaad antivaksers in België; die man met die vuurpyllanseerder is dalk ’n ekstreme voorbeeld. Die regering probeer tans baie hard om oorreding te gebruik, nie strafmaatreëls nie. Almal wil tog 'zodat we stukje bij beetje weer het gewone leven kunnen oppikken'."
Vrystaat Kunstefees: Literêre landskappe – Suid-Afrika versus België
2021-04-29Is vroue se werk beduidend deel van die kanon? Word vroue genoegsaam op skole se leeslyste geplaas? Izak de Vries lewer verslag oor ’n gesprek by die Vrystaat Kunstefees se Vlaamse week. Saskia de Coster en Annelies Verbeke het die Vlaamse literêre landskap verteenwoordig. Ronelda Kamfer en Ingrid Winterbach het die Suid-Afrikaanse vlag laat wapper.
Daar’s ’n hiëna in my truspieël
2021-04-20"Toe die beloning: Voor in die pad, met lig agter hulle, loop hulle uit die gras en gebruik die hoogte om op my af te kyk. Hulle is versigtig. Ek stop, neem foto’s en wag."
Amanda Gorman: Mag slegs swart, cisgender mense swart, cisgender skrywers vertaal?
2021-03-02"Sal ons moet sê ons wil seker maak dat ’n swart persoon nie raak aan ’n wit skrywer se werk nie? Goeie hemel. Dink net aan daardie implikasie."
Greyton
2021-02-27"Hier is die besoekers van buite noodsaaklik om die plaaslike mense te laat eet. Hier behandel die plaaslike mense jou soos ’n koning, al is jy ’n eensame kaalvoetwandelaar."
Die Nederlandse aandklokreël deur ’n regter opgehef
2021-02-16"Die aandklokreël wat aan die einde van Januarie in Nederland afgekondig is en soveel woede veroorsaak het, is enkele ure gelede deur ’n regter ongeldig verklaar. Dit moet onmiddellik opgehef word."
