Donker week wag nadat Eskom se fut weer uit is
2022-03-09"Die enigste lig vorentoe in Eskom se donker tonnel is dat Kaapstad ’n bystandskenking van byna R2 miljoen ontvang het vir sy nuwe energieplanne."
Ramaphosa probeer walgooi teen kritiek oor Oekraïne
2022-03-08"Ramaphosa skryf in sy weeklikse nuusbrief Suid-Afrika het buite stemming gebly omdat die resolusie nie die oproep tot betekenisvolle onderhandelings om die geskil op te los op die voorgrond gestel het nie."
SA se draadsittery oor Oekraïne wyd gekritiseer
2022-03-04"Suid-Afrika se weiering om hom by die meerderheid van die internasionale gemeenskap te skaar in hul verwerping van Rusland se optrede in Oekraïne is in skrille kontras met die wense van Westerse moondhede en die Suid-Afrikaanse burgerlike samelewing."
Ramaphosa sit met ’n warm patat in sy kabinet
2022-03-03"Die President het al herhaaldelik beloof dat almal wat betrokke was by staatskaping vervolg moet word, en dat hy sy regering wil suiwer van diegene wat betrokke was."
Premier steek minister in pad oor beweerde seks en drank
2022-03-02"Dié bevinding word gemaak in ’n verslag nadat ’n ondersoek van stapel gestuur is om die waarheid te toets van verskeie ernstige bewerings wat teen Fritz gemaak is, en wat tot sy skorsing verlede maand gelei het."
SA klink glasies met die Russe nadat Oekraïne binnegeval is
2022-03-01"‘Die groteskheid van hierdie gebaar kan nie oorbeklemtoon word nie. Stel jou voor dat jy ’n glas lig op die mag van die Duitse leër by die Duitse ambassade op die dag dat Hitler Pole binnegeval het,’ sê Steenhuisen in sy verklaring." Lees Jean Oosthuizen se berig.
Suid-Afrika se finansies is in veiliger hande
2022-02-25"Die land se finansies is ongetwyfeld in veiliger hande. Daar behoort egter groter aandag gegee te word aan die land se skuldprobleem."
EFF en AfriForum se hofsaak skeur Suid-Afrikaners uiteen
2022-02-24"EFF-ondersteuners staan bankvas agter Malema se verdediging van die omstrede lied en is eenstemmig in hulle verdediging daarvan. Onder sy opponente is daar egter geen eenstemmigheid of dit wys was om die saak weer op dié manier in die kollig te plaas nie."
Daar is ’n ding in Nelson Mandelabaai se drinkwater
2022-02-23"Die water is glo deur bakterieë besmet nadat spore van E coli – menslike of dierlike afval – in toetsmonsters ontdek is."
Universiteite kry sterk teenstand oor verpligte inenting
2022-02-22"Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (SAFTU) het sy steun gegee aan studente wat teen verpligte inenting by die UV betoog. Dit nadat die studente die strate ingevaar het uit protes teen die universiteit se inentingsbeleid."
Nelson Mandela se huis word ’n luukse hotel
2022-02-18"Die hotel se webwerf beloof om elke ervaring onvergeetlik te maak. Die gaste sal in elke kamer iets persoonlik van Mandela se lewe ervaar, insluitend foto’s en briewe van belangrike herinneringe van Madiba se lewe, sowel as subtiele verwysings na sommige van die historiese oomblikke waarby hy betrokke was."
ANC voer glo “haatveldtog” teen Afrikaanse kinders en skole
2022-02-17"Volgens AfriForum is dié wetsontwerp deel van die ANC-regering se haatveldtog teen Afrikaanse kinders en skole."
Beswaarde NGK-lidmate wil eie sinode stig
2022-02-16"Die groep konserwatiewes sê hulle sal bid vir die kerkleiers, predikante en teologiese dosente, wat, volgens hulle beskouing, in die waan van die tydsgees leef en hulle nie meer ten volle beywer vir die eer van God nie."
Moeder van alle oorloë dreig oor moedertaal by skole
2022-02-15"Solidariteit se bestuurshoof, Dirk Hermann, sê dit gaan die moeder van alle gevegte wees. Hy het op Facebook gesê aan die een kant moet hulle kliphard veg om die staat se kaping van skole te keer."
Sataniese Kerk is die duiwel in ná grumoord op kind
2022-02-11"Volgens die Sataniese Kerk is elkeen verantwoordelik vir hul eie dade en moet onder die gevolge daarvan ly. Die Suid-Afrikaanse Sataniese Kerk sê hulle hoop dat geregtigheid seëvier en dat die moordenaar met die volle gesag van die wet gestraf sal word."