Nóg ’n voormalige hoëprofiel-DA-politikus soek groener weivelde by ActionSA
2022-02-10"Die voormalige Oos-Kaapse DA-leier en gewese burgemeester van Gqeberha, Athol Trollip, is die tweede oud-DA-burgemeester wat die afgelope jaar by ActionSA aangesluit het."
Kabinet vas aan die slaap tydens “orgie van vernietiging en plundering”
2022-02-09"Volgens die verslag was daar ’n gevoel van diepe verbystering oor die afwesigheid van die polisie in ’n tyd toe gemeenskappe hulle die nodigste gehad het. In die meeste gebiede het die polisie toeskouers geword terwyl die een winkelsentrum na die ander vernietig is en die een na die ander vragmotor aan die brand gesteek is."
Kaapse strande sluit weens riool in die see
2022-02-08"Die spanne het aanvanklik probeer om vakuumvragmotors te gebruik om die riool op te vang. Weens die groot volume moes die rioolwater egter as ’n tydelike maatreël vanaf die pompstasie in die see gestort word."
Kaapstad wil eerste beurtkragvrye munisipaliteit in Suid-Afrika word
2022-02-04"Die jongste aankondiging van beurtkrag die afgelope week het Kaapstad vasbeslote gemaak om die eerste stad in die land te word wat heeltemal onafhanklik is van Eskom vir sy kragvoorsiening."
Eskom dompel die land vroeg in jaar in die duister
2022-02-03"Volgens Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, moes beurtkrag ingestel word om ’n totale ineenstorting van die kragnetwerk, ’n algehele kragverduistering wat tot twee weke kan neem om te herstel, te voorkom."
Beweerde seksskandaal in Wes-Kaap se regering onder vergrootglas
2022-02-02"Winde het Sondag bevestig dat die aanklagte van ’n seksuele aard is. Volgens Winde is dit belangrik dat die klaers ’n onafhanklike ondersteuningstelsel het, wat insluit om die saak by die polisie aan te meld."
Ramptoestand se moontlike afskaffing word weer bekyk
2022-02-01"Suid-Afrikaners sal binnekort weet of die ramptoestand wat oor twee weke verstryk, vir nóg ’n maand verleng gaan word en of die regering gaan gehoor gee aan die talle oproepe uit verskeie oorde om dit na byna twee jaar te beëindig."
Kommer oor duisende leerlinge wat nooit matriek haal nie
2022-01-28"Altesaam 897 163 leerders het verlede jaar die matriekeksamen geskryf, maar die graad 10-inskrywings in 2019 was 1 045 424. Dit beteken dat minstens 148 261 leerders binne slegs twee jaar uit die stelsel uitgeval het en nie matriek voltooi het nie."
Wêreldbekende Robbeneiland word glo verwaarloos en wanbestuur
2022-01-27"Daar word al maande in die media berig dat hierdie historiese erfenis van Suid-Afrika gruwelik verwaarloos word, vervalle is en in ’n toestand van wanorde verkeer. Toeriste wat die eiland besoek, kla ook oor die buitensporige prys wat hulle moet betaal om daarheen te gaan. Die eiland is een van die land se belangrikste post-1994 erfenissimbole."
Covid-kenners meen maskers en ramptoestand is uitgedien
2022-01-26"Hy glo wel dat diegene wat weier om ingeënt te word, die gevolge moet dra. Hy sê sulke mense sal moet aanvaar dat sekere deure vir hulle gesluit sal word soos wat met die tennisspeler Novak Djokovic in Australië gebeur het."
Wes-Kaap spog met van die wêreld se gewildste bestemmings
2022-01-25"TSI gebruik die nuutste tegnologie om die krag van kunsmatige intelligensie toe te pas om sentimente van mense se voorkeure te ontsyfer. Dit is die eerste keer ooit dat bestemmings regoor die wêreld op so ’n wyse gerangskik word om die plekke te ontdek wat werklik die mees geliefd is."
Weerstand teen verpligte COVID-19-inentings bou op
2022-01-21"Ten spyte van ’n oorwig getuienis dat inenting teen COVID-19 help om die verspreiding van die virus te bekamp en help voorkom dat mense ernstig siek word of sterf as gevolg daarvan, is daar hewige teenstand onder baie Suid-Afrikaners wanneer dit by verpligte inentings kom."
Hof genader om die nasionale ramptoestand te beëindig
2022-01-20"Die Solidariteit-beweging, waaronder Solidariteit en AfriForum, gaan met regstappe begin om die howe te vra om die ramptoestand te beëindig, terwyl Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, vra dat buitelugfasiliteite tot volle kapasiteit heropen mag word."
Suid-Afrikaners huil krokodiltrane oor Redro se heengaan
2022-01-19"Suid-Afrikaners is in sak en as omdat een van hulle geliefde happies, naamlik vissmeer wat gewoonlik saam met roosterbrood geëet word, besig is om van die winkelrakke te verdwyn en blykbaar nie weer aangevul gaan word nie."
Hof het beslis oor matrieksuitslae in koerante
2022-01-18"Volgens Natasha Venter, bestuurder vir onderwysregte by AfriForum, dien die openbare opgewondenheid wat met die publisering van matriekuitslae gepaardgaan, as motivering vir toekomstige matrieks."