Jean Oosthuizen

Joernalis

Hof bevind omstrede verkeerswet ongrondwetlik

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-14

"Die Hooggeregshof in Pretoria het die Aarto-wysigingswet waarop die beplande strafstelsel vir verkeersoortredings gebaseer is, ongrondwetlik en ongeldig verklaar."

Oproepe om weg te doen met ramptoestand, maskers en ander Covid-regulasies

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-13

"Daar bestaan geen regverdiging meer vir die nasionale ramptoestand om die koronavirus te help bekamp nie, en dit behoort opgehef te word wanneer dit Saterdag (15 Januarie) verval; dit is die mening van wetenskaplikes én politici."

EU hef lugreisverbod teen Suid-Afrika op

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-12

"Wetenskaplikes het die doeltreffendheid van die verbod bevraagteken en die Wêreldgesondheidsorganisasie het lande versoek om refleksreaksies op die ontdekking van die Omikron-variant te vermy."

Nelson Mandela se tronksleutel op pad terug na Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-11

"Hierdie sleutel is ’n lewende bewys van Suid-Afrikaners se lang pad na vryheid en behoort aan die mense van Suid-Afrika. Dit moet dus met reg na die land terugbesorg word."

Opposisiepartye eis aksie na Zondo se verslag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-07

"Die DA en die Vryheidsfront Plus het albei in sterk bewoorde verklarings druk op president Cyril Ramaphosa uitgeoefen om toe te sien dat die  kommissie se aanbevelings uitgevoer word."

Zondo ontbloot ’n katnes van korrupsie en bedrog

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-06

"Die verslag wemel van ‘vuil geld’ wat hande verwissel het en eerlike mense wat in die pad gesteek en met gulsige opportuniste in sleutelposisies vervang is."

Ramaphosa ontvang eerste Zondo-verslag oor staatskaping

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-05

"Die inhoud van die verslag is direk nadat dit aan Ramaphosa oorhandig is, ook op die regering se webwerf vir die publiek se insae beskikbaar gestel. Ramaphosa sê hy sal elke deel van die verslag onmiddellik aan die publiek bekend maak nadat hy dit ontvang het."

Talle vrae na verwoestende brand by parlement

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-04

"Die hele parlementêre kompleks kon tot op die grond afgebrand het, maar die flinke optrede van Kaapstad se brandweer het dit verhoed."

Desmond Tutu: Suid-Afrika se gewete tydens en ná apartheid

Jean Oosthuizen Meningen 2021-12-26

"Met Tutu se afsterwe verloor die land ’n morele kompas wat ewe onverskrokke geveg het teen die vergrype van die Nasionale Party as teen die korrupsie en wanbestuur van die ANC."

Suid-Afrika spring strenger inperkings dié Kersfees vry

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-24

"Suid-Afrikaners kan dié naweek Kersfees vier met geen strenger inperkings nie, terwyl miljoene mense elders in die wêreld streng ingeperk word oor die feesgety tot ten minste vroeg aanstaande jaar."

Mr Fix wil spoorweë regruk, maar niemand glo hom nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-23

"Beloftes deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula, dat sy departement die haglike toestand waarin die land se spoorvervoerstelsel verkeer, binne enkele maande gaan regruk, is met sinisme en skeptisisme deur Suid-Afrikaners begroet."

Suid-Afrika pleit by EU om reisverbod op te hef

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-22

"Tshivhengwa het in die brief aan Kionka verduidelik dat die nasionale inkomste uit toerisme in Suid-Afrika in ’n tipiese jaar sowat R285 miljard of €16 miljard is, wat 726 000 direkte werksgeleenthede en altesaam 1,5 miljoen poste direk en indirek ondersteun."

Covid-kwarantyn se dae is dalk getel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-21

"Die advieskomitee sê die definisie van ’n hoërisikokontak is verouderd omdat wetenskaplikes die verspreiding van die virus nou beter verstaan. Die komitee is verder bekommerd oor die langtermyngevolge van kwarantyn en die invloed daarvan op mense se lewensbestaan soos inkomste, werksverliese en onderrig wat onderbreek word."

Kersfees sonder strenger inperkings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-17

"Maak seker jy kry jou inenting voordat jy hierdie Desember kuier, familie besoek of met vakansie gaan," lui die regering se verklaring.

Zuma moet terug tronk toe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-16

"Zuma se ondersteuners was woedend. Carl Niehaus het op Twitter gesê dit is ’n groot onreg wat teen Zuma gepleeg word omdat hy, volgens Niehaus, in die eerste plek sonder ’n verhoor in die tronk beland het."

Verified by MonsterInsights
Top