Cyril en Cele kry skuld vir boere se frustrasie wat oorkook
2020-10-08"AfriForum sê in ’n verklaring Ramaphosa het die bestaan van plaasmoorde vroeër op ’n internasionale platform ontken, terwyl Cele boere verlede maand op ’n vergadering in KwaZulu-Natal oor hul probleme uitgelok en verneder het."
Duisende stroom na Senekal uit protes teen plaasmoorde
2020-10-07"Chaos het buite die hof uitgebreek waar twee verdagtes vlugtig verskyn het in verband met Horner se moord. Van die betogers het die gebou bestorm en geëis dat die twee verdagtes, Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, aan hulle oorgegee word. ’n Polisievoertuig is ook deur van die betogers beskadig en aan die brand gesteek."
Gemoedere loop hoog na moord op jong plaasbestuurder
2020-10-06"Die moord op die jong plaasbestuurder het nie net dwarsoor Suid-Afrika nie, maar selfs in Europa en Noord-Amerika opslae gemaak. Namate meer Engelse media oor die aard en omvang van plaasmoorde berig, word al ernstiger vrae gevra oor die humanitêre krisis, en die regering se hantering daarvan, sê Saai in hulle verklaring."
Eksdominee skink wyn vir kaal vrou op strand
2020-10-02"’n Wynmaker en gewese predikant van Somerset-Wes wat bekend is vir sy onkonvensionele bemarkingmetodes het weer die tonge los met ’n nuwe wyn wat hy pas vrygestel het. 'Ek stel die wyn vry in ’n tyd waarin mense nog aangemoedig word om maskers te dra, maar ’n groot deel van die bevolking smag na maniere om van die kloustrofobie van inperking ontslae te raak,' het Van Niekerk aan Voertaal gesê."
NG Kerk-gemeentes in finansiële dilemma weens grendelstaat
2020-10-01"Hoewel gemeentes sedert die instelling van vlak 1 toegelaat word om weer tot 250 mense in eredienste toe te laat, verneem Voertaal van verskeie gemeentes waar die bywoning van eredienste sedert die inperking selfs minder is as die toegelate 50 mense onder vorige vlakke van inperking."
Zuma wil Zondo weer systap
2020-09-30"In ’n brief wat deur Zuma se regsverteenwoordigers aan die kommissie geskryf is, vra Zuma dat die voorsitter van die kommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, hom as voorsitter moet onttrek."
Queeraktiviste plak in luukse gastehuis in Kampsbaai
2020-09-29"’n Woordvoerder van die groep, Kelly-Eve Koopman, sê hulle optrede is daarop gemik om die kwessie uit te lig en ’n groter dialoog te begin oor die dringende krisisse van veiligheid, grond en behuising."
Cele ontketen ’n storm met uitlatings oor plaasmoorde
2020-09-25"Die minister van polisie, Bheki Cele, het hom vasgeloop teen ’n golf van woedende kritiek uit die landbougemeenskap, burgerlike organisasies en politieke partye oor sy stelling dat plaasmoorde nie prioriteitsmisdade moet wees nie."
Zondo verloor geduld met Zuma se verskonings
2020-09-24"Zuma was veronderstel om dié week voor die kommissie te getuig, maar het allerlei verskonings aangevoer waarom dit nie vir hom moontlik is om voor regter Zondo te verskyn nie. By ’n vorige verskyning het Zuma ook gedreig om nie verder deel te neem nie, omdat hy na bewering doelbewus in ’n swak lig geplaas word."
Solidariteit wil ramptoestand in hof beëindig
2020-09-18"Volgens Solidariteit het ’n ramptoestand bestaansreg slegs indien die staat die effek van die ramp beter as sy burgers en ondernemings kan hanteer."
Vlak 1 vyf maande te laat, sê Steenhuisen
2020-09-17"Die party sê die regering moet tot verantwoording geroep word vir die sosio-ekonomiese moeras waarin die land beland het weens die inperking, omdat dit vermy kon gewees het."
Die regerende party onder skoot na onreëlmatige besoek aan Zimbabwe
2020-09-16"Die President het ingegryp en opdrag aan die Minister gegee om die omstandighede te verduidelik wat tot die vermorsing van belastingbetalers se geld gelei het."
Die President breek ’n lansie vir die media
2020-09-15"Die President het Maandag in sy weeklikse nuusbrief hulde gebring aan die werk wat joernaliste tydens COVID-19 gedoen het."
Vlak 1 van COVID-19-inperking word oorweeg
2020-09-11"Suid-Afrikaners kan waarskynlik binnekort uitsien na nog verligtings wanneer die grendelstaat van vlak 2-inperking na vlak 1 verlig gaan word. ’n Aankondiging hieroor sal waarskynlik volgende week deur president Cyril Ramaphosa gedoen word wanneer hy weer die land toespreek."
Zuma en Guptas wou vermoedelik Eskom ook kaap
2020-09-10Die jongste getuienis voor die Zondo-kommissie vind plaas in ’n week waartydens die land opnuut daagliks met beurtkrag gekonfronteer word.