SA het Bokkoors
2019-11-01"Miljoene Suid-Afrikaners sal Saterdag voor hulle TV’s vasgenael sit om te kyk of die Springbokke die Wêreldbekereindstryd vir die derde keer kan wen om die Webb Ellis-trofee weer huis toe te bring."
Duisende sterf weens nalatigheid in Gautengse hospitale
2019-10-31"Byna 4 000 mense het verlede jaar in Gauteng se provinsiale hospitale gesterf as gevolg van mediese nalatigheid wat voorkom kon word."
US rektor en nuwe kanselier se koppe geëis oor Afrikaans
2019-10-30"Die herrie wat losgebars het oor die aanstelling van oudregter Edwin Cameron as kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) kring al hoe verder uit."
Jong kunstenaar ontvang talle aanbiedinge na "sataniese" kuns
2019-10-29"Die matriekleerling wie se kunswerk die hele land aan die gons gehad het toe ’n pastoor dit as demonies uitgekryt het, word nou oorval deur aanbiedinge van individue en organisasies wat hom wil help om sy kunsloopbaan te bevorder."
Binnegevegte en verwarring oor NG Kerk se besluit rondom gay’s neem toe
2019-10-25"Die NG Kerk se besluit oor selfdegeslagverhoudings tydens die kerk se afgelope sinode is een van verwarring en onenigheid."
Die duiwel is los oor "sataniese" kuns
2019-10-24"Die duiwel is behoorlik los soos wat Suid-Afrikaners mekaar in die hare vlieg oor ’n omstrede kunsuitstalling van ’n matriekleerling by die Curro-skool Grantleigh in Richardsbaai. Die skool het ná ’n hewige mediaherrie besluit om die omstrede uitstalling te onttrek nadat een van die ouers gekla het dit is satanies en laat die deur oop vir demoniese magte. In die video wat wyd op die internet gedeel is, vaar ’n ontstoke pa emosioneel uit teen die uitstalling."
Kaapstad jou sexy ding!
2019-10-23"Kaapstad staan kop en skouers bo die meeste ander stede uit wanneer dit kom by intieme avontuurtjies en romantiese bederfies."
DA se krake word groter na Zille se verkiesing
2019-10-22"Die bedanking van Johannesburg se burgemeester, Herman Mashaba, uit die DA pas nadat Helen Zille die naweek verkies is tot voorsitter van die party se federale raad, het die verdeeldheid in die DA verder op die spits gedryf."
Woede en frustrasie na beurtkrag matriekeksamen ontwrig
2019-10-18"Suid-Afrikaners is woedend omdat die kragvoorsiener Eskom die land sonder waarskuwing in die duister gelaat het te midde van duisende matrikulante wat dié week met hulle eindeksamens begin het."
Akademie kap minister oor stereotipering van Afrikaans
2019-10-17"Die SA Akademie sê in ’n verklaring hulle betreur die minister se uitlatings oor die Afrikaanse taalgemeenskap."
Rebellie broei in NG Kerk oor besluit rondom gay’s
2019-10-16"Sestien dominees van die NG Kerk in Namibië sê die NG Kerk se jongste besluit oor homoseksualiteit was nie geneem onder leiding van die Heilige Gees nie maar deur die 'heersende sekulêre humanistiese tydgees'."
Etzebeth veg terug teen rassisme-klag
2019-10-15"Die rassisme-saak teen die Springbokslot Eben Etzebeth is besig om ’n al hoe groter morsigheid te word met oor en weer beskuldigings wat heen en weer vlieg en daagliks toeneem. Terwyl die SA Menseregtekommissie (SAMRK) reeds uit verskeie oorde onder skoot gekom het oor hulle hantering van die saak, het Etzebeth nou self tot die geveg toegetree en besluit om die SAMRK voor die hof te daag."
Geen gelyke kans vir Afrikaans
2019-10-11"Afrikaans as onderrigtaal het ’n verdere knou gekry toe die hoogste hof in die land die drukgroep Gelyke Kanse se aansoek van die hand gewys het dat die Universiteit van Stellenbosch (US) se taalbeleid van 2016 ter syde gestel word."
Solidariteit sê k-woord word valslik misbruik
2019-10-10"Die vakbond Solidariteit het ’n veldtog geloods teen beweerde vals klagtes van rassisme in die Suid-Afrikaanse Polisiediens."
Menseregtekommissie se onpartydigheid onder verdenking
2019-10-09"Die SA Menseregtekommissie (SAMRK) gooi nou ernstig wal teen beskuldigings dat hulle besig is met ’n heksejag teen witmense."