NG Kerk twis alweer oor gays
2019-10-08"Die twis in die NG Kerk oor gays word dié week vir die soveelste maal voortgesit tydens die algemene sinode wat in Benoni plaasvind. Vanjaar se agenda loop oor met aanhangsels vol besware oor selfdegeslagverhoudings, byna dikker as die Bybel self."
Springbokslot Etzebeth draf uit met swaard oor sy kop
2019-10-04"Ondanks die swaard van vervolging wat oor sy kop hang, is Etzebeth steeds ingesluit in die beginspan wat vandag (Vrydag) in Japan in ’n Wêreldbekerwedstryd teen Italië uitdraf."
Amy’Leigh se beweerde ontvoerders gaan onskuldig pleit
2019-10-02"Drie van die vier verdagtes wat daarvan aangekla word dat hulle die sesjarige Amy’Leigh de Jager ontvoer het, sal tot volgende Vrydag agter tralies moet bly voordat hulle sal weet of hulle op borg vrygelaat sal word. Al drie die beskuldigdes wat aansoek doen vir borg, ontken die aanklagte teen hulle en het aangedui dat hulle onskuldig gaan pleit."
Polisieminister by korrupsie betrek
2019-10-01"Die minister van polisie, generaal Bheki Cele, is na bewering omgekoop om korrupte lede van die polisie se intelligensie-eenheid te beskerm. Dié ernstige aantyging is Maandag voor die Zondo-kommissie gelewer toe kolonel Dhanajaya Naidoo sy getuienis vanuit ’n geheime plek voor die kommissie voorgesit het."
Kerk besluit mans is nie meer vroue se baas nie
2019-09-26"Die Hervormde Kerk het met ’n groot meerderheid op sy algemene kerkvergadering in Pretoria besluit om die kerk se huweliksformulier so te wysig dat vroue nie meer as die man se mindere beskou word nie."
Stakers wil Suid-Afrikaanse banke Vrydag tot stilstand dwing
2019-09-25"Suid-Afrikaners word aangeraai om hulle banksake dié week voor Vrydag af te handel met die oog op die bankwerkersvakbond Sasbo (South African Society of Bank Officials) se beoogde staking. Die vakbond dreig om die land se bankwese Vrydag tot stilstand te dwing."
Suid-Afrikaners vlieg mekaar in die hare oor lyfstraf
2019-09-20"Suid-Afrikaners is diep verdeeld oor die Konstitusionele Hof se uitspraak dat dit ongrondwetlik is om ’n kind ’n pak slae te gee. Die hof het Woensdag ’n 2017-uitspraak van die Hooggeregshof in Johannesburg gehandhaaf dat dit kinders se regte skend. Die voor- en teenstaanders vir lyfstraf het mekaar ná die uitspraak behoorlik geroskam op sosiale media."
Noodplan teen geweld op vroue
2019-09-19"President Cyril Ramaphosa het oorlog verklaar teen enige vorm van gendergeweld. Tydens ’n buitengewone gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies het die president Woensdag ’n noodplan oor gendergeweld aangekondig. Dit was die eerste keer in die geskiedenis van ’n post-demokratiese Suid-Afrika dat ’n gesamentlike sitting van die parlement saamgeroep is."
Afrikaanse onderrig laat vonke weer spat
2019-09-18"Die jongste storm oor Afrikaans as onderrigtaal volg nadat die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, op Twitter gesê het die bou van nuwe persele vir Sol-Tech wat in Afrikaans tersiêre onderrig verskaf, is uit woede gebore nadat universiteite hulle taalbeleid verander het om meer inklusief te wees."
NG-dominee kry trekpas oor WhatsApp-boodskappe
2019-09-17"’n NG-dominee wat na bewering boodskappe met ’n pornografiese strekking aan ’n getroude vrou gestuur het, is deur die kerk in die pad gesteek. Eduan Naudé se gemeente, die Lyttelton Moedergemeente in Pretoria, is Sondag deur middel van ’n brief wat by die kerk se deur uitgedeel is, ingelig dat hulle dominee ontslaan is."
Misdaadoorlog woed in Suid-Afrika
2019-09-13"Suid-Afrika is besig om ’n land te word waarin moord, verkragting en ander geweldsmisdade besig is om handuit te ruk. Die land word al hoe meer gewelddadig en onveilig om in te woon. Dit is die somber gevolgtrekking waartoe verskeie organisasies en instansies kom na aanleiding van die jongste misdaadsyfers wat Donderdag bekendgemaak is. Die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sê Suid-Afrika se misdaadkrisis is soortgelyk aan ’n lae-intensiteit burgeroorlog."
P-woord gons op Twitter oor Malema #p@*$ genoem word
2019-09-12"Suid-Afrikaanse Twitter-gebruikers was Dinsdag uit die veld geslaan toe die p-woord uit die bloute die gewildste hutsmerk op Twitter was. Dit het behoorlik gegons onder Suid-Afrikaners oor die gebruik van dié woord wat in Nederlands geen wenkbrou sou laat lig nie. Die hutsmerk #p..s het op Suid-Afrikaanse Twitter 'getrend' nadat ’n senior joernalis van Eye Witness News (EWN), Barry Bateman, die EFF-leier, Julius Malema, glo ’n p@*$ genoem het."
Caster Semenya wend haar tot sokker ná atletiekklappe
2019-09-11"Die Suid-Afrikaanse Olimpiese atletiekkampioen Caster Semenya se besluit om haar na die sokkerveld te wend beteken nie noodwendig sy is verlore vir atletiek nie. Die tweemalige Olimpiese kampioen gaan egter volgende jaar haar atletiekskoene vir ’n sokkerbal verruil. Semenya het verlede week ’n kontrak met die plaaslike JVW-sokkerklub onderteken."
Regering hou hoëvlakgesprekke oor xenofobie
2019-09-10"Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge, Naledi Pandor, het Maandag beloof dat die regering alles in sy vermoë sal doen om die vlaag xenofobie wat die afgelope weke oor die land spoel, hok te slaan. Die minister het in Pretoria met ambassadeurs en hoëkommissarisse van Afrikalande vergader oor die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika. Dele van Gauteng het onder aanvalle deurgeloop toe besighede, hoofsaaklik van buitelanders, geplunder en aan die brand gesteek is. Dié aanvalle het gelei tot vergeldingsaanvalle op Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland."
SA-ambassadeur in Nederland herroep na hy land in oneer bring
2019-09-06"Die staatsamptenaar, Bruce Koloane, wat die omstrede Guptas in 2013 gehelp het om toestemming te verkry om met hulle privaatvliegtuig op Waterkloof-lugmagbasis te land en daarna met ’n ambassadeurskap in Nederland beloon is, se diplomatieke loopbaan is kortgeknip."