In het nieuws
Ramaphosa se kragplan sal fyn dopgehou word
2022-07-27"President Cyril Ramaphosa se regrukplan om die land se energiekrisis te oorkom, is met gemengde gevoelens deur politieke partye en energiekenners ontvang."
Bekende letterkundige ontruim sy pos na omstrede rubriek
2022-07-26"Die storm wat in die Afrikaanse letterkunde losgebars het oor ’n omstrede rubriek deur een van die land se bekende letterkundiges, Hennie van Coller, het gelei tot sy bedanking as voorsitter van die Letterkundekommissie én as raadslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns."
ANC hou asem op vir KZN se verkiesingskonferensie
2022-07-22"KZN is ’n sleutelprovinsie vir die ANC. Die uitkoms van die verkiesing kan ’n deurslaggewende rol speel in die rigting wat die party besig is om in te slaan onder die leierskap van president Cyril Ramaphosa."
Weerstand bou op teen Eskom se "absurde" tariefverhogings
2022-07-21"Dit volg nadat Eskom in sy jongste aansoek benewens ’n stewige verhoging ook gevra het dat ’n tarief van R938 per maand op verbruikers gehef word wat self krag opwek."
Jan Publiek moet opdok vir ministers se kragopwekkers
2022-07-20"Die bedrag wat die belastingbetalers in Suid-Afrika moet opdok om ministers se ligte te laat brand terwyl die res van die land in die duister tas, beloop reeds byna drie miljoen rand."
Eskom wil tariewe verhoog ten spyte van beurtkrag
2022-07-19"Terwyl Suid-Afrikaners die afgelope weke meer as ooit vantevore onder beurtkrag gebuk moes gaan, dring Eskom aan op ’n prysverhoging van meer as 32 persent vir hulle krag."
Ramaphosa gaan land self inlig oor kragkrisis
2022-07-15"Die vermoede is dat hy die land binne ’n dag of wat, soos tydens die Covid-pandemie, sal toespreek om die publiek in te lig oor die regering se planne om die huidige krisis te bowe te kom."
Burgerlike organisasies eis hernubare energie om kragkrisis te verlig
2022-07-14"’n Groeiende lys van Suid-Afrikaanse burgerlike organisasies wat bekommerd is oor die land se energiekrisis, doen ’n beroep op die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, om onmiddellik toe te laat dat nuwe hernubare energie geskep en aan die kragnetwerk gekoppel word."
Menseslagtings, asielsoekers, betogers en ’n brand
2022-07-14"Nederland sê jammer oor slagting in Srebrenica; ’n Antwerpse universiteitsgebou staan in ligte laaie; asielsentrum is so vol, migrante slaap buite; die polisie skiet glo op 16-jarige boerebetoger; en nóg ’n skraagdosis wink in die Lae Lande."
Ministers spring beurtkrag vry, maar hospitale nie
2022-07-13"Dit is skandalig dat die Bryntirion-landgoed, ’n klein woonbuurt in Pretoria waar die amptelike wonings van Ramaphosa se kabinet geleë is, vrygestel is van beurtkrag terwyl hospitale nie is nie."
Taverne-slagtings die gevolg van wettelose samelewing
2022-07-12"Pieter Groenewald sê in sy verklaring die gebreke in Suid-Afrika se strafregstelsel word onderstreep deur die feit dat ’n misdadiger se kans om met misdaad weg te kom, sowat 80% is. Hy sê misdadigers vrees nie meer die polisie nie en hulle word nie afgeskrik deur ontoereikende strawwe sou hulle wel voor ’n hof gebring word nie."
Beurtkrag het verwoestende uitwerking op die ekonomie
2022-07-08"Busi Mavuso, uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, sê daar is net een manier om te verseker dat die land nie weer sulke gebeurtenisse in die gesig staar nie en dit is om die bronne van elektrisiteit in Suid-Afrika te diversifiseer."
Voortdurende protesaksie, moordverdagtes, en die dood van ’n reus
2022-07-07"Nederlandse boere is steeds woedend oor die besluit dat stikstofproduksie in sommige dele verminder moet word en versper weer hoofroetes; nóg verdagtes aangekeer vir die moord op Peter R de Vries; Noord-Holland en die Nederlandse Bank bied verskoning aan vir slawerny; ’n Belgiese welsynswerker is al vyf maande agter tralies in Iran; en die skrywer Remco Campert is op 92 oorlede."
Cele onder skoot na woede-uitbarsting
2022-07-07"Cameron het Cele verder die harnas ingejaag toe hy hom nooi om sonder sy lyfwagte en deftige motor self op grondvlak te gaan kyk wat in die townships aangaan ten opsigte van misdaad en om die gebrek aan polisiëring eerstehands te aanskou. Nadat Cameron sy kommer oor die hoë misdaad in Gugulethu uitgespreek het, het Cele hom aangesê om stil te bly en te gaan sit."
DA ruk op na Lesufi se kantoor om oor onderwyswet te betoog
2022-07-06"Die regering se voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) het Dinsdag weer onder skoot gekom toe die DA daarteen betoog het by die kantore van die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi."
Suid-Afrika wemel van fopnuus en vals inligting
2022-07-05"Suid-Afrikaners word oorval met fopnuus en vals inligting wat op aanlyn platforms versprei word."
Opposisiepartye eis spoedige optrede na Zondo-verslag
2022-07-01"ActionSA en die DA het die afgelope week albei laat blyk dat hulle nie daarvoor te vinde is dat daar langer gesloer word om die moontlike skuldiges aan die pen te laat ry nie."
Kunsroof, ’n stinkstorie oor stikstof en die koning ry trein
2022-06-30"Vier rowers het Maandag helder oordag ’n kunsbeurs in Maastricht beroof; Nederlandse boere is woedend oor die kabinet se stikstofbeleid; minstens een persoon is dood toe ’n tornado deur Zeeland getrek het; die pandemie hou steeds hospitale besig; en Nederlandse koningspaar besoek Oostenryk."
Optrede geëis na tieners se dood in taverne
2022-06-30"Koolstofmonoksied is ’n kleurlose, reuklose giftige gas wat ook geen smaak het nie. As jy dit inasem, kan dit jou doodmaak, veral as jy aan hoë vlakke blootgestel word."
Onwettige stakers dwing Eskom op sy knieë
2022-06-29"By fase 8, skat Eskom, sal die gemiddelde Suid-Afrikaner vir 50% van die tyd van krag voorsien word, met verbindings wat vir 12 uur uit elke 24 afgeskakel is."