In het nieuws
Minister waarsku oor bestuurslisensies wat verval
2022-04-29"Meer as ’n miljoen Suid-Afrikaners se bestuurslisensiekaarte het verval en moet binne ’n week hernu word."
SA skiet nog ver te kort na 28 jaar se demokrasie
2022-04-28"Suid-Afrikaners het Woensdag 28 jaar van demokrasie gevier, maar almal in die land is dit eens dat die land van melk en heuning wat beloof is, steeds net ’n droom is."
Tronkstraf weens ontgroening geëis, gasprobleme, partytjies en hekse
2022-04-27"Vyf jaar tronkstraf vir die hoofverdagtes in ’n ontgroeningsaak geëis; sewe mense deur twee gasontploffings beseer; Nederland wil voor die einde van die jaar alle aankope van gas en olie uit Rusland staak; €919 miljoen (sowat R15 miljard) om onderwysers meer te betaal; Koningsnag en -dag kan weer soos voor die pandemie gevier word; en ’n veroordeelde heks se naam gaan nie in ere herstel word nie."
Kapenaars betoog op Vryheidsdag vir onafhanklikheid
2022-04-27"’n Woordvoerder van die groep het gesê hulle het goedkeuring vir 2 000 optoggangers wat by die Parade sal vergader, maar enigiets meer as 1 000 mense sal as ’n goeie opkoms beskou word."
Ramaphosa erken ANC-regering se aandeel aan Eskom se "gemors"
2022-04-26"Hy het in die bresse getree vir Eskom se direksie en sê die beurtkrag wat ons nou ervaar, is die gevolg van beleidsfoute en die impak van staatskaping oor baie jare."
Ramaphosa bel uiteindelik vir Zelenski
2022-04-21"Bykans twee maande nadat Rusland Oekraïne binnegeval het, het president Cyril Ramaphosa Woensdagaand uiteindelik ook met die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, gesprek gevoer oor die oorlog in sy land."
Koppe gaan rol oor onwettige Kubaanse medisyne
2022-04-21"Van die belangrikste aanbevelings uit die taakspan se verslag is dat die militêre bevelsraad na bewering opdrag gegee het om die medisyne van Kuba in te voer, skynbaar wetende dat dit onwettig was omdat die nodige regulasies nie nagekom is nie."
Eskom moet tot ’n ramptoestand verklaar word, sê DA
2022-04-20"Die entiteit se ou eenhede is op lewensondersteuning en gee voortdurend in, wat daartoe lei dat kragonderbrekings op kort en uitmergelende kennisgewing aangekondig word, sê die party in ’n verklaring."
Buskaartjies, kettingbotsings en ruspes
2022-04-20"’n Paar kaartjiekontroleurs behandel ’n buspassasier hardhandig; busse loop weer na Oekraïne; Nederland se ambassade open weer in Oekraïne; voertuie van die Nederlandse weermag is in ’n kettingbotsing betrokke in Tsjeggië; groot skadevergoeding betaal ná ’n bevalling; en ruspes word met parasiete bestry."
Nasionale ramptoestand na grootse vloed ooit in SA
2022-04-19"Omvangryke maatreëls is Maandagaand deur president Cyril Ramaphosa aangekondig om die nood aan te spreek nadat die grootste vloed ooit in Suid-Afrika ’n spoor van verwoesting in KwaZulu-Natal (KZN) agtergelaat het."
Xenofobie laat gemoedere opvlam
2022-04-14"Die 43-jarige Nyathi, wat as tuinier in Johannesburg gewerk het, is verlede week na bewering aangerand en aan die brand gesteek nadat hy gevra is om sy dokumente van herkoms te wys."
’n Busongeluk, probleemsjokolade, kopseer dagga en beter verpakking
2022-04-14"Twee mense in ’n busongeluk dood en 10 beseer; ’n bejaarde man word dood in water aangetref; sjokoladeprodukte word onttrek; toeriste mag dalk nie meer dagga koop nie; Albert Heijn wil minder verpakking gebruik; en prinses Ariane word 15."
Talle dood en vermis in KZN vloedramp
2022-04-14"Die woordvoerder van die metropolisie in Durban, Parboo Sewpersad, het aan die SAUK gesê hy het nog nooit so iets beleef nie."
Oekraïne se ambassadeur pleit Suid-Afrika moet luister
2022-04-12"Suid-Afrikaners het uiteenlopend reageer op die ambassadeur se oproep dat Suid-Afrika na Oekraïne moet luister."
Ramaphosa trap steeds water oor Rusland
2022-04-08"President Cyril Ramaphosa het Donderdag tydens ’n konferensie vir die hoofde van Suid-Afrika se diplomatieke sendings weer eens geweier om Rusland te veroordeel vir die oorlog in Oekraïne. Die president sê Suid-Afrika sal sy onverbonde posisie verdedig en ’n onafhanklike buitelandse beleid handhaaf."
Meer vlugte na en van Suid-Afrika vanuit die Lae Lande
2022-04-07"Voornemende besoekers aan Suid-Afrika vanuit die Lae Lande sal binnekort ’n hele aantal bykomende vlugte hê om uit te kies."
Zelenski se diplomasie; probleme met treine en die posdiens; en ’n skietery
2022-04-06"Wolodimir Zelenski spreek die parlemente van beide Nederland en België toe; Mark Rutte reageer met skok op die afgryslike beeldmateriaal wat Sondag opgeduik het ná die Russe se onttrekking uit die voorstad Boetja; twee broers verlede Woensdag tydens ’n skietery by ’n McDonald’s-restaurant dood; die Belgiese polisie voer ’n klopjag op PostNL-depots uit; en ’n tegniese probleem het Sondag veroorsaak dat die hele Nederlandse treinnetwerk buite werking was."
Ramptoestand se einde is het einde niet
2022-04-06"Suid-Afrikaners verwelkom die beëindiging van die nasionale ramptoestand wat Maandag om middernag werking getree het, maar is skepties oor die voorgestelde regulasies wat dit gaan vervang."
Zuma se Stalingrad-trein se stoom is op
2022-04-01"Die Hoogste Hof van Appèl het Donderdag vier petisies van Zuma teen sy vervolging met koste van die hand gewys. Zuma wou hê dat die staatsadvokaat, Billy Downer, hom aan die saak moet onttrek omdat hy glo bevooroordeeld teenoor Zuma is. Die oudpresident wou ook hê dat getuies geroep moet word om sy bewerings te staaf dat die staat onregverdig teenoor hom optree."
Ramptoestand word dalk volgende week beëindig
2022-03-31"Die publiek het tot môre (Vrydag 1 April) geleentheid om kommentaar te lewer op die voorgestelde regulasies voordat dit finaal in die Staatskoerant gepubliseer word en die huidige regulasies herroep sal word."