In het nieuws

Kaalbas vrou op lamppale gee nie aanstoot nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-19

"Die sanger en Christelike prediker van Somerset-Wes, Heinz Winckler, het hom veral sterk uitgelaat oor die plakkate en gesê dit is tyd dat die stil meerderheid opstaan vir gesonde norme en waardes."

ANC wil glo omstrede onderwyswet deur parlement stoomroller

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-18

"Duisende kommentare en besware teen die wet is deur die publiek ingedien tydens ’n landwye openbaredeelnemingsproses. Dit blyk nou dat die portefeuljekomitee oor basiese onderwys nie al die verslae ontvang het nie en dit dus nie behoorlik sal kan oorweeg wanneer die wet deur die komitee bespreek word nie."

Vragmotoraanvalle is ekonomiese sabotasie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-14

"Die gewelddadige kriminele aanvalle op vragmotors in Suid-Afrika die afgelope dae is ’n direkte aanslag op die Suid-Afrikaanse ekonomie en ’n wesenlike risiko vir voedselsekerheid."

Bankrot poskantoor sal duisende poste moet snoei

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-13

"Dit beteken dat die belastingbetalers weer sal moet opdok vir die skuld en dat tot 7 000 poste in die SAPK op die spel is."

Verligting van beurtkrag van korte duur

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-12

"Die effense verligting wat Suid-Afrikaners die afgelope week of wat ten opsigte van beurtkrag ervaar het, was van korte duur."

VF Plus en DA vlieg mekaar in die hare oor ANC

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-11

"Die VF Plus het enige sprake van samewerking met die ANC ten sterkste ontken en beskuldig die DA van opportunisme en oneerlikheid."

Nederland se koalisieregering val oor immigrasiewetgewing

Izak de Vries In het nieuws 2023-07-08

"Vir Suid-Afrika mag verlede Vrydag se gebeure lesse inhou."

Omstrede blouligbrigade se spoor van skandes

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-07

"Die ANC bestee R1,7 miljard se belastingbetalersgeld om Suid-Afrika se BBP-beskermingsdienste as hul eie persoonlike weermag teen die mense in stand te hou."

Almal sal moet saamstaan vir veelpartykoalisie om ANC te verslaan

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-06

"Die Multi-Party Coalition Advocacy Group, wat hulle beywer vir ’n veelpartykoalisieregering ná aanstaande jaar se verkiesing, sê egter dit sal nie genoeg wees om Suid-Afrika te red as hulle daarin slaag om die ANC se steun tot net onder 50% te laat daal nie, aangesien dit die ANC steeds met te veel weë laat om aan bewind te bly."

Blouligboelies laat Suid-Afrikaners rooi sien

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-05

"Die groep polisiemanne wat motoriste in ’n motor op die snelweg na bewering tot stilstand gedwing en aangerand het se optrede is ten sterkste veroordeel deur die publiek, politieke partye en belangegroepe."

US-rektor se "bejammerenswaardige" optrede is nie wangedrag nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-07-04

"Die rektor het erken dat sy optrede, asook die aandag wat dit gelok het, kollegas se vertroue in hom geskaad het en gesê hy sal daaraan werk om die vertroue te herstel."

Regering skik oor omstrede wet maar DA betoog voort

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-30

"Ingevolge die skikking het die regering ingestem om die regulasies wat ingevolge die Wet uitgereik is te wysig om te erken dat rasgebaseerde regstellende aksie tydelik moet wees, dat daar geen absolute verbod op die indiensneming van mense op grond van ras kan wees nie, en dat vaardighede in ag geneem moet word."

Adjunkpresident Mashatile dalk by staatskaping betrek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-29

"Rise Mzansi se leier, Songezo Zibi, sê sy party het aan die waarnemende openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, geskryf om te vra dat Mashatile se beweerde oortredings van die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag ondersoek word."

Miljoene rand vermors by onvoltooide hospitaal in Gauteng

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-27

"Volgens die LUR is die sale almal onvoltooid omdat die aangestelde diensverskaffer nie die projek kon voltooi nie en hul kontrak beëindig is."

Poskantoor stort al hoe vinniger in duie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-27

"Meer as 300 SAPK-takke is binne ’n tydperk van drie jaar gesluit, terwyl dit opeenvolgende finansiële verliese aangeteken het en glad nie meer in staat is om sy rekeninge te betaal nie."

Suid-Afrika se diplomatieke herrie in Pole gaan in parlement draai

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-23

"Die diplomatieke voorval in Pole waartydens ’n groep Suid-Afrikaanse joernaliste en veiligheidspersoneel van president Cyril Ramaphosa ure lank in ’n vliegtuig op die Warskou-lughawe gestrand was, gaan ’n nadraai in Suid-Afrika se parlement hê."

Nederland bevestig steun aan Oekraïne sowel as bande met Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-22

"Die hooffokus van die week se gesprekke was die lande se samewerking op die gebied van groen waterstof."

Nederland en Denemarke se premiers besoek Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-21

"Die besoek het veral gepoog om Suid-Afrika se verhouding met Denemarke en Nederland te verstewig op die gebied van groen waterstof, hernubare energie en billike haalbare energie-oorgang. Suid-Afrika en Nederland sou na verwagting ook die memorandum van verstandhouding oor samewerking met betrekking tot groen waterstof onderteken."

Minister blameer Covid vir leerders se swak leesvermoë

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-20

"Motshekga het erken dat die departement ’n groot rol in die ontwikkeling van leerders speel, maar het ook gesinne aangemoedig om ’n leeskultuur by die huis te kweek."

Vryheidsfront Plus sê Kaapstad kan afstuur af op plakkerskamp

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-06-15

"Die bevinding dat 53% van alle nuwe wonings in Kaapstad  binne die volgende 20 jaar  informele strukture gaan wees, word vervat in ’n verslag van die metro se afdeling vir water en sanitasie."

Verified by MonsterInsights
Top