In het nieuws

André de Ruyter se getuienis skep meer vrae as antwoorde

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-28

"Vyftien maande, en ongeveer R50 miljoen later, het die ondersoek volgens News24 se berig niks anders as blote vermoedens en twyfelagtige inligting opgelewer nie."

Suid-Afrika slaan bollemakiesie oor die Internasionale Strafhof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-27

"President Cyril Ramaphosa en die ANC se dubbelpratery oor Suid-Afrika se deelname aan die Internasionale Strafhof (IS) het die afgelope week groot verwarring gesaai oor die land se posisie ten opsigte van die hof."

Nog ’n metroburgemeester se kop rol

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-26

"Die tempo waarteen burgemeesters in die land se metro’s stoele verwissel duur steeds voort. Die jongste van ’n reeks burgemeesters om wie se nek die goue ketting van korte duur gehang het, is Johannesburg se Thapelo Amad."

ANC en DA skud albei vere reg vir koalisieregerings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-25

"Volgens politieke waarnemers en meningspeilings is die kanse groot dat die ANC aanstaande jaar minder as 50 persent van die stemme op nasionale vlak op hom sal  verenig."

Suid-Afrika se gesondheidsorg is aan skerwe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-21

"Die land se openbaregesondheidsektor bevind hom in ’n gesondheidsgemors. Dokters sukkel om die pasiëntelading te hanteer, het min ondersteuning en rugsteuning, en daar word van hulle verwag om ure buite die normale te werk."

Nuwe verkiesingswet kry die wind van voor

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-20

"Die nuwe verkiesingswysigingswet wat onafhanklike kandidate toelaat om vir verkiesing in die parlement en provinsiale wetgewers te staan, kry al hoe mee die wind van voor vanuit die geledere van burgerlike organisasies."

Universiteit van KZN met hof gedreig oor beweerde rassediskriminasie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-19

"Volgens Solidariteit lui die universiteit se advertensie dat beurse toegeken word aan 'swart Suid-Afrikaanse burgers' vir meesters- en doktorale studie, onderskeidelik ter waarde van R120 000 en R60 000. In teenstelling hiermee is die beurse wat aan 'ander Suid-Afrikaanse burgers' toegeken word, onderskeidelik slegs R80 000 en R45 000 bedra."

Nuwe laagtepunt in politieke twis tussen DA en PA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-18

"Kunene, wat byna net so omstrede is soos sy leier, Gayton McKenzie, beskuldig die DA se Gauteng-leier van allerhande ongerymdhede en slinger persoonlike beledigings in sy rigting."

Hof gevra om diamanthandelaar se sake te laat ondersoek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-14

"Die likwidateurs van die omstrede diamanthandelaar Louis Liebenberg se maatskappy Tariomix sê in hofstukke hulle word met geweld gedreig deur hom en/of persone wat direk aan hom verbonde is."

US-rektor se beweerde nepotisme volgende week bekyk

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-13

"Beskuldigings van nepotisme teen die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, sal volgende week indringend bespreek word tydens ’n raadsvergadering van die universiteit."

ActionSA wil Johannesburg se burgemeester die trekpas gee

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-12

"Amad is die derde burgemeester van Johannesburg in ’n jaar."

Poskantoor reageer glo dié week oor beweerde bankrotskap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-11

"Daar is die afgelope naweek wyd op sosiale media berig dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor onder voorlopige likwidasie geplaas is. Die Poskantoor sukkel reeds geruime tyd om van sy krediteure te betaal."

Burgerlike samelewing is oorwinnaars in die energiekrisis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-06

"Die ramptoestand wat Cyril Ramaphosa in Februarie tydens sy staatsrede aangekondig het, sou deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en Solidariteit in die hof betwis word. Die regering het Woensdag die aftog geblaas en die handdoek ingegooi nog voordat die saak in die hof kon draai."

Korrupsie bly ’n probleem in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-05

"Dit is nie nou die tyd om die voet van die versneller te neem wanneer dit kom by die bekamping van korrupsie nie. Die burgerlike samelewing moet sy stem dik maak om die stryd teen korrupsie te help versterk en aandring op aanspreeklikheid deur openbare amptenare."

Iranse oorlogkepe in Kaapstad kan tot sanksies lei, waarsku VSA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-04

"Suid-Afrika se vriendskapsbande met lande soos Rusland en Iran en hulle militêre teenwoordigheid aan die Suid-Afrikaanse kus is besig om die wenkbroue van sy Westerse bondgenote al hoe meer te laat lig. Enkele weke nadat ’n Russiese oorlogskip ten spyte van wye veroordeling deur kundiges, diplomate en aktiviste in Kaapstad se hawe vasgemeer het, het twee Iranse oorlogskepe verlede Vrydagoggend ook by die hawe aangekom."

Thabo Mbeki kap in plofbare brief na die ANC

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-31

"Die voormalige president en ANC-leier Thabo Mbeki beskuldig die ANC in ’n striemende brief daarvan dat die hulle iets het om weg te steek ten opsigte van die Phala Phala-kwessie waarby Cyril Ramaphosa betrek word."

Suid-Afrikaners soek antwoorde na bisarre ontsnapping

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-30

"Bester se raaiselagtige ontsnapping verlede jaar uit die G4S-maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein het die land geskok en in stomme verbasing gelaat."

Tshwane het weer ’n DA-burgemeester

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-29

"'Is dit wat Suid-Afrikaners moet verwag wanneer die ANC (plus hul nuwe vennote in rooi) hul meerderheid in 2024 verloor?' het Beaumont gevra."

Belgiese koninklikes sluit staatsbesoek aan Suid-Afrika in Kaapstad af

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-28

"België se koning en koningin het hul staatsbesoek aan Suid-Afrika Maandag afgesluit na ’n tweedaagse program vol aktiwiteite in Kaapstad."

Belgiese koninklikes word luisterryk in Suid-Afrika ontvang

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-24

"Die koning en koningin van België is Donderdag op luisterryke wyse deur president Cyril Ramaphosa in Suid-Afrika ontvang tydens die eerste amptelike staatsbesoek deur ’n Belgiese monarg aan Suid-Afrika."

Verified by MonsterInsights
Top