In het nieuws

Totsiens Suid-Afrika, sê jonges

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-10

"Die stroom landsverlaters wat besig is om die land duur aan broodnodige vaardighede te kos, is veral kommerwekkend omdat die kritieke vaardighede wat so verlore gaan, dieper strek as wat selfs hierdie syfer toon. Dit is toenemend jongmense wat weggaan, maar nie uitsluitlik jongmense nie."

Tshwane se burgemeester goue ketting na agt dae kwyt

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-09

"Die gekonkel van Cope se enigste raadslid in die Tshwane-metroraad, Murunwa Makwarela, met die ANC en EFF om van die DA-geleide koalisieregering ontslae te raak, het hom duur te staan gekom. Hy is nie net sy goue burgemeestersketting kwyt nie, maar sit nou op straat sonder werk."

Nuwe kabinet is ’n "bondel gebreekte eiers in dieselfde mandjie"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-08

"’n Geleentheid van verspeelde kanse. Dit is hoe burgerlike organisasies en opposisiepartye Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling van die afgelope week opsom."

Phala Phala-dollars in Ramaphosa se rusbank na bewering "vuil" geld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-07

"Die SAID het bevestig dat hulle geen rekords het van die $580 000 wat aan Ramaphosa se Phala Phala-plaas betaal is nie."

Kragkrisis kan vererger voordat dit beter word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-03

"Teen fase 16, waar die frekwensie van fase 8 verdubbel word, is die aantal ure van beurtkrag oor ’n vierdaagse siklus 96 uur, wat beteken dat daar eintlik glad nie elektrisiteit is nie en dit maak nie juis praktiese sin nie."

Ramaphosa loop ’n bloutjie by die konstitusionele hof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-02

"Nuwe druk gaan op Cyril Ramaphosa geplaas word om oop kaarte te speel oor die diefstal van miljoene rand by sy Phala Phala-wildsplaas nadat hy Woensdag ’n bloutjie in die Konstitusionele Hof geloop het oor die saak."

Werkloosheid daal effens, maar bly steeds hemelhoog

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-01

"Ongeveer 3,4 miljoen (33,6%) uit 10,2 miljoen jongmense van 15-24 jaar was egter steeds werkloos en ook nie op skool, of besig met opleiding nie."

Eskom-debakel kring al hoe wyer uit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-28

"De Ruyter se beëdigde verklaring bevestig volgens ActionSA húlle oortuiging dat die ANC ’n kriminele sindikaat is wat direk verantwoordelik is vir die beurtkragramp."

De Ruyter se skielike vertrek laat die poppe dans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-24

"Opposisiepartye en burgerlike organisasies het hom as ’n held bestempel. Hulle prys hom as heldhaftige fluitjieblaser, terwyl die ANC vuur spoeg en dreig om hom hof toe te sleep."

Eskom belowe en paai terwyl fase 8-beurtkrag wink

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-22

"Suid-Afrikaners is letterlik en figuurlik in die duister oor die kragsituasie nadat die  land die afgelope week nader as ooit vantevore gekom het aan fase 8-beurtkrag."

Ramaphosa en Cele moet skuld dra vir bloedbad, sê politieke partye en burgerregte-organisasies

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-21

"Verskeie opposisiepartye het hul oproep aan president Cyril Ramaphosa herhaal om Cele af te dank, terwyl Ramaphosa self ook blameer word vir wat sommige as ’n bloedbad bestempel."

Universiteite ontken beweerde diskriminasie teen Afrikaanse studente

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-17

"Twee voorheen wit Afrikaanse universiteite is in die spervuur oor beweerde taal- en rassediskriminasie teen Afrikaanse studente tydens verwelkomingsgeleenthede op die onderskeie kampusse aan die begin van die akademiese jaar."

Ramptoestand kan Suid-Afrika in ’n “rampdemokrasie” verander

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-16

"Solidariteit voel ook baie sterk daaroor dat dit ingrypende stappe gaan verg om die elektrisiteitskrisis te hanteer. Die probleem lê volgens hulle egter juis daarin dat die regering tot dusver nie die politieke wil gehad het om die regte dinge te doen nie."

Voetsek! sê DA-burgemeester vir Russiese oorlogskip

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-15

"Rusland se duidelike doelwit met Oefening Mosi II is om Suid-Afrika te misbruik vir hul propaganda teen die Weste."

Nog ’n metro se burgemeester is die goue ketting kwyt

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-14

"Om deesdae ’n burgemeester te wees in een van die land se metro’s wat deur koalisieregerings regeer word, blyk een van die mees riskante beroepe in die land te wees."

Staatsentiteit onder skoot weens beweerde korrupsie, magsmisbruik en viktimisering

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-10

"Sowat 20 burgerlike organisasies en besorgde prominente individue eis dat die raad van die omstrede agentskap vir media-ontwikkeling en diversiteit (MDDA), insluitend sy skandaal-geïmpliseerde voorsitter, geskors word."

Brand South Africa: How best to attract foreign tourists?

Anneleigh Jacobsen, Izak de Vries In het nieuws 2023-02-09

"There is no good way to spin loadshedding in an ad for South Africa as a tourist destination. Candle-lit dinners can only get you so far when you can’t charge your phone, use a hairdryer or watch TV while you’re on holiday. … But can we justify spending money on advertising South Africa when the basics are failing?"

Konstitusionele Hof beslis in AfriForum en Solidariteit se guns

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-09

"Die Konstitusionele Hof het die Suid-Afrikaanse regering ’n harde hou toegedien in die regering se pogings om diskriminasie op grond van ras te probeer regverdig."

DA hou eie alternatiewe staatsrede

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-08

"Die DA-leier, John Steenhuisen, het in aanloop tot Donderdag se staatsrede wat deur president Cyril Ramaphosa gehou sal word, sy eie alternatiewe staatsrede Dinsdag in Kaapstad gelewer." 

Vuurwarm politieke week lê vir Suid-Afrika voor

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-07

"Suid-Afrikaners behoort teen die einde van die week groter duidelikheid te hê wat president Cyril Ramaphosa en sy regering se planne is om die land uit die energiekrisis en die ekonomiese moeras te lei waarin beurtkrag dit gedompel het."

Verified by MonsterInsights
Top