In het nieuws
Talle koalisies kom na reusewegblystem
2021-11-04"Die Suid-Afrikaanse politieke landskap het die afgelope week drasties verander en ’n nuwe era binnegegaan waar koalisiepolitiek aan die orde van die dag sal wees. Dit volg nadat die ANC vir die eerste keer sedert 1994 nie daarin kon slaag om landwyd en in talle munisipaliteite meer as 50 persent van die stemme te trek nie."
Skokbeelde van polisie wat ’n betoger skop, stilstaande treine en elektriese motors
2021-11-03"Beeldmateriaal waarin gesien kan word hoe ’n polisiebeampte ’n man skop, word ondersoek, die Nederlandse treinstelsel kom tot stilstand, België soek elektriese motors, koronapasse nodig vir ’n koppie koffie, asielsoekers word meer, en 3M moet produksie staak."
Groenkrag wink terwyl Eskom in die duister voortploeter
2021-11-03"Volgens Eskom word beurtkrag slegs as ’n laaste uitweg geïmplementeer om die stabiliteit van die kragstelsel te handhaaf."
Universiteite met hof gedreig oor verpligte inentings
2021-11-02"’n Taakspan is aangestel om ’n risikobepaling te doen van die verskillende faktore wat hierby betrokke is vir personeel en studente."
Koerantgroep se "bewyse" oor tienling bevraagteken
2021-10-29"Die koerantgroep het die hele land Woensdag na hul asems laat snak toe hulle tydens ’n nuuskonferensie volgehou het dat die tienling wel gebore is. En hulle beweer daar word in staatshospitale handel gedryf met babas, van wie sommige selfs gebruik word om moetie mee te maak."
Krieket SA se kniebuigbesluit jaag talle die harnas in
2021-10-28Lees ook Quinton de Kock se kant van die saak (pas uitgereik via Krieket Suid-Afrika (KSA)).
Bernard Haitink is oorlede – en nog nuus uit die Lae Lande
2021-10-27"Die Nederlandse dirigent Bernard Haitink is oorlede. In ander nuus: ’n navorsingsprojek oor gravitasiekolke, ’n man met ’n kapmes was aggressief teenoor medereisigers op ’n trein, nuwe inperkings spesifiek vir mense wat nie ingeënt is nie, plastiek word uit die see verwyder en die polisie in Rotterdam het verlede Donderdag 75 sokkerondersteuners in hegtenis geneem."
Lesufi hou vol AfriForum is rassiste
2021-10-27"Die rassetwis tussen die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, en die burgerlike organisasie AfriForum het opnuut opgevlam."
Stem verantwoordelik, vra Ramaphosa
2021-10-26"Suid-Afrikaners gaan volgende Maandag, op 1 November, na die stembus om hul plaaslike verteenwoordigers te kies. Ramaphosa sê uiteindelik gaan elke verkiesing oor vertroue."
Bierbedryf pleit by regering om van ondergang gered te word
2021-10-22"Die bierbedryf het as gevolg van die vorige kere se verbod sedert Maart verlede jaar 161 handelsdae verloor, wat net meer as 240 000 werksgeleenthede in gevaar stel, met ’n verlies aan belastinginkomste van R34,2 miljard en R10,2 miljard in aksynsinkomste. Daar was geen staatsfinansiering of enige ander verligting om die sektor tydens hierdie krisis by te staan nie."
Politieke partye vry na Afrikaanse stemme in munisipale verkiesing
2021-10-21"Hoewel die taalkwessie weinig te make het met die plaaslike verkiesing, meen albei partye skynbaar dat hulle sodoende die guns van Afrikaanse kiesers sal wen."
Suid-Afrika sê steeds nee vir Russiese entstof
2021-10-20"Tot op hede het hierdie entstof ook nie die lys van noodgebruik deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gehaal nie."
Restauranteienaar gesteek oor koronapas, ’n nuwe Bybelvertaling, probleme met graffiti en ’n dwelmfonds
2021-10-20"Die eienaar van ’n Belgiese restaurant is met ’n mes gesteek, ’n man is na bewering deur drie jongmense voor ’n trem ingestoot, ’n Afgaanse tolk vir Nederland is vermoor, die Nederlands-Vlaamse Bybelgenootskap spog met ’n nuwe Bybelvertaling, en heelwat meer."
Nóg ’n hofsaak oor Afrikaans by Universiteit Stellenbosch
2021-10-19"Die US ontken egter dat hulle afwyk van die 2016-taalbeleid. Volgens die US bly hulle verbind tot Afrikaans as onderrig- en kommunikasiemedium in ’n inklusiewe, veeltalige konteks. Hulle sê dit is een van die min instellings vir hoër onderwys in ons veeltalige, diverse land wat hierdie benadering volg."
Sanlam Cape Town Marathon | Wêreldklas in ’n tyd van Covid
2021-10-18"Wat meer is, dié marathon word tans amptelik geëvalueer om moontlik deel te word van die Abbott World Marathon Majors. Sou ons daarin slaag, sal Kaapstad aansluit by slegs ses ander wat as wêreldklasmarathons gesien word, naamlik die Londen-marathon, New York-marathon, Boston-marathon, Chicago-marathon, Berlin-marathon en die Tokio-marathon."
Kaapstad se treindienste op rand van totale ineenstorting
2021-10-15"In ’n ondersoek wat pas bekend gemaak is, het die DA bevind dat byna 70% van Kapenaars in gebiede wat voorheen toegang tot passasierstreindienste gehad het, geen toegang meer daartoe het nie."
Politieke partye looi mekaar voor verkiesing
2021-10-14"Terwyl die groter partye soos die ANC, DA, EFF, Vryheidsfront Plus en IVP alles in die stryd werp om hulle steun onder die kiesers te vergroot, hoop kleiner partye en onafhanklike kandidate om vanjaar groter partye se magsgreep op plaaslike vlak te breek."
Slawerny in die kerk, misdaad uit die tronk en ’n gay monarg?
2021-10-13"Volgens die Nederlandse kabinet hoef kroonprinses Amalia nie afstand te doen van die troon selfs al wil sy liewer met ’n vrou trou nie. Navorsing gaan gedoen word oor die rol van die kerk en Nederland se slawernyverlede. Een van die advokate van die misdaadbaas Ridouan Taghi in hegtenis geneem."
DA betoog by Minister se kantoor oor Afrikaans
2021-10-13"Volgens die DA en verskeie taalkenners is Nzimande se definisie van 'inheems' onwetenskaplik. Dit is ook in stryd met die onlangse uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor Afrikaans by Unisa."
God sal glo die koronavirus wegwaai tydens Zuma se gebedsbyeenkoms
2021-10-12"’n Reuseverwelkoming word Donderdag 14 Oktober vir Jacob Zuma in KwaZulu-Natal gehou nadat hy onlangs op mediese parool vrygelaat is."