Actueel
Kom daar ’n derde wêreldoorlog?
2024-10-04"Die heersende wêreldorde is besig om te verander en konflik neem wêreldwyd toe, maar dit beteken nie ’n derde wêreldoorlog is op pad nie."
Mislukkings van NVG-administrasie laat kinderverkragter op vrye voet
2024-10-03"’n Veroordeelde kinderverkragter is nou al vir meer as twee jaar op vrye voet en in die samelewing bedrywig omdat sy appèlsaak teen sy skuldigbevinding nooit na die Pretoriase Hooggeregshof verwys is nie."
Vakbonde vra groter minimumlone; DA sê dit sal meer werkloosheid skep
2024-10-02"Maandag was die sluitingsdatum vir die indien van skriftelike kommentaar oor moontlike aanpassings aan die nasionale minimumloon vir volgende jaar. Giwusa sê ’n verhoging tot R15 000 word genoodsaak deur die stygende lewenskoste."
Die nadraai van 29 Mei se verkiesingsuitslag
2024-10-01"Die enigste party wat volgens die paneel op die oomblik werklik groeipotensiaal in Suid-Afrika het, is die MKP van Jacob Zuma, en dit is nie wat die land graag wil hê nie."
Jakarandastad onder ANC, EFF en ActionSA se beheer
2024-09-27"ActionSA en die ANC-faksie, onder leiding van die Gautengse premier Panyaza Lesufi, is volgens die DA daarvoor verantwoordelik dat die Stad Tshwane weer in politieke onstabiliteit gedompel is en die hoofstad se toekoms opnuut bedreig word."
Finansiële krisis dreig om die land se onderwys te kelder
2024-09-26"Tensy daar proaktiewe maatreëls getref word, staar die land se provinsiale onderwysdepartemente binne die volgende twee tot drie jaar groot uitdagings in die gesig."
Donderdag is D-dag vir DA en Tshwane se koalisieregering
2024-09-24"Die stryd om die politieke mag in Tshwane gaan dié week op die spits gedryf word. Die ANC moet besluit of hulle voortgaan om ’n mosie van wantroue teen die stad se DA-burgemeester, Cilliers Brink, in te stel."
Vonke spat tussen Pandor en Malema oor VBS-skandaal
2024-09-20"Die VBS-plunderskandaal het in 2018 op die lappe gekom, en amptenare binne die bank, asook politici, insluitend senior leiers van die MKP, EFF en ANC, word daarby betrek."
Kaapstad wil Londen se swart taxi’s bont verf
2024-09-19"Dit is deel van die stad se direktoraat vir ekonomiese groei en Norse Atlantic Airways se bemarkingsveldtog om hulle eerste Londen-Kaapstad-vlugte te bevorder wat op 28 Oktober begin."
Wilgenhoffers wil hof toe oor koshuis se tydelike sluiting
2024-09-18"Volgens Wilgenhof se alumnivereniging was die verslag wat voor die universiteitsraad gedien het, gevul met ongegronde en dikwels ingrypende aansprake, sowel as feitefoute."
Gonzo journalism in southern Africa
2024-09-17"Effective gonzo journalism does more than reframe quotes; it adds context to what was happening in the room when the quotes were gathered. South Africa is the perfect setting for gonzo journalism, and the genre has blended into mainstream popularity even if it appears that people haven’t noticed."
DA en ActionSA se politieke huwelik in Tshwane op die rotse
2024-09-17"ActionSA se besluit die afgelope naweek om hulle rug te keer op die veelpartykoalisie in Tshwane en nie die DA-burgemeester, Cilliers Brink, te steun wanneer die ANC later die week ’n mosie van wantroue teen hom gaan instel nie, kan tot gevolg hê dat die Jakarandastad nog dié week weer in die hande van die ANC en EFF beland."
Die land gis of die Bela-wet die RNA gaan kelder
2024-09-13"Die land sit met opgehoue asems en kyk of die RNE sy grootste krisis tot dusver gaan oorleef indien president Cyril Ramaphosa vandag (Vrydag) die omstrede Bela-wet gaan onderteken soos wat sy kantoor vroeër die week aangekondig het."
Regering van Nasionale Eenheid se toekoms in gedrang oor Bela-wet
2024-09-12"Die DA, wat die tweede grootste party in die RNE is, het Woensdag by monde van sy leier, John Steenhuisen, laat blyk dat die RNE in gedrang kan kom as Ramaphosa die wetsontwerp onderteken."
Ministers gryp in na dekade se gesloer oor Sarah Baartman sentrum
2024-09-11"Konstruksie van die wêrelderfenisprojek het in Augustus 2014 begin. Die sentrum sou na verwagting teen Oktober 2016 operasioneel gewees het teen ’n koste van R164 miljoen. Die koste het intussen tot sowat R280 miljoen opgeskiet."
Vervalle hospitaal in Gauteng gons op sosiale media
2024-09-10"Die voormalige omroeper Tom London beweer in die video wat hy op sosiale media gedeel het, dat hy in die hospitaal verwaarloos is en dat van die personeel en dokters onbeskof is. Hy het ook die hospitaal se badkamers in die video afgeneem wat toon hoe verwaarloos en vuil dit is. Van die krane werk glad nie en ook nie die muurproppe in van die sale nie."
China beloof miljarde se steun aan Afrika
2024-09-06"Xi Jinping het Donderdag belowe om China se steun regoor die skuldbelaaide Afrika te versterk met befondsing van byna $51 miljard oor drie jaar vir meer infrastruktuurprojekte en die skep van minstens een miljoen werksgeleenthede."
Tshwane se veelpartykoalisie gevra "om Pretoria te red"
2024-09-05"Die leiers van die politieke partye wat die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit regeer, gaan gevra word om te sorg dat geskille in die koalisie tussen die partye so gou moontlik bygelê word om te keer dat die stad in die hande van die ANC en EFF beland."
Erentia Bedeker: onopgesmuk, internasionaal bekroon, redelik onbekend in haar eie land
2024-09-04"Ruby & Roach reis nou al vir vier jaar van fees tot fees. Tot op hede is ons kortfilm al vir 77 filmfeeste gekies, het dit 26 benoemings ontvang en is dit bekroon met 18 pryse. Dit klink dalk esoteries, maar ek oorleef op geloof. My bankrekening was nog nooit dolleeg nie. Wanneer een projek afgekeur word, dan is daar altyd op die regte tyd ’n volgende geleentheid wat kom aanklop."
Suid-Afrika se ekonomie lig stadig weer sy kop
2024-09-04"Die land se ekonomie het in die tweede kwartaal (April–Junie) met 0,4% gegroei. Ekonome meen sakevertroue kan in die derde kwartaal nog verder verbeter, weens die verlengde opskorting van beurtkrag en groter politieke stabiliteit danksy die regering van nasionale eenheid ná die verkiesing vroeër vanjaar."