Actueel

Stabiele regering vir Suid-Afrika is prioriteit, sê Outa

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-26

"Outa wys daarop dat in ander lande, soos België, Spanje, Nederland, Duitsland en Irak, dit baie maande geneem het om RNE’s te vorm ná nasionale verkiesings wat nie volstrekte wenners opgelewer het nie."

Land hou asem op oor aankondiging van nuwe kabinet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-25

"Die President sê die land se hoop is gevestig op die sukses van die RNE, en die deelnemende partye se verklaarde verbintenis om konstruktief en tot Suid-Afrika se voordeel saam te werk het ’n groot mate van welwillendheid gegenereer wat nie verkwis moet word nie."

Opwinding oor bruin skrywers se werk in die Afrikaanse letterkunde

Jean Oosthuizen Literatuur 2024-06-21

Bekroonde skrywer en kunstenaar Ingrid Winterbach meen daar is veral baie Nederlandse skrywers wat nie wit is nie, wie se werk ook in Afrikaans vertaal behoort te word en vergelyk kan word met bruin Afrikaanse skrywers wat voorheen nie ’n stem gehad het nie. Lees Jean Oosthuizen se verslag van Ingrid Winterbach en Belgiese literêre navorser en akademikus Yves T’Sjoen se gesprek wat vroeër in Junie by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederlands en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands (Kaapstad) plaasgevind het.

RNE met DA en ANC se eerste toets kan maak of breek wees

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-21

"Terwyl Suid-Afrikaners nuuskierig wag om te sien hoe die nuwe RNE gaan lyk wanneer president Cyril Ramaphosa sy kabinet binnekort aankondig, het die toutrekkery tussen die twee grootste partye in die RNE in alle erns begin om hulle spiere te wys."

Ramaphosa waarsku teen ondermyning van die Grondwet en demokratiese instellings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-20

"Die President sê deur hul stemme het Suid-Afrikaners dit duidelik gemaak dat hulle die basiese benodigdhede van ’n lewe wil hê wat gemaklik, gelukkig, gesond en veilig is. Deur hul stemme het hulle gewys dat hulle genoeg kos wil hê om te eet. Water wat skoon is. Bekostigbare elektrisiteit wat altyd beskikbaar is."

Reisende, reuse-houtpop skep bewussyn oor xenofobie

Maryke Roberts Theater 2024-06-19

"Daar is nie veilige skuilplekke en wagte vir elke kind nie. Ook nie verantwoordelike volwassenes wat hulle môre sal kom haal en dan sal alles reg wees nie."

Kenners sê MK-party soek vis op droë grond vir verkiesingsbedrog

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-19

"Jacob Zuma en sy MK-party (MKP) se kanse om die Wêreldhof te oortuig dat die afgelope verkiesing ’n bedrogspul was, is volgens regsgeleerdes en politieke kenners ’n ronde nul."

Alles is in rep en roer vir Ramaphosa se inhuldiging

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-18

"Alles is in rep en roer vir Cyril Ramaphosa se inhuldiging as president in Pretoria, nadat hy verlede week tydens die eerste byeenkoms van die Nasionale Vergadering (NV) na die verkiesing vir ’n tweede termyn as president verkies is."

"Zuma-manuskrip" steeds onvoltooid

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2024-06-14

"Wat politieke waarnemers en konstitusionaliste in die politiek en in die breër samelewing intussen ’n kollektiewe sug van verlugting sal laat slaak, is die vooruitsig dat ’n (ver)swak(te) MK van die mag ontneem sal word om sy ongrondwetlike agenda in werking te stel."

Heftige reaksie oor Wilgenhof se voorgestelde sluiting

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-14

"Vir sommige is die hele bohaai oor Wilgenhof ’n storm in ’n teekoppie en ’n verlies aan tradisie. Ander beskou dit as ’n geleentheid om te wys die universiteit is ernstig om te transformeer tot ’n instelling waar alle Suid-Afrikaners welkom voel. Dit volg nadat die US ’n aanbeveling van ’n paneel aanvaar het dat Wilgenhof, die universiteit se oudste manskoshuis is, gesluit moet word."

Suid-Afrika aangewys as die vriendelikste land ter wêreld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-13

"Die land se inwoners is volgens die studie bekend daarvoor dat hulle warm en verwelkomend is, wat dit maklik maak vir reisigers en besoekers om op hul gemak te voel in Suid-Afrikaners se teenwoordigheid."

Planne oor regering van nasionale eenheid gou bekend

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-12

"Dit wil voorkom of die ANC, DA, IVP en van die kleiner partye mekaar tot ’n redelike mate gevind het. Die besonderhede daarvan moet voor Vrydag se byeenkoms van die Nasionale Vergadering uitgepluis word voordat daar ’n ooreenkoms kan wees."

Tweespraak met Benno Barnard

Yves T’Sjoen, Benno Barnard Interviews 2024-06-11

"Al is het geen Nederlands, ik hoor toch het Nederlands, maar het is weer even magisch als toen ik een kind was en de woorden leerde kennen. Ik herinner me de fysieke rilling die ik als schoolkind bij “grillig” hoorde, “een grillig pad in het bos” in een of ander verhaal, en ik wist niet eens precies wat “grillig” betekende. Dat effect. Het kan zijn (lacht) dat ik slechte Afrikaanse gedichten daarom goed vind."

Nuwe parlement word Vrydag geopen met of sonder die MK-party

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-11

"Die eerste sitting van die nuwe parlement se Nasionale Vergadering, waartydens die nuwe parlementsede ingesweer en die president en speaker verkies sal word, vind op Vrydag 14 Junie plaas."

Uitvoergehalte: In gesprek met Arno Carstens oor Sewe sakke hoop

Izak de Vries, Arno Carstens Muziek 2024-06-07

Arno Carstens het ’n nuwe Afrikaanse kortspeler wat uitkom met die mooi titel Sewe sakke hoop. Die eerste snit “Hoe gaan dit” is reeds bekendgestel en die volle kortspeler is van 7 Junie af beskikbaar. Izak de Vries het hom hieroor en oor sy skilderkuns, wat op Instagram te sien is, ingevra.

Samewerkende regering kry steun sowel as teenstand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-07

"Die moontlikheid van ’n samewerkende regering van nasionale eenheid wat die ANC sowel as die DA insluit, is met uiteenlopende reaksies onder gewone Suid-Afrikaners, politieke partye en vakbonde begroet."

Nuusdekking oor Afrika is goed, maar kan beter

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-06

"’n Span vooraanstaande navorsers uit die Verenigde Koninkryk het ’n verslag bekendgestel wat die neigings en vooroordele wat verband hou met wêreldwye medianarratiewe oor Afrika beklemtoon."

Commonwealth Short Story Prize 2024: Five writers from Africa – an interview with Azags Agandaa

Jannike Bergh, Azags Agandaa Interviews 2024-06-05

"Ghanaians from different parts of the country, including from the north, as well as immigrants from around West Africa, are all trying to eke out a living in here. These people bring in their stories, religions, lived experiences, struggles, cultures and identities into the one basket of Accra."

Dis ’n geskarrel agter die skerms oor ’n nuwe regering vir Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-06-05

"Die volgende week en ’n half sal dus deurslaggewend wees om te bepaal hoe Suid-Afrika se volgende regering gaan lyk en wie die president gaan wees."

Tweespraak met Peter Verhelst: Over het "wye en droewe land"

Yves T’Sjoen, Peter Verhelst Literatuur 2024-06-04

"Zodra het vliegtuig geland was rook ik de lucht, voelde ik de warmte, zag ik kleuren, hoorde ik de weirde muziek van het Afrikaans… Voor iemand als ik die heel erg met zijn lichaam en zintuigen denkt en schrijft, voelde Kaapstad aan als een gigantische bruistablet die tot ontlading kwam."

Verified by MonsterInsights
Top