Actueel
My twee hartkamers: Afrikaans en Nederlands
2024-04-03"Ek is ’n voorstander van interkontinentale verhoudings, maar ek is nie ’n koppelaarster nie. Hoogstens ’n fasiliteerder."
Hof baan die weg vir speaker se moontlike arrestasie
2024-04-03"Regter Sulet Potterill het in haar uitspraak gesê as die hof Mapisa-Nqakula se aansoek sou toestaan, sal die sluise oopgaan en sal alle verdagtes so ’n aansoek by die howe indien om hul arrestasie te voorkom."
Bruggenhoofden: Alfred Schaffer, ’n digter en vertaler van die tussengebied
2024-04-02Hoe bly neem ’n digter en vertaler aan die orde van Alfred Schaffer sy sentrale plek in die kreatiewe tussengebied tussen Afrikaans en Nederlands in, in ’n era waarin so ’n groot verskeidenheid skrywerstemme, tale en temas in die polifonie van multikulturele letterkundes in Afrikaans en Nederlands al hoe meer aandag ontvang? Willem de Vries het gaan luister na Yves T’Sjoen se gesprek met Schaffer op 23 Maart in die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Kaapstad.
ANC hou Suid-Afrika in digitale duisternis, sê DA
2024-04-02"Suid-Afrikaanse gebruikers van die internet word deur die ANC in die digitale duisternis gehou omdat hulle nie van Starlink, die satellietinternetdiens wat deur SpaceX verskaf word, kan gebruik maak nie."
Paaie en grensposte fyn dopgehou gedurende Paasnaweek
2024-03-28"Verkeersowerhede staal hulle vir ’n massiewe toestroming van reisigers op die land se paaie gedurende die Paasnaweek wat môre (Vrydag) begin. Motoriste is gewaarsku teen die oortreding van verkeerswette. Wetstoepassers is aangesê om hul bedrywighede te verskerp om te verseker dat die land se paaie veilig is."
Speaker van die parlement staar wantrouemosie in die gesig
2024-03-27"Mapisa-Nqakula se loopbaan is in die gedrang weens ernstige bewerings van omkopery en korrupsie teen haar wat deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ondersoek word."
Speaker veg in hof teen moontlike arrestasie
2024-03-26"In 2021 het daar fluitjieblasers na vore gekom met bewerings dat Mapisa-Nqakula miljoene rande van weermagkontrakteurs sou ontvang het. Daar is wyd in die media daaroor berig, maar sy het dit deurgaans ontken."
Tweespraak met Alfred Schaffer (deel 1): "Tussen elke taal is daar klowe, al glo ek nie dat hulle onoorbrugbaar is nie."
2024-03-22"Nee, de ónderwerpen, die spraken me aan, de vrijgevochten gekte van Etienne Leroux, het uitgesproken karakter van de geschriften van Steve Biko, de inventiviteit van J.M. Coetzee."
Ramaphosa spog op Menseregtedag terwyl die opposisie steen en been kla
2024-03-22"President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners het baie om te vier 30 jaar na demokrasie en 64 jaar sedert die Sharpeville-slagting toe 69 mense op 21 Maart 1960 dood is."
Speaker se kop moet rol sê opposisiepartye na klopjag
2024-03-21"Opposisiepartye het hulle mes in vir die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Hulle eis haar bedanking nadat die Nasionale Vervolgingsgesag Dinsdag op haar huis in Bruma, Johannesburg toegeslaan het op soek na bewysstukke wat verband hou met korrupsie-aantygings wat teen haar gemaak word."
Hoeveel politieke lewens het Zuma?
2024-03-20"Presies hoeveel politieke lewens Suid-Afrika se vorige president, Jacob Zuma, nog oor het, is ’n raaiskoot wat ’n mens op eie risiko neem, want hier is hy al weer; dié keer in die gewaad van die nuutgestigte uMkhonto we Sizwe-party (MK)."
Omstrede kopieregwet kan dalk steeds gekeer word
2024-03-20"Dit blyk nou dat senior leiers in die ANC al hoe meer bedekkinge begin kry oor die wetsontwerp waarvoor hulle gestem het, en wil keer dat Ramaphosa dit onderteken."
Weermag gevra om met dreigende waterkrisis te help
2024-03-19"Die waterkrisis in dele van die land het nou sulke ernstige afmetings aangeneem dat die DA wil hê die weermag moet help met watervoorsiening waar sulke dienste besig is om in duie te stort."
Misdadigers beskou kerke al hoe meer as sagte teikens vir diefstal en roof
2024-03-15"Die voorvalle van misdaad in en by kerke het dit volgens AfriForum duidelik gemaak dat kerkgemeenskappe nie voorbereid is op die moontlike gevare wat hulle in die gesig staar nie."
Miljoene geblaas op geskorste staatsamptenare wat by die huis sit
2024-03-14"Die amptelike opposisie in die parlement, die DA, is woedend oor die meer as R10 miljoen wat die regering spandeer het aan direkteurs-generaal in die staatsdiens wat die afgelope paar jaar met volle betaling geskors is en by die huis op hulle louere gesit en niks doen het nie."
SASNEV met die Van Ewijck Stigting se prestasieprys vereer
2024-03-13"Die idealis in my wil begin met vertoë rig en wil bewusmakingsgeleenthede uitdink, maar hoe bemark jy hierdie gedeelde erfenisse en praat daaroor met mekaar om die kompleksiteit daarvan beter te verstaan sonder dat ’n hele klomp mense jou as ’n prokolonialis, of te woke, teer en veer?"
Brussel tot Karoo-skrywersresidensie: ’n onderhoud met Vlaamse skrywer Nele Van den Broeck
2024-03-13Die Vlaamse skrywers Nele Van den Broeck en Gerda Dendooven arriveer binnekort in Suid-Afrika vir die Jakes Gerwel Stigting (JGS) en Passa Porta (’n internasionale literatuurhuis in Brussel) se jaarlikse skrywersresidensie by Paulet Huis in KwaNojoli (Somerset-Oos) in die Oos-Kaap. Menán van Heerden gesels met Nele Van den Broeck oor haar werk.
Johannesburg op die randjie van katastrofiese watervoorsieningskrisis
2024-03-13"Duisende inwoners van Johannesburg moes dié week ’n tweede week sonder water in die gesig staar omdat reservoirs wat groot dele van Randburg en die westelike dele van die stad voorsien, buite werking is."
Suid-Afrikaners is gereed vir ’n koalisieregering
2024-03-12"Meer as ’n kwart van Suid-Afrikaners is ook meer geneig om vir opposisiepartye te stem sedert die Veelpartyhandves se bekendstelling."
Persbericht: Tom Lanoye laureaat Prijs der Nederlandse Letteren 2024
2024-03-12Tom Lanoye is de eerste Vlaamse auteur sinds 2012 (Leonard Nolens) die de Prijs der Nederlandse Letteren ontvangt.