Actueel

Vrae oor handtekeninge kan ’n skadu werp oor vry en regverdige verkiesing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-30

"Te midde van die nuwe vrae oor die egtheid van sommige van die handtekeninge, het Sy Mamabolo, hoofverkiesingsbeampte van die OVK, gesê die onus rus op die kandidate wat die handtekeninge indien om die verkiesingsgedragskode te eerbiedig."

Amnestie Internasionaal sê rooi ligte flikker vir Suid-Afrika 

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-26

"Van die uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, en in die verslag uitgelig word, is geslagsgeweld, die hoë moordsyfer en toegang tot veilige drinkwater."

Outa kla oor kultuur van geheimhouding by openbare entiteite

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-25

"Sanral se weiering om die inligting bekend te maak, gaan oor ’n kontrak van R4,7 miljard met AquaEXR."

Fotoblad: Afrikaanse digters op literêre reis deur Nederland en België

Willem de Vries Meningen 2024-04-24

"Alwyn Roux en Tom Dreyer het in Maart in Nederland en België hul onderskeie bundels Weerskyn en Nou in infrarooi bekendgestel aan die hand van verskeie kennismakings, gesprekke en voorlesings."

Digters Dreyer en Roux toer Lae Lande met hul bundels Nou in infrarooi en Weerskyn

Willem de Vries Literatuur 2024-04-24

"Tom Dreyer en Alwyn Roux se poësiebundels, onderskeidelik Nou in infrarooi en Weerskyn, is allerweë gunstig ontvang en onlangs in Nederland en België bekendgestel. Willem de Vries berig oor een só ’n geleentheid in die Poëziecentrum in Gent waar Jürgen Pieters, ’n literatuurwetenskaplike verbonde aan die Universiteit van Gent, ’n gesprek met die digters gelei het."

ANC dreig en trap water oor uitgelekte opname

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-24

"In die opname kan na bewering gehoor word hoe Ramaphosa die media wil manipuleer en aan partylede die Leviete voorlees voor die Mei-peilings om te verseker dat hulle die verkiesing wen."

Zuma se party glimlag al die pad stembus toe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-23

"Maandag se uitspraak word beskou as ’n beduidende oorwinning vir MK voor die algemene verkiesing van 29 Mei. Zuma se ondersteuners het in die hof gejuig en gesing nadat die uitspraak gelewer is."

NGV-wet laat alarmklokke lui, sê staatsamptenare

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-19

"Volgens vorige ramings sal die regering nagenoeg R200 miljard per jaar benodig om die NGV te onderhou."

Bela-wetsontwerp maak steeds opslae

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-18

"Die Bela-wetsontwerp herinner aan die verengelsingsbeleid wat Britse owerhede kort ná die Anglo-Boereoorlog in skole toegepas het. Só sê die jeugorganisasie AfriForum Jeug."

Zuma se vroeë vrylating uit die tronk ontketen ’n "misdaadgolf"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-17

"Ramaphosa het in Augustus verlede jaar 16 472 gevangenis ingevolge ’n spesiale remissieprogram (SRP) vrygelaat onder die dekmantel van die vermindering van oorbevolking in die tronke."

’n Nuwe stryd om die hart en siel van die Kaap van Goeie Hoop

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2024-04-16

"Maar weens die gesogtheid van die provinsie as ’n kroonjuweel in die land – vergeleke met ander provinsies – is daar meer as genoeg rede vir die ANC en ander partye om te strewe na die beste wetgewerkantore in die straat met die Nederlandse naam – Waalstraat – in die Moederstad. Dit is kompleet asof ons teruggekeer het na die dae van kolonialisme toe daar geveg is om beheer van die Kaap van Goeie Hoop."

Dominee se eggenoot en beweerde moordenaar neem glo eie lewe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-16

"Die staat het vroeër vanjaar ook ’n klag van bedrog teen De Jager bygevoeg en aangevoer dat sy vermoorde vrou se testament verander is wat hom die enigste begunstigde maak. Volgens die staat het hy verskeie pogings aangewend om ’n polis van sy oorlede vrou in sy guns te laat uitbetaal."

Woorden laten struikelen

Jef Boden Meningen 2024-04-15

"Op de achtergrond wroeten talen vaak voor een plekje onder de zon. Kan je Wales bezoeken zonder een inwoner Welsh te horen spreken? Dan ligt het moeilijker voor het Koerdisch in Turkije. In mijn contacten met vluchtelingen heb ik ook al de pijnlijke stelling gehoord dat het Oekraïens voor sommigen maar een kreupel taaltje is naast het Russisch. Dan wordt niet vermeld dat er aan de Sorbonne reeds in 1643 een Oekraïense grammatica was en dat Taras Tsjevtsjenko twee eeuwen geleden met zijn moderne literatuur schitterde."

Ramaphosa se rol in Zuma-herlewing

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2024-04-13

"Dit is die Suid-Afrikaanse president se skuld. Matamela Cyril Ramaphosa het gedog hy doen die regte ding toe hy in Augustus verlede jaar 'spesiale remissie' aan sy voorganger, Jacob Zuma, toegestaan het."

Munisipaliteit moet miljoene opdok vir besoedeling van waterbronne

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-12

"Govan Mbeki-munisipaliteit se burgemeester, Nhlakanipho Zuma, het aan Newzroom Afrika gesê hulle aanvaar die boete van R200 miljoen wat die Bethal-landdroshof opgelê het vir die oortreding van omgewingwette."

Beurtkragverligting laat steeds duisende Suid-Afrikaners in die donker

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-11

"Die minister het bevestig dat 1 135 transformators regoor die land nie werk nie. Die provinsies wat die swaarste getref word, is Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Oos-Kaap."

Brussel tot Karoo-skrywersresidensie: ’n onderhoud met Vlaamse skrywer Gerda Dendooven

Menán van Heerden, Gerda Dendooven Interviews 2024-04-10

"Eigenlijk kan alles besproken worden in een kinderboek. Kinderen leven in dezelfde wereld als volwassenen, dus stellen ze vragen bij wat ze zien op televisie, in de straat… een boek kan helpen om bepaalde thema’s bespreekbaar te maken. Voor kinderen pas je je woordenschat aan en je schrijft bevattelijk. Maar je mag kinderen niet onderschatten. Ze kunnen veel aan, denken na over dingen die soms moeilijk zijn, dus een verhaal kan helpen." Menán van Heerden het met Gerda Dendooven gesels oor haar werk voordat die skrywersresidensie afgeskop het.

Dis nou Zuma teen Ramaphosa in vanjaar se verkiesing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-10

"Die Kieshof het in die guns van die MK-party en oudpresident Jacob Zuma beslis in die saak waarin die OVK hom verbied het om hom verkiesbaar te stel om na die parlement terug te keer."

On postcolonialism and the neerlandophone perspective: an interview with Elleke Boehmer

Elleke Boehmer, Luan Staphorst Interviews 2024-04-09

"A dialogue between anglophone and neerlandophone perspectives has developed to some extent across the past decade or so, especially in the work of Pamela Pattynama, Jacqueline Bel, Rick Honings, Coen van ‘t Veer and Marijke Denger, on especially Southeast Asian and Indonesian writing and culture; and from Rosemarie Buikema, Sarah de Mul, my co-editor, and others, on gender and postcolonial representation. It has also emerged through the impact of the decolonial debate on museum cultures in the Netherlands and Belgium."

Gift of the givers sit hand by ná verwoestende storms

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-04-09

"Gift of the Givers het ’n beroep op die regering gedoen om weer na wetgewing te kyk wat sy verskillende departemente toelaat om toegang tot fondse te verkry en dit onmiddellik na ’n ramp aan te wend."

Verified by MonsterInsights
Top