Actueel
Internetvryer swendel miljoene uit verliefde vrou
2024-03-08"Die polisie het veral vroue gemaan om waaksaam te bly om nie die prooi te word van swendelaars wat hulle die maan en die sterre beloof, maar in werklikheid besig is om hulle uit al hulle geld te bedrieg nie."
VBS-verdagtes in hof oor beweerde plundering en korrupsie
2024-03-07"Teen November verlede jaar was 32 mense reeds in hegtenis geneem vir hul aandeel in die VBS-skandaal. Min mense is tot dusver gevonnis, en ’n skikking buite die hof het baie slagoffers kwaad gemaak."
Spanning in Bloemfontein op breekpunt namate grondbesetting voortduur
2024-03-06"Die spanning in Bloemfontein is besig om toe te neem namate grondbesetters voortgaan om onwettige strukture op te rig en leë grond aangrensend aan woongebiede vir bewoning op te eis."
Duisende plakkers sak op Bloemfontein toe
2024-03-05"Die burgemeester van die omstrede Mangaung-metro, Gregory Nthatisi, het gesê ’n groep plakkershutte wat by Brandkop 702 en Uitbreiding 148 naby Pellissier in Bloemfontein opgerig is, sal vir eers bly staan terwyl die munisipaliteit probeer om ’n blywende oplossing te vind."
Johannesburg se waterkrisis raak al erger
2024-03-01"Johannesburg het vanjaar nog nie ’n dag sonder wateronderbrekings gehad nie en kenners waarsku dat dinge erger kan word."
Skadelike kopieregwetsontwerp voor parlement
2024-02-29"Drie plaaslike skrywersverenigings, PEN Afrikaans, ANFASA en PEN Suid-Afrika, het ook gevra dat Suid-Afrikaners hulle stem dik maak teen die wetsontwerp. Hulle het in samewerking met die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (PASA) ’n petisie beskikbaar gestel as deel van ’n gesamentlike protesaksie teen die wetsontwerp, wat vandag vir aanvaarding voor die Nasionale Vergadering sal dien."
Omstrede Bela-wet beslis hof toe
2024-02-28"Indien die wet deurgevoer word, sal dit aan provinsiale hoofde van onderwysdepartemente die mag gee om ’n finale besluit oor ’n skool se taal- en toelatingsbeleid te neem. Die rol van skoolbeheerliggame sal dus aansienlik kleiner wees."
Cele uit alle oorde gekap omdat hy in polisiehelikopter na ANC-funksie vlieg
2024-02-27"Die minister van polisie, Bheki Cele, bevind hom vir die soveelste keer in die middel van ’n politieke storm nadat hy die afgelope naweek met ’n polisiehelikopter by die ANC se manifesbekendstelling by die Moses Mabhida-stadion in Durban opgedaag het."
Misdadigers in metropolitaanse polisie wek kommer
2024-02-23"Volgens die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Letlhogonolo Moseki, is 3 449 vingerafdrukke van die metro se polisiebeamptes tydens die laaste oudit van 2022 geneem en vir verwerking aan die provinsiale polisiekommissaris se kantoor gestuur."
Verkiesingsdatum wyd en syd verwelkom
2024-02-22"Al die politieke partye het ’n beroep gedoen op kiesers wat nog nie geregistreer het nie, of wat voor die verkiesing gaan verhuis, om steeds die nodige reëlings te tref om te stem. Die proklamasie om die datum te verklaar sal enige dag uitgereik word, waarna kieserregistrasie sal sluit."
Buurtwag gebruik hommeltuig om tikgebruikers en dwelmsmouse vas te trek
2024-02-21"Tydens die SAPD se patrollie het die hommeltuig in die lug gebly om enige verdagtes te volg en die polisie op hulle spoor te hou."
Marlene Dumas skenk portret van Elisabeth Eybers aan Wits-kunsmuseum
2024-02-20Marlene Dumas het haar portret van Elisabeth Eybers (1915–2007) aan die Wits-kunsmuseum (WAM) se permanente versameling geskenk. Menán van Heerden gesels met Ena Jansen oor Elisabeth Eybers en die skenking.
Referendumparty deur Veelpartyhandves die rug toegekeer oor Wes-Kaapse onafhanklikheid
2024-02-20"Die Referendumparty, wat hulle beywer vir die Wes-Kaap se afstigting van die res van die land, is vies omdat al 11 politieke partye van die Veelpartyhandves hulle die rug toegekeer het toe hulle deel van die Veelpartyhandves wou word."
België en Suid-Afrika: 30 jaar se betrekkinge
2024-02-19Geraldine Reymenants, algemene verteenwoordiger van die regering van Vlaandere in Suider-Afrika, het op Saterdag 17 Februarie by Sasnev (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in Pinelands, Kaapstad, gesels oor die afgelope 30 jaar se betrekkinge tussen Vlaandere en Suid-Afrika. Erwin Rode (voorsitter van die Orde van die Prinse, afdeling Kaapstad) stel vir haar in hierdie podsending voor.
SA soldate sterf in DRK nadat Ramaphosa daaroor gewaarsku is
2024-02-16"Skaars ’n dag nadat president Ramaphosa gewaarsku is dat dit roekeloos is om byna 3 000 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die oostelike Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) te ontplooi, is twee van die soldate in ’n mortieraanval dood en drie beseer."
Suid-Afrika wag (weer) op ’n kaptein
2024-02-15"Maar kritici was geregverdig daarin om vinnig die tekortkominge uit te wys toe Ramaphosa in sy staatsrede ’n denkbeeldige dertigjarige Tintswalo opgediep het om te illustreer hoedat sy deur die regering se HOP-huisie aan haar ouers, met lopende water en elektrisiteit, ’n Sassa-toelaag, NSFAS-beurs en teikens vir billike indiensneming, ’n goeie verhaal het om van drie dekades van die demokrasie te vertel. Die lewe van Tintswalo het vir sterk meningsverskille gesorg, nie slegs die aand nadat Ramaphosa sy staatsrede gelewer het nie, maar ook gedurende die debat oor die staatsrede die afgelope week."
Gewese "kitskospremier" meen beurtkrag is nie die einde van die wêreld nie
2024-02-15"’n ANC-parlementslid wat tydens die bespreking van president Cyril Ramaphosa se staatsrede gesê het beurtkrag is nie die einde van die wêreld nie, het Suid-Afrikaners en opposisiepartye warm onder die kraag."
Bruggenhoofden by SASNEV: Yves T’Sjoen lei saam met Louise Viljoen gesprekreeks in oor letterkundes
2024-02-14Louise Viljoen en Yves T’Sjoen, albei gerekende literatore wat aansluitend werk in transnasionale verband oor aspekte van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, het op 27 Januarie 2024 in die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, ’n voorstad van Kaapstad, gesels, berig Willem de Vries.
Bafana se "brose" reis na brons
2024-02-14"Nou sing almal ’n ander deuntjie oor die span, wat dit wonderbaarlik kon regkry om derde te eindig, terwyl hulle beslis meer as een geleentheid gehad het om tot in die eindstryd te vorder. Die groot gesprekspunt was dat weinig ’n sokkerkenner dit verwag het dat Bafana deur die groepfase na die laaste sestien spanne sou deurdring."
Zuma se party besig om ANC erg te knou
2024-02-14"Met minder as twee weke oor voordat president Cyril Ramaphosa die datum vir vanjaar se landwye nasionale en provinsiale verkiesings bekend maak, wil dit voorkom of die ANC se steun besig is om soos water deur ’n sif te loop – as die jongste meningspeilings in die kol is."