Actueel

Cholera-uitbraak kan ’n landwye krisis word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-25

"Die cholera-uitbraak by Hammanskraal in Gauteng wat reeds byna 20 lewens geëis het, is moontlik nie net tot Tshwane beperk nie en kan ’n landwye krisis word."

Wet op raskwotas kan duisende se werk kos

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-24

"Die voorgestelde kwotas in die Wysigingswet op Diensbillikheid sal veroorsaak dat minstens 220 000 wit mense, 85 000 bruin mense en 50 000 Indiërs hul werk in Gauteng alleen verloor."

Universiteit van Fort Hare word glo deur ANC gekaap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-23

"Verskeie senior lede van die ANC is na bewering betrokke by ’n bedrogspul met grade wat sedert 2013 deur die Universiteit van Fort Hare (UFH) aan hulle uitgereik is. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle kwalifikasies op onwettige wyse van die universiteit verkry het."

Uitgewer doen regstappe teen onwettige verspreiding van De Ruyter se boek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-18

"Die uitgewers van die voormalige Eskom-baas, André de Ruyter, se boek Truth to power gaan regstappe doen teen diegene wat voortgaan om elektroniese roofkopieë daarvan te versprei."

Suid-Afrikaanse kinders se leesbegrip van die swakste ter wêreld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-18

"Suid-Afrikaanse kinders se leesvaardigheid laat veel te wense oor en is van die swakste ter wêreld. Meer as 80% van die land se leerlinge in graad 4 beskik nie oor die vermoë om met begrip te kan lees nie."

Werkloosheid in Suid-Afrika van die hoogste ter wêreld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-17

"Suid-Afrika se werkloosheidsyfer is steeds van die hoogste ter wêreld. Werkloosheid het in die eerste kwartaal vanjaar tot 32,9% gestyg vergeleke met die vorige syfer van 32,7%."

Suid-Afrika trap water oor Rusland

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-16

"Te midde van bewerings die afgelope week dat dit met die op- of aflaai van wapens te doen het, weier die Suid-Afrikaanse regering om besonderhede van die skip se besoek met die res van die wêreld te deel."

Covid-ongerymdhede beloop miljarde

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-12

"Van die sowat 5 000 kontrakte waarvan die ondersoeke afgehandel is, is daar onreëlmatighede in 2 965 kontrakte geïdentifiseer, met ’n yslike waarde van R8,9 miljard."

Eskom: Wie beskerm vir wie?  

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-11

"Terwyl parlementslede gepoog het om agter die kap van die byl te kom oor ernstige bewerings van bedrog, korrupsie, wanadministrasie en ander misdaad by die kragvoorsiener, het die betrokke partye die bal soos ’n warm patat van die een na die ander aangegee."

Maties twis voort oor rektor se bedanking

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-10

"Dit volg op ’n oor-en-weer-woordestryd per korrespondensie tussen Heunis en een van die konvokasielede, Louise van Rhyn, wat namens 248 lede van die US-konvokasie ’n ultimatum aan Heunis gestel het dat hy teen vandag (Woensdag) moet antwoord wanneer hy so ’n vergadering sal belê."

SA sal sy burgers in die steek laat as hy die Internasionale Strafhof verlaat

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-09

"Die Russiese president, Wladimir Poetin, moet ver van Suid-Afrika af bly totdat sy naam wetlik skoongemaak is. Geen Suid-Afrikaanse wetgewing moet gewysig word net om hom, of enigiemand anders, vir een besoek te beskerm nie."

Suid-Afrika skarrel rond oor Poetin se voorgenome besoek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-05

"As ’n ondertekenaar van die IS se Rome-statuut is Suid-Afrika wetlik verplig om die lasbrief uit te voer indien Poetin in die land aankom."

Beleidsekretaris Solveigh Bijkerk en Taalunie verbind tot hegte samewerking

Willem de Vries, Solveigh Bijkerk Interviews 2023-05-04

Solveigh Bijkerk is sedert einde 2022 die beleidsekretaris van die Taalunie. Sy het oor die belangrikheid van internasionale bande vir die neerlandistiek en die bevordering van samewerking – waarvan die Taalunie se wisselleerstoel in Suid-Afrika ’n vergestalting is – met Willem de Vries gesels.

Nepotisme-ondersoek teen US-rektor moet gou afgehandel word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-04

"Die ondersoek sal gelei word deur oudregter Carole Lewis wat as voorsitter van die komitee optree. Sy sal bygestaan word deur twee US-raadslede, Helena Conradie en Ziyanda Stuurman."

Suid-Afrika se maritieme belange in gevaar

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-03

"Outa sê Samsa se leierskapskrisis het die instelling kwesbaar gelaat, en dit kan maklik tot ’n nasionale en internasionale krisis eskaleer."

AfriForum het lof vir Lesufi se misdaadplan

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-05-02

"Lesufi het hom verlede jaar tydens sy eerste provinsiale rede daartoe verbind om misdaad, wetteloosheid en vandalisme in Gauteng te bekamp. Hy het gesê dit is ’n top prioriteit vir die provinsiale regering."

André de Ruyter se getuienis skep meer vrae as antwoorde

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-28

"Vyftien maande, en ongeveer R50 miljoen later, het die ondersoek volgens News24 se berig niks anders as blote vermoedens en twyfelagtige inligting opgelewer nie."

Suid-Afrika slaan bollemakiesie oor die Internasionale Strafhof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-27

"President Cyril Ramaphosa en die ANC se dubbelpratery oor Suid-Afrika se deelname aan die Internasionale Strafhof (IS) het die afgelope week groot verwarring gesaai oor die land se posisie ten opsigte van die hof."

Iets goeds om op Vryheidsdag te vier?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-04-26

"Terwyl Mandela met reëlmaat aangehaal word, is daar een spesifieke aanhaling van Hani wat darem ook ’n permanente staanplek ingeneem het in die galery van gróót uitsprake of toesprake: 'What I fear is that the liberators emerge as elitists who drive around in Mercedes Benz’s and use the resources of this country to live in palaces and to gather riches.'"

Nog ’n metroburgemeester se kop rol

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-26

"Die tempo waarteen burgemeesters in die land se metro’s stoele verwissel duur steeds voort. Die jongste van ’n reeks burgemeesters om wie se nek die goue ketting van korte duur gehang het, is Johannesburg se Thapelo Amad."

Verified by MonsterInsights
Top