Actueel
Cele spandeer glo miljoene op eet en drink terwyl misdaad floreer
2022-08-12"In ’n gesprek met eNCA het die minister besonderhede oor die skokkende aanval gegee, onder andere dat een vrou deur 10 mans verkrag is. Hy het gesê een van die ander vroue was 'gelukkig' om deur net een man verkrag te word."
Een cadavre exquis van Breyten Breytenbach in het Nederlands
2022-08-11"De fraai uitgegeven bundel met gedichten, prozateksten en tekeningen mocht ik ontdekken in de collectie Ernst van Heerden van het Poëziecentrum ... Cadavre Exquis bevindt zich in een omvangrijke verzameling met breytenbachiana, deel van een imposante poëzieverzameling in Afrikaans ... Het is mij niet bekend of in de Breytenbachstudie elders aandacht is besteed aan de Zweeds/Nederlandse uitgave (1991/2005). Ter illustratie neem ik enkele tekeningen over uit de Brumes Blondes-uitgave."
Ondersoek gevra na die haglike toestande in staatshospitale
2022-08-11"Die Menseregtekommissie is gevra om ondersoek in te stel na die swak behandeling van pasiënte in staats- en provinsiale hospitale en die haglike toestande wat by sommige van die hospitale heers."
Regering kry uit alle oorde slae op Vrouedag
2022-08-10"Politieke partye en burgerregte-organisasies aan weerskante van die politieke spektrum het Dinsdag tydens Vrouedag uitgevaar teen die regering se skynbare onvermoë om Suid-Afrika se vroue teen geweld te beskerm."
Vrouedag in die skadu van geslagsgeweld verkragtings, aanrandings en moorde gevier
2022-08-09"Wat betref geslagsgeweld het Ramaphosa gesê verkragters het geen plek in die samelewing nie. Hy het ’n beroep op gemeenskappe gedoen om saam met die polisie te verseker dat hierdie misdadigers aangekeer en vervolg word. Hy sê gemeenskappe moenie toelaat dat misdadigers in hul midde skuil nie."
Interuniversitaire samenwerking op het gebied van Afrikaans en Nederlands
2022-08-05"Sinds 2019 loopt bij Unisa het VisionKeeper-project 'Om Afrika te verbeel' in de latere lyriek van Breyten Breytenbach. Samen met Alwyn Roux mag ik het wetenschappelijk onderzoek verrichten. Het project is na de pandemie een nieuwe fase ingetreden: collega Roux is te gast bij de Universiteit Gent op uitnodiging van het Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika. Het studieverblijf is een aanleiding om recente onderzoekoutput voor het voetlicht te houden."
Seldsame konsolidasie van opposisiepartye teen Ramaphosa
2022-08-05"In ’n seldsame gebaar van solidariteit in die Suid-Afrikaanse politiek het opposisiepartye met uiteenlopende beginsels en oortuigings kragte saamgesnoer om antwoorde uit president Cyril Ramaphosa te kry oor die beweerde gebeure op sy wildplaas."
SAVN Nederlandse Winterschool (Julie) – ’n perspektief deur Leona Conradie, MA-student aan die Universiteit van Wes-Kaapland
2022-08-04"Die doel van hierdie week lange Nederlandse winterskool te Hartenbos was om universiteitstudente wat Afrikaans en Nederlands as vak het, meer van die Nederlandse taal [en letterkunde] te leer ... Ek was weer tussen mense wat soos ek dink, maar die beste van alles was dat ek tussen mense was wat op ’n kritiese wyse met my kon verskil."
Eskom se liggies brand alweer flouer die week
2022-08-04"Volgens die DA word die parlement se oorsigfunksie ondermyn omdat die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nie wil toegee aan ’n versoek van die DA vir ’n ad hoc-komitee om toesig te hou oor Ramaphosa se nasionale energiekrisiskomitee (Necom) en die implementering van sy energieplan nie."
Bheki Cele het polisie se reserwemag “uitgewis”
2022-08-03"In 2011/12 was daar 52 054 SAPD-reserviste regoor die land. Tien jaar later sit die SAPD nou met net 4 393 reserviste."
Petrolprysdaling kon byna ses keer meer gewees het, sê DA
2022-08-02"Terwyl die laer brandstofpryse wat Woensdag in werking tree, allerweë verwelkom word, meen opposisiepartye die regering kan baie meer doen om vuisvoos Suid-Afrikaanse motoriste tegemoet te kom."
ANC se rasvoorstel vir skole is "ondeurdag, onsinnig en onprakties"
2022-07-29"Nodada sê hierdie voorgestelde rassemanipulering deur die ANC is sterk in ooreenstemming met hul steun vir die drakoniese wysigingswetsontwerp op basiese-onderwys-wette (BELA) en veral die 'Lesufi-klousule' wat poog om skoolbeheerliggame te ontmagtig."
Verdeelde ANC wil red wat daar te red is
2022-07-28"Die konferensie, wat vandag (Donderdag 28 Julie) begin, duur tot Sondag. Dit volg kort op die hakke van die party se provinsiale verkiesingskonferensie in KwaZulu-Natal (KZN) waar die Zuma-faksie die oorhand gekry het."
Ramaphosa kort straks "kragdadigheid" vir sy kragplan
2022-07-28"Uiteindelik dui sy (langverwagte) aankondiging van die kragplan heel moontlik veral daarop dat ’n staatshoof nie noodwendig 'daadkragtig' of 'kragdadig' hoef op te tree om op beslissende of kragtige wyse leiding te gee nie. Maar dalk sal dit juis nodig wees om te verseker dat die plan tot spoedige en suksesvolle uitvoering kom."
Ramaphosa se kragplan sal fyn dopgehou word
2022-07-27"President Cyril Ramaphosa se regrukplan om die land se energiekrisis te oorkom, is met gemengde gevoelens deur politieke partye en energiekenners ontvang."
Bekende letterkundige ontruim sy pos na omstrede rubriek
2022-07-26"Die storm wat in die Afrikaanse letterkunde losgebars het oor ’n omstrede rubriek deur een van die land se bekende letterkundiges, Hennie van Coller, het gelei tot sy bedanking as voorsitter van die Letterkundekommissie én as raadslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns."
Algemeen-Nederlands Verbond (Afdeling Kaapstad) en Zuid-Afrika
2022-07-25"De nieuw opgerichte leerstoel Nederlandse taal- en letterkunde & cultuurkunde in Zuid-Afrika (vanaf 2022: https://neerlandistiek.nl/2019/09/nieuwe-leerstoel-nederlands-in-zuid-afrika/) is vast en zeker meer inclusief, met oog voor cultureel-etnische diversiteit, de uitkomst van samenspraak tussen docentenplatformen voor neerlandistiek (Kaapse Forum en Noordelijk Kennisnetwerk), SAVN (Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek) en departementen Afrikaans en Nederlands in Zuid-Afrika en in Namibië."
ANC hou asem op vir KZN se verkiesingskonferensie
2022-07-22"KZN is ’n sleutelprovinsie vir die ANC. Die uitkoms van die verkiesing kan ’n deurslaggewende rol speel in die rigting wat die party besig is om in te slaan onder die leierskap van president Cyril Ramaphosa."
Weerstand bou op teen Eskom se "absurde" tariefverhogings
2022-07-21"Dit volg nadat Eskom in sy jongste aansoek benewens ’n stewige verhoging ook gevra het dat ’n tarief van R938 per maand op verbruikers gehef word wat self krag opwek."
Jan Publiek moet opdok vir ministers se kragopwekkers
2022-07-20"Die bedrag wat die belastingbetalers in Suid-Afrika moet opdok om ministers se ligte te laat brand terwyl die res van die land in die duister tas, beloop reeds byna drie miljoen rand."