Actueel
De dood in vele gedaantes: Gedachten en gedichten bij het overlijden van Remco Campert (1929–2022)
2022-07-15"Zonder de dood, geen leven. Zonder dood, geen poëzie. Vaarwel Remco."
Ramaphosa gaan land self inlig oor kragkrisis
2022-07-15"Die vermoede is dat hy die land binne ’n dag of wat, soos tydens die Covid-pandemie, sal toespreek om die publiek in te lig oor die regering se planne om die huidige krisis te bowe te kom."
Burgerlike organisasies eis hernubare energie om kragkrisis te verlig
2022-07-14"’n Groeiende lys van Suid-Afrikaanse burgerlike organisasies wat bekommerd is oor die land se energiekrisis, doen ’n beroep op die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, om onmiddellik toe te laat dat nuwe hernubare energie geskep en aan die kragnetwerk gekoppel word."
Menseslagtings, asielsoekers, betogers en ’n brand
2022-07-14"Nederland sê jammer oor slagting in Srebrenica; ’n Antwerpse universiteitsgebou staan in ligte laaie; asielsentrum is so vol, migrante slaap buite; die polisie skiet glo op 16-jarige boerebetoger; en nóg ’n skraagdosis wink in die Lae Lande."
Ministers spring beurtkrag vry, maar hospitale nie
2022-07-13"Dit is skandalig dat die Bryntirion-landgoed, ’n klein woonbuurt in Pretoria waar die amptelike wonings van Ramaphosa se kabinet geleë is, vrygestel is van beurtkrag terwyl hospitale nie is nie."
Taverne-slagtings die gevolg van wettelose samelewing
2022-07-12"Pieter Groenewald sê in sy verklaring die gebreke in Suid-Afrika se strafregstelsel word onderstreep deur die feit dat ’n misdadiger se kans om met misdaad weg te kom, sowat 80% is. Hy sê misdadigers vrees nie meer die polisie nie en hulle word nie afgeskrik deur ontoereikende strawwe sou hulle wel voor ’n hof gebring word nie."
Met Remco Campert (1929–2022) werd literatuur een feestje
2022-07-11"Het is niet eenvoudig om met één woord of zinsnede het werk van Remco Campert te duiden."
The impact of Bo-Kaap gentrification: an interview with Aidan Africa
2022-07-11"Heritage protection can at best protect the symptom of gentrification (eg by preserving the unique design of the Bo-Kaap’s homes), but it is much less able to protect the very life of the neighbourhood …" Menán van Heerden chats to UCT masters student Aidan Africa about his honours research, "Sense of place: Gentrification experiences of Bo-Kaap’s long-term residents".
Bekroonde skrywer Antjie Krog word Offisier in die Orde van die Kroon (België)
2022-07-08Op ’n koue wintersaand in die Kaap het die Belgiese ambassadeur, Didier Vanderhasselt, die titel Offisier in die Orde van die Kroon (België) aan die Suid-Afrikaanse skrywer, Antjie Krog toegeken. Bekende gesigte het hierdie gesellige geleentheid (vir ’n verandering sonder maskers!) by die Centre for the Book te Kaapstad op 7 Julie 2022 bygewoon. Menán van Heerden vertel meer.
Het die nag vir Suid-Afrika aangebreek?
2022-07-08"Hier sit ons nou, almal tesame, arm en ryk, sonder aansiens des ras, geloof of geslag, gyselaars van die oorblyfsels van staatskaping en voortgesette ondermyning van enige poging om herstelwerk te doen."
Beurtkrag het verwoestende uitwerking op die ekonomie
2022-07-08"Busi Mavuso, uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, sê daar is net een manier om te verseker dat die land nie weer sulke gebeurtenisse in die gesig staar nie en dit is om die bronne van elektrisiteit in Suid-Afrika te diversifiseer."
Voortdurende protesaksie, moordverdagtes, en die dood van ’n reus
2022-07-07"Nederlandse boere is steeds woedend oor die besluit dat stikstofproduksie in sommige dele verminder moet word en versper weer hoofroetes; nóg verdagtes aangekeer vir die moord op Peter R de Vries; Noord-Holland en die Nederlandse Bank bied verskoning aan vir slawerny; ’n Belgiese welsynswerker is al vyf maande agter tralies in Iran; en die skrywer Remco Campert is op 92 oorlede."
Cele onder skoot na woede-uitbarsting
2022-07-07"Cameron het Cele verder die harnas ingejaag toe hy hom nooi om sonder sy lyfwagte en deftige motor self op grondvlak te gaan kyk wat in die townships aangaan ten opsigte van misdaad en om die gebrek aan polisiëring eerstehands te aanskou. Nadat Cameron sy kommer oor die hoë misdaad in Gugulethu uitgespreek het, het Cele hom aangesê om stil te bly en te gaan sit."
DA ruk op na Lesufi se kantoor om oor onderwyswet te betoog
2022-07-06"Die regering se voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) het Dinsdag weer onder skoot gekom toe die DA daarteen betoog het by die kantore van die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi."
Suid-Afrika wemel van fopnuus en vals inligting
2022-07-05"Suid-Afrikaners word oorval met fopnuus en vals inligting wat op aanlyn platforms versprei word."
Opposisiepartye eis spoedige optrede na Zondo-verslag
2022-07-01"ActionSA en die DA het die afgelope week albei laat blyk dat hulle nie daarvoor te vinde is dat daar langer gesloer word om die moontlike skuldiges aan die pen te laat ry nie."
Kunsroof, ’n stinkstorie oor stikstof en die koning ry trein
2022-06-30"Vier rowers het Maandag helder oordag ’n kunsbeurs in Maastricht beroof; Nederlandse boere is woedend oor die kabinet se stikstofbeleid; minstens een persoon is dood toe ’n tornado deur Zeeland getrek het; die pandemie hou steeds hospitale besig; en Nederlandse koningspaar besoek Oostenryk."
Optrede geëis na tieners se dood in taverne
2022-06-30"Koolstofmonoksied is ’n kleurlose, reuklose giftige gas wat ook geen smaak het nie. As jy dit inasem, kan dit jou doodmaak, veral as jy aan hoë vlakke blootgestel word."
Onwettige stakers dwing Eskom op sy knieë
2022-06-29"By fase 8, skat Eskom, sal die gemiddelde Suid-Afrikaner vir 50% van die tyd van krag voorsien word, met verbindings wat vir 12 uur uit elke 24 afgeskakel is."
Ramaphosa wil ’n nuwe blaadjie omslaan
2022-06-28"Dit is moeilik om te dink dat enige president in enige demokrasie so ’n skerp beoordeling deur die land se hoofregter van sy integriteit en vermoë kan oorleef. Die vraag is egter wie neem oor as Ramaphosa dit nie oorleef nie."