Actueel

Rooibostee, awê en oepsies

Menán van Heerden Cultuur 2022-04-04

"Is ontasbare kultuurerfenis ’n grafiese uitbeelding van ’n volstruis op die logo van ’n restaurant in Amsterdam wat jy móét afneem want dit herinner jou aan huis? Of in Lissabon graffiti wat die Afrikaanse woord 'bok' in het, waarvan jy ook ’n foto neem? Is dit iemand wat oorkant jou in ’n stil trein op pad York toe in Engeland ná ’n foon-oproep vir jou in Afrikaans vra: 'Is jy van die Kaap?'"

Zuma se Stalingrad-trein se stoom is op

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-01

"Die Hoogste Hof van Appèl het Donderdag vier petisies van Zuma teen sy vervolging met koste van die hand gewys. Zuma wou hê dat die staatsadvokaat, Billy Downer, hom aan die saak moet onttrek omdat hy glo bevooroordeeld teenoor Zuma is. Die oudpresident wou ook hê dat getuies geroep moet word om sy bewerings te staaf dat die staat onregverdig teenoor hom optree."

Ramptoestand word dalk volgende week beëindig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-31

"Die publiek het tot môre (Vrydag 1 April) geleentheid om kommentaar te lewer op die voorgestelde regulasies voordat dit finaal in die Staatskoerant gepubliseer word en die huidige regulasies herroep sal word."

Poetin se aggressie raak steeds die Lae Lande

Milton Webber In het nieuws 2022-03-31

"Die Russiese inval word steeds in die Lae Lande gevoel; somertyd word ingevoer; skraagdosisse teen Covid; ’n motorongeluk eis twee lewens; en groot skade ná ’n brand in ’n historiese kasteel."

Zuma en 20 beweerde staatskapers aangekla

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-30

"’n Yslike dossier met talle bekende name, waaronder dié van Jacob Zuma, is deur Solidariteit saamgestel van mense wat volgens hulle strafregtelik aangekla moet word."

Vrae oor Suid-Afrika en Rusland se vriendskap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-29

"Verskeie opposisiepartye en kommentators beskuldig die regering daarvan dat hulle op ’n diplomatieke ramp met veral Westerse lande afstuur weens hulle huiwering om ’n sterk standpunt in te neem oor Rusland se inval in Oekraïne."

Durende waardering en wedersydse betrokkenheid kenmerk Breytenbach se bande met Lae Lande

Willem de Vries Meningen 2022-03-25

Breyten Breytenbach se dekades lange en wedersyds verrykende bande met Vlaandere en Nederland was op Saterdag 19 Maart 2022 by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in Kaapstad die onderwerp van ’n vraaggesprek wat Yves T'Sjoen met hom gevoer het. T'Sjoen het pas ’n boek oor die onderwerp klaargeskryf en dit sal in Mei vanjaar verskyn. Willem de Vries berig.

Ramaphosa sê Suid-Afrika is oop vir besigheid

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-25

"Oor Eskom se aanhoudende beurtkrag wat beleggersvertroue ernstig in die wiele ry, het president Cyril Ramaphosa gesê hy besef dat geen ekonomie sonder ’n betroubare elektrisiteitsvoorsiening kan funksioneer nie. Daarom word daar nou die mees uitgebreide transformasie van die energiesektor in byna ’n eeu onderneem."

Oorlog in Oekraïne ruk Suid-Afrikaners se sakke

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-24

"Nadat dit agt maande lank konstant gedaal het, het die jaarlikse brood- en graaninflasie in Februarie tot 3,7% gestyg van 1,5% in Januarie. Hierdie kategorie sluit graangebaseerde voedsel in wat van koring, rys en mielies gemaak word. Die maandelikse verandering was ook beduidend."

Koninklike slaapplek vir vlugtelinge, skoon energie, musiek en motorongelukke

Milton Webber In het nieuws 2022-03-24

"Vlugtelinge uit Oekraïne mag binnekort koninklik ontvang word; ’n besonderse energiepark begin krag opwek; verskeie mense is dood in twee motorbotsings; en die Arvo Pärt-fees word luisterryk afgeskop."

Die klank van oorlog: Van Jerigo tot Oekraïne

Wilken Calitz Meningen 2022-03-23

"Wanneer die bose heers, bring dit kameraderie tot stand. Kameraderie maak van gewone mense helde. Joernaliste berig oor die ware stand van gebeure terwyl koeëls oor hulle koppe vlieg, Zelenski word staande toegejuig in die parlementsgeboue van wêreldmoondhede. ’n Dogtertjie in ’n bomskuiling sing die temalied van Frozen en word sodoende ’n simbool van jeugverset teen die Russiese invalle."

ActionSA gee Makhosi Khoza die trekpas

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-23

"Makhosi Busisiwe Khoza, wat tydens die munisipale verkiesing ActionSA se burgemeesterskandidaat vir eThekwini was, is Maandagaand deur die party in die pad gesteek."

Poskantoor op ’n "hopelose pad na nêrens"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-22

"Intussen het die voormalige uitvoerende hoof van die omstrede posmaatskappy, Mark Barnes, vroeër aangebied om ’n deel van die groep te koop in ’n poging om te help om dit na sy vorige glorie terug te bring."

Partye span saam teen regering se ramptoestand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-18

"Volgende Woensdag sal dit twee jaar wees sedert Suid-Afrika ’n drie weke lange inperking betree het om voor te berei vir die COVID-19-epidemie."

Poetin se vreemde Suid-Afrikaanse bedmaats

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-17

"Twee van die land se mees omstrede en uitgesproke Afrikaners aan teenoorgestelde pole van die politieke spektrum, Carl Niehaus van die Zuma-faksie in die ANC en Dan Roodt wat hom vir ’n Afrikaner-volkstaat beywer, deel skynbaar ook ’n bewondering vir Poetin en weersin vir Westerse regerings wat Oekraïne steun."

Koebaai koronamaatreëls!

Milton Webber In het nieuws 2022-03-17

"Die kabinet in Nederland het besluit om vanaf volgende week Woensdag alle verpligte koronamaatreëls af te skaf, Nederland is by die stembus, verligting kom vir armer mense terwyl meer mense petrol steel en ’n waardevolle skat uit ’n vorige oorlog ontdek."

ANC se faksiegevegte steek die land aan die brand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-16

"Volgens die verslag beskik president Cyril Ramaphosa nie oor die vermoë om die groeiende burgerlike onrus te bekamp nie, aangesien die faksies in die ANC met mekaar meeding om invloed, posisies en staatskontrakte."

Maaike Verrips (DRONGO): "Meertaligheid is een enorm onderschat maatschappelijk verschijnsel"

Ingrid Glorie Interviews 2022-03-15

"Het DRONGO talenfestival was jarenlang een begrip in Nederland: een tweedaags festival met lezingen, workshops en een informatiemarkt over de impact van taal. De coronacrisis dwong directeur Maaike Verrips en haar team tot herbezinning. Na het onverwachte succes van de online editie van 2021 is nu gekozen voor een digitaal platform over meertaligheid. Hier kunnen taalprofessionals en andere belangstellenden voortaan het hele jaar rond terecht."

Eise dat ramptoestand moet waai val op dowe ore

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-15

"Die verlenging van die ramptoestand met nóg ’n maand het Suid-Afrikaners die harnas in nadat die regering vroeër beloof het om dit spoedig op te hef."

Nasionale biblioteekweek: ’n onderhoud

Izak de Vries, Zephne Ladbrook, Frouwien Bosman Interviews 2022-03-13

Vanjaar val nasionale biblioteekweek gedurende 14–20 Maart. Izak de Vries het in Distrik 6 by die Otto Stigting gaan kuier om uit te vind waarom nasionale biblioteekweek gevier word, waarom dit juis nou gevier word, en wat die doel van hierdie week is.

Verified by MonsterInsights
Top