Actueel
Lae Lande steier onder geweld
2021-11-24"Verlede week het België aangekondig dat gesondheidswerkers vanaf April volgende jaar ingeënt moet wees en Nederland werk aan ’n wet om mense wat nie ingeënt is nie, te verbied om openbare ruimtes te gebruik."
Week van drama in Suid-Afrikaanse politiek
2021-11-24"Dit plaas die DA nou in die ongemaklike posisie dat hulle nie anders kan as om wel met die EFF in gesprek te tree as hulle aan die bewind wil bly in munisipaliteite waar daar nie ’n volstrekte meerderheid is nie en waar die EFF gehelp het om die goue ketting om die burgemeester se nek te hang."
Misdaad vier steeds hoogty in Suid-Afrika
2021-11-23"Suid-Afrika se misdaadsyfer toon ’n skokkende toename oor die afgelope tien jaar; die minister van polisie, Bheki Cele, sê hy is tevrede met die vordering wat teen misdaad gemaak word ..."
Nóg duurder petrol is Suid-Afrikaners se voorland
2021-11-19"Suid-Afrikaanse brandstofpryse het op 3 November aansienlik gestyg. Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) waarsku dat R20 per liter teen die einde van die jaar ’n moontlikheid is."
DA kla minister by Verenigde Nasies aan oor Afrikaans
2021-11-18"Die DA het ’n klag by die VN se Organisasie vir Opvoedkunde, Wetenskap en Kultuur (Unesco) aanhangig gemaak teen die Suid-Afrikaanse regering en die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande."
Adriaan van Dis gesels met ’n memoirskrywer en vertaler oor die binnelewe van liefde en geweld in Suid-Afrika
2021-11-17"Maar wat die boek ook laat sien, het Van Dis oor tóé gesê, is dat die wye, droewe land alleen maar uit skeiding bestaan, range en stande waaroor Van Niekerk uitgebreid skryf, deftiger Afrikaners met mooier swembaddens en groener gras."
Shell groet Nederland, en nuwe hoop met entstowwe
2021-11-17"Royal Dutch Shell het Maandag aangekondig dat sy hoofkantoor na Londen gaan verhuis; koronabesmetting klim onder kinders wat nie ingeënt is nie; entstowwe word nog meer effektief; ’n kunshart gee hoop; en voëlgriep teister boerderye."
Piepklein party kraai koning in verskeie munisipaliteite
2021-11-17"Die PA het reeds hulle eerste burgemeester in Laingsburg tot die amp verkies gekry en hoop om nog verskeie burgemeestersposte en ander uitvoerende poste op burgemeesterskomitees landwyd in te palm."
Mej Heelal-kompetisie ontketen politieke storm in Suid-Afrika oor Israel
2021-11-16"Vanjaar se Mej Heelal-kompetisie het in ’n politieke speelbal ontaard. Die regering het hulle steun aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie onttrek omdat die organiseerders weier om vanjaar se Mej Heelal-kompetisie te boikot omdat dit in Israel plaasvind."
Vier broers se ontvoerders nog op vrye voet
2021-11-12"Kenners sê die sielkundige effek wat die insident op die kinders en die res van die gesin gehad het, moet nie onderskat word nie. Die hele gesin sal waarskynlik berading by ’n traumaterapeut of sielkundige moet ontvang."
FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid
2021-11-11"Suid-Afrika se laaste wit staatspresident onder apartheid, FW de Klerk, het in sy heel laaste boodskap aan die mense van Suid-Afrika opnuut onvoorwaardelik verskoning gevra vir die pyn wat apartheid veroorsaak het."
Een reis van geweld naar genade
2021-11-11"En op de derde reis verbindt ze de traditie van geweld uit het verleden met de cultuur van misdaad en geweld in Zuid-Afrika nú, vooral op het platteland. Alles overziend komt ze tot de conclusie dat Rubens moordenaars niet alleen dader zijn, maar ook slachtoffer."
Eskom is in totale verval, sê opposisie
2021-11-11"’n Wonderwerk is nodig om in Suid-Afrika se huidige elektrisiteitsbehoeftes te voorsien vanweë die haglike toestand waarin Eskom tans verkeer en die totale verval by die organisasie."
Fluitjieblaser wat voor Zondo getuig het vlug landuit
2021-11-10"Williams beweer in sy verklaring hy is deur die regering, die universiteit waar hy etiek doseer het en deur baie vriende in die steek gelaat."
COVID-19 skep ’n “kode swart” in hospitale
2021-11-10"Die getal mense wat positief toets vir die koronavirus in die Lae Lande bly styg en neem kommerwekkende vlakke aan – hospitale trek veral swaar. In ander nuus steun die Biskop van Antwerpen ’n poging om aan Jacques Brel meer erkenning te gee; en die Nederlandse kroonprinses sal die Raad van State in die Paleis Kneuterdijk bywoon."
Ramaphosa positief oor ekonomiese vooruitsigte
2021-11-09"President Cyril Ramaphosa is vasbeslote om voort te gaan met sy ambisieuse beleggingsveldtog om buitelandse beleggers na die land te lok."
"Die mense het gepraat" – en wát gesê?
2021-11-05"Maar die gevaarligte flik-flikker-flik oor die ongedurigheid by miljoene landsburgers wat nie die sin daarin sien om te gaan stem nie – en dit slegs 27 jaar nadat álle Suid-Afrikaners die grondwetlike reg bekom het om aan verkiesings deel te neem, ’n reg waarvoor Nelson Mandela 27 jaar agter tralies deurgebring het. Hoe moet hý in sy ewige rusplek hieroor voel?"
Op reis in Darwiesj se poësie
2021-11-05Die digter Magmoed Darwiesj, ’n groot gees in die moderne Arabiese en wêreldletterkunde, sou vanjaar 80 geword het. ’n Afrikaanse vertaling en keur uit sy oeuvre is vanjaar as Die vlug van ’n vreemdeling: Magmoed Darwiesj gedigte in Afrikaans op die afgelope jaarlikse Tuin van Digters-fees op Wellington bekendgestel. Die Afrikaanse vertaler van hierdie digbundel, Bester Meyer, het by die geleentheid oor onder meer sy vertalings en ervaring van Darwiesj met Desmond Painter gesels. Willem de Vries lewer verslag oor hierdie gesprek.
"Infodemie" veroorsaak entstofhuiwerigheid in Suid-Afrika
2021-11-05"Die goeie nuus is dat slegs ’n klein aantal mense heeltemal teen die entstof gekant is."
Talle koalisies kom na reusewegblystem
2021-11-04"Die Suid-Afrikaanse politieke landskap het die afgelope week drasties verander en ’n nuwe era binnegegaan waar koalisiepolitiek aan die orde van die dag sal wees. Dit volg nadat die ANC vir die eerste keer sedert 1994 nie daarin kon slaag om landwyd en in talle munisipaliteite meer as 50 persent van die stemme te trek nie."