Actueel
Studio SASNEV | Hoe sien buitelandse diplomate Afrikaans?
2021-10-19"Afrikaanssprekendes skakel so maklik oor na Engels wanneer ons ’n vreemde aksent hoor, óf ons donder soms aan sonder om enige een in ag te neem. Gedurende die Week van Nederlands is moeite gedoen om die ooreenkomste én die verskille tussen Nederlands en Afrikaans te vier. Die diplomate het dit raakgesien. Mag daar in die toekoms nóg brûe gebou word."
European Film Festival: Breaking glass ceilings for women in film (panel discussion)
2021-10-19"The discussion was overwhelmingly positive. All agreed that the changing sociopolitical climate has started to create a space in which women and other marginalised groups are being given more chances to showcase their talents."
Sanlam Cape Town Marathon | Wêreldklas in ’n tyd van Covid
2021-10-18"Wat meer is, dié marathon word tans amptelik geëvalueer om moontlik deel te word van die Abbott World Marathon Majors. Sou ons daarin slaag, sal Kaapstad aansluit by slegs ses ander wat as wêreldklasmarathons gesien word, naamlik die Londen-marathon, New York-marathon, Boston-marathon, Chicago-marathon, Berlin-marathon en die Tokio-marathon."
Kaapstad se treindienste op rand van totale ineenstorting
2021-10-15"In ’n ondersoek wat pas bekend gemaak is, het die DA bevind dat byna 70% van Kapenaars in gebiede wat voorheen toegang tot passasierstreindienste gehad het, geen toegang meer daartoe het nie."
Studio SASNEV | Nederlands oor grense heen
2021-10-15"In hierdie openhartige gesprek tussen Eureka Barnard en Kabous Meiring vertel Barnard hoe ons die pyn van die verlede moet erken, maar ook die geleenthede moet aangryp om van mekaar te leer."
Studio SASNEV | Taal en identiteit
2021-10-15"Die antwoorde is verrassend – van Nederlandse restante in Oranjerivierafrikaans en Kaaps tot die nuansering van Suid-Afrikaanse taalgesprekke wanneer ons kyk hoe Nederlands met ander tale omgaan."
Politieke partye looi mekaar voor verkiesing
2021-10-14"Terwyl die groter partye soos die ANC, DA, EFF, Vryheidsfront Plus en IVP alles in die stryd werp om hulle steun onder die kiesers te vergroot, hoop kleiner partye en onafhanklike kandidate om vanjaar groter partye se magsgreep op plaaslike vlak te breek."
Belgiese Broos maak Bafana minder broos
2021-10-14"Soos wat sake nou staan, is daar genoeg rede om ten minste weer hóóp te mag hê dat 1996 weer ’n moontlikheid is – en dit is alles te danke aan die doelgerigte Belg met die misleidende van Broos."
Slawerny in die kerk, misdaad uit die tronk en ’n gay monarg?
2021-10-13"Volgens die Nederlandse kabinet hoef kroonprinses Amalia nie afstand te doen van die troon selfs al wil sy liewer met ’n vrou trou nie. Navorsing gaan gedoen word oor die rol van die kerk en Nederland se slawernyverlede. Een van die advokate van die misdaadbaas Ridouan Taghi in hegtenis geneem."
Studio SASNEV | Ontmoet die professore
2021-10-13"Kabous Meiring het op Saterdag 9 Oktober 2021 met Dorothea van Zyl en Wium van Zyl gesels oor hulle bydrae tot die bevordering van Nederlands in Suid-Afrika en Afrikaans in die Lae Lande." Luister na die gesprek.
Studio SASNEV | Welkom aan die Kaapse digters
2021-10-13"Waarom verkies sommige digters om Kaaps as draer van hulle boodskap te gebruik? Karin Benjamin het die vraag aan die woordkunstenaars Blaq Pearl, Churchil Naudé en Jitsvinger gestel." Kyk na die gesprek.
Studio SASNEV | Daniel Hugo, brugbouer tussen Nederlands en Afrikaans
2021-10-13"Daniel Hugo het reeds meer as 50 boeke uit Nederlands vertaal. Karin Benjamin het hom op Saterdag 9 Oktober gevra waarom dit nodig is om Nederlandse tekste te vertaal en wat die uitdagings is wat hy tydens sy vertalings in ag moet neem." Kyk na die gesprek.
DA betoog by Minister se kantoor oor Afrikaans
2021-10-13"Volgens die DA en verskeie taalkenners is Nzimande se definisie van 'inheems' onwetenskaplik. Dit is ook in stryd met die onlangse uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor Afrikaans by Unisa."
God sal glo die koronavirus wegwaai tydens Zuma se gebedsbyeenkoms
2021-10-12"’n Reuseverwelkoming word Donderdag 14 Oktober vir Jacob Zuma in KwaZulu-Natal gehou nadat hy onlangs op mediese parool vrygelaat is."
Nederland se politici gevra om druk op Suid-Afrika te plaas
2021-10-08"Daar is Dinsdag en Woensdag gesprekke gevoer met lede van verskeie politieke groeperinge in die Europese parlement, met die doel om die Europese Unie aan te moedig om standpunt in te neem oor sake soos grondonteiening sonder vergoeding, raswette, korrupsie en die staatsverval in Suid-Afrika."
Gesprek | KKNK se TekstMarkt bou brûe oor taalgrense heen
2021-10-07Hugo Theart verduidelik aan Kabous Meiring hoe TekstMarkt brûe bou tussen Suid-Afrika en Nederland, maar ook tussen die tale in Suid-Afrika en elders.
Gesprek | Die Taalunie en die Afrikaanse Taalraad ruil idees uit
2021-10-07Kabous Meiring het Maarten Vidal (Taalunie) en Conrad Steenkamp (Afrikaanse Taalraad) genooi om oor hulle werk, en oor moontlike samewerking, te gesels. Ons deel ook ’n video van twee minute waarin Kris Van de Poel, Karlijn Waterman en Maarten Vidal verduidelik wat die Taalunie doen.
Gesprek | Fries, Kaaps, Nederlands en Afrikaans: Wat kan ons van mekaar leer?
2021-10-07Fries is ’n Wes-Germaanse taal, baie nou verwant aan Engels, wat steeds in die Nederlandse provinsie Friesland gepraat, geskryf en gelees word. Ernst Bruinsma en Jelle Krol brei uit oor die Friese taal en letterkunde, waarna Kabous Meiring vir Conrad Steenkamp en Izak de Vries betrek om by al vier te hoor wat Kaaps, Nederlands, Afrikaans en Fries by mekaar kan leer.
Suid-Afrika is ideale plek om meertaligheid te bestudeer
2021-10-07"Die waarskynlikheid dat enige nuwe persoon wat jy in Suid-Afrika raakloop, dieselfde moedertaal as jy sal hê, is ’n skrale 13%. 'Dít maak Suid-Afrika, met sy klomp verskillende tale, die ideale omgewing om aspekte van meertaligheid te bestudeer,' sê Emanuel Bylund, navorsingsleier by die Universiteit Stellenbosch se MultiCog-lab, oftewel die laboratorium vir meertaligheid en kognisie. Die MultiCog-lab (Departement Algemene Taalwetenskap) is volgens die US se webwerf die enigste van sy soort op die Afrikavasteland."
Lae Lande-nuus: ’n "Nuwe regering" en meer betogings teen die koronapas
2021-10-06"Ná maande van beraadslaging is daar uiteindelik sprake van ’n 'nuwe regering' in Nederland te midde van hernude betogings teen die invoer van die inentingstoegangsbewys, sigarette kom onder skoot en Nederlanders mag nou aanlyn dobbel."