Actueel
Voer Zuma iets in die mou?
2021-04-23"Daar word wyd bespiegel oor die redes waarom Jacob Zuma minder as ’n maand voordat sy korrupsieverhoor moet begin, skielik sonder enige regsverteenwoordiging sit."
Regering "behep" met "Kubaanse kundigheid"
2021-04-22"Die regering word uit verskeie oorde daarvan beskuldig dat hy behep is met sogenaamde Kubaanse kundigheid. Dit volg na ’n omstrede besluit om 24 Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika te laat kom om die Departement van Water en Sanitasie (DWS) te help om probleme met waterinfrastruktuur op te los en om hulle kennis te deel."
Bewerings van rassisme by Universiteit Kaapstad
2021-04-21"AfriForum se jeugvleuel beskuldig die Universiteit van Kaapstad (UK) van voortgesette rassisme op die kampus. Hulle eis onder andere die afdanking van een van die universiteit se dosente."
Vlammesee saai verwoesting om Tafelberg
2021-04-20"Die EFF sê egter in hulle verklaring hulle neem met spyt kennis van die brand en veral die 'tragiese' brand by die Jagger-biblioteek. Die geskiedenis wat as gevolg van die brand verwoes is, is onberekenbaar en moet ’n teken wees vir alle instellings van hoër onderwys om te sorg dat argiewe en belangrike dokumente gedigitiseer word, sê die EFF in hulle verklaring."
Belgiese akademikus stuur sterk boodskap aan US
2021-04-16Wat is die stand van Afrikaans en Nederlands as onderrigtale aan hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika en in die buiteland? Menán van Heerden voer ’n videogesprek met Yves T'Sjoen.
Persbericht: Neo Matloga wint tiende ABN AMRO Kunstprijs
2021-04-16Op dinsdag 14 april 2021 is bekendgemaakt dat de tiende editie van de ABN AMRO Kunstprijs is gewonnen door Neo Matloga (Mamaila, Zuid-Afrika 1993). Eind 2021 opent, als onderdeel van de prijs, een tentoonstelling van zijn werk in de Hermitage Amsterdam.
Zuma berei voor vir tronk en speel martelaar
2021-04-16"In aanloop tot die Konstitusionele Hof se uitspraak teen hom het die oudstaatshoof die afgelope week ’n uitdagende brief aan hoofregter Mogoeng Mogoeng gestuur. Daarin verklaar hy hom bereid om liewer tronk toe te gaan as om sy samewerking te bied om sy kant van die saak te stel."
AfriForum sit veldtog teen boelies by skole voort
2021-04-15"AfriForum se teenboelieveldtog skep sedert 2017 regoor die land bewustheid en bemagtig laerskoolleerders om teen boeliegedrag op te staan en sélf ’n verskil in hul skole te maak. Die organisasie het ook ’n teenboeliegids en ’n selfdoodbewusmakingsveldtog aanlyn op die internet beskikbaar gestel vir ouers en onderwysers om afknouery by skole te help hokslaan."
ANC moet dié week besluit wie staan almal opsy
2021-04-14"Die ANC se provinsiale strukture moet voor die einde van die week, meer bepaald voor die einde van Donderdag se werksdag, die name indien van sy lede wat aangekla word van korrupsie en ander ernstige misdade."
Universiteit Stellenbosch verwelkom "robuuste" taaldebat
2021-04-13"Die US het op hulle webwerf bevestig dat hulle ’n memorandum van die DAK Netwerk in ontvangs geneem het. Die universiteit sê die memorandum hou verband met die universiteit se hersiening van die taalbeleid, en spesifiek met die posisie van Afrikaans wat vir die organisasie van belang is."
SA Akademie "betreur taaldebakel" oor Afrikaans by US
2021-04-09"Die SA Akademie se toetrede tot die taaldebat op Stellenbosch, geskied op die vooraand van Vrydag (9 April) se optog deur hoofsaaklik bruin taalaktiviste en Afrikaanse akademici teen die toenemende verengelsing van die US. Die Akademie sê dit wil voorkom of die waarde van Afrikaans deur die US geringgeskat word. Vrydag se optog deur Stellenbosch se strate is die eerste stap van ’n rollende protesaksie teen die toenemende verengelsing van die universiteit."
"Ik hou van het leven": Een interview met Astrid H. Roemer
2021-04-08Schrijver Astrid H. Roemer ontvangt dit najaar de Prijs der Nederlandse Letteren 2021. Roemer is de eerste auteur uit Suriname (Zuid-Amerika) die bekroond wordt met de Prijs der Nederlandse Letteren.
Wim de Villiers: Liewers taalbal as taalbul
2021-04-08"Hy maak die eienaardige uitspraak dat Universiteit Stellenbosch (US) nie as speelbal deur politici gebruik moet word nie. Dit sê hy terwyl hy US se oorname van die klassifikasie van Afrikaans as nie-inheems aan die hand van ’n politieke dokument probeer verduidelik!"
Al hoe meer partye eis Lesufi se kop
2021-04-08"Die storm wat om die kop van die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, losgebars het na sy uitsprake oor tenders wat glo sy eie mense moet tevrede stel, het uitgebrei nadat nóg ’n party sy kop geëis het."
’n Nuwe pelgrimstog vir Suid-Afrika?
2021-04-07"Hierdie April kan op sy eie manier ’n bepalende oomblik in die geskiedenis van ons land aandui as Magashule en sy maters besluit om wel terug te veg en vir grootskaalse ontwrigting en sosiale onrus te sorg, soos wat hulle reeds dreig. Dit sal nie ’n Arabiese Lente wees nie, want dit is ’n politieke oorlog wat op geen opregte en geloofwaardige gronde gevoer word nie; en mag eiebelang tog nooit gemeenskaplike belang troef nie. Maar desperate mense maak, na die spreekwoord, benoude spronge."
Die COVID-19-krisistyd lei tot angs, depressie en ander krisisse
2021-04-07"’n Sogenaamde welstandsbarometer is deur Solidariteit begin om mense te help om hierdie moontlike krisisse te hanteer."
Zuma vaar uit teen ANC se top ses
2021-04-06"Politieke ontleders is dit eens dat die volgende 30 dae van die onstuimigste tye in die ANC se geskiedenis gaan wees hangende die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Zuma en wat Ace Magashule gaan doen wanneer die 30 dae om is."
Donkere wolken boven het Binnenhof
2021-04-06"Eén dag na de Nederlandse parlementsverkiezingen leek de uitkomst nog voor de hand te liggen. De VVD van premier Mark Rutte was als winnaar uit de bus gekomen en zou naar alle waarschijnlijkheid een coalitieregering vormen met drie andere partijen: D66, het CDA en, vooruit, nog één kleine partij erbij om in de Tweede Kamer een meerderheid te krijgen. Maar een week later liep alles mis, en nóg een week later hangt Ruttes politieke toekomst aan een zijden draadje."
AfriForum eis Cele se afdanking
2021-04-01"Die onlangse onthulling dat die SAPD se interne stelsels waarop onder meer bewysstukke gestoor en geliasseer word, al maande lank buite werking is, is maar net een voorbeeld van Cele se nalatigheid, sê AfriForum in hulle verklaring."
Ace Magashule se uurglas loop leeg
2021-03-31"Indien hy sou weier om self sy kantoor te ontruim, is die tafel gedek vir ’n moontlike bloedige stryd tussen die opponerende faksies in die ANC wanneer hy geskors word, net soos destyds toe Julius Malema uit die party geskors is."