Actueel
Die geweld in Nederland – ’n Suid-Afrikaner probeer verstaan
2021-01-27"Sondagnag was ’n soort katarsis van die ‘complotwappies’ (komplotdenkers), en dié komplotte het vele tentakels."
Wynboere en bierbrouers staar ondergang in die gesig weens drankverbod
2021-01-27"Volgens die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) is ’n kombersverbod op alle alkohol die stompste instrument wat die regering kán gebruik om ’n delikate operasie mee uit te voer. Intussen bloei honderde wynplase en tientalle dorpe dood, gaan werksgeleenthede vinniger verlore as wat COVID-19-geld in die staatsdiens wegraak en dreig een van Suid-Afrika se oudste landboubedrywe om deur die vloer te gaan."
Mugabe, held van die Suid-Afrikaanse restaurant
2021-01-27"Daar is wonderlike restaurateurs en hulle is gewoonlik aangename en interessante mense, maar groot dele van die bedryf teer op die rampe van die wêreld, op diktators soos Mugabe en Mnangagwa wat hul lande vernietig, op natuurlike katastrofes wat sal sorg dat daar altyd vlugtelinge iewers is wat teen hongerlone sal werk om te oorlewe."
The minister of congratulations and condolences pressured to resign
2021-01-26"Nathi Mthethwa, minister of sport, arts and culture is the subject of a petition launched by artists calling on him to resign by the end of January or be replaced by the president in February. The petition is in response to a tweet by the minister on 15 January, in which he stated that 'South African theatre is alive and well', mentioning the five theatres subsidised by his department as his 'proof'."
"Magsugtige" regerende party steek stokkie voor die opposissie party se planne vir entstof
2021-01-22"Die Wes-Kaap se premier het in ’n onderhoud met die radiostasie Cape Talk gesê die provinsie beplan om hulle eie vaksines te bekom aangesien hulle nie op die regering kan staatmaak as die enigste verskaffer van die entstof nie."
Drankverbod se rimpeleffek dwing ekonomie op sy knieë
2021-01-21"Die rimpeleffek van die verbod op die land se wyn-, drank- en gasvryheidsbedryf is besig om die land se ekonomie enorme skade te berokken en selfs graanprodusente ly nou daarsonder. Alkohol word vervaardig uit grondstowwe wat van landbou afkomstig is, onder andere moutsorghum, moutgars, mielies, aartappels en druiwe. Sommige van hierdie produkte is direk afhanklik van brouerye wat betref die vraag, en produsente daarvan staar verreikende gevolge in die gesig indien dit nie verwerk word nie."
ANC dreig Carel Niehaus met skorsing
2021-01-20"Die omstrede en uitgesproke senior ANC-lid Carl Niehaus is in die moeilikheid by sy eie party en staar skorsing in die gesig wat sy toekoms in die ANC finaal kan kelder."
Nieuwe opleiding Nederlands in India
2021-01-20Van vanjaar af bied die English and Foreign Languages University (EFLU) in Hyderabad in Indië ’n kursus in Nederlands aan. Kristof Baten en Yves T’Sjoen, albei van die Universiteit Gent (UGent), was saam met kollegas van die Nederlandse Taalunie (NTU) en die Universitêre Sentrum vir Taleonderrig (UGent-UCT) nou betrokke by die gesprekke oor en oprigting van die nuwe pos aan die EFLU, die belangrikste universiteit in Indië vir buitelandse tale. Baten en T’Sjoen het Willem de Vries se vrae beantwoord.
DA stamp koppe met regering oor COVID-19-inentings
2021-01-19"In ’n brief wat Maandag deur die DA aan Ramaphosa gestuur is, sê die party die versuim om betyds een of meer COVID-19-entstowwe aan te skaf, terwyl die entstowwe reeds beskikbaar is, is ’n skending van die reg op lewe soos vervat in die Grondwet."
Regering moet planne vir entstof dringend verduidelik
2021-01-15"Die regering moet voor volgende Woensdag, 20 Januarie, groter duidelikheid gee oor sy implementeringsplanne vir die COVID-19-entstowwe, anders sal hy aan die hof moet verduidelik waarom die privaatsektor nie hulle eie planne kan maak om entstowwe aan te koop nie."
Die meeste ouers vra dat skole gesluit bly
2021-01-14"Skole is veronderstel om op 25 Januarie vir onderwysers en bestuurspersoneel en op 27 Januarie vir leerlinge te heropen. ’n Studie wat deur die Universiteit van Johannesburg en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) gedoen is toon egter dat 53% volwasse Suid-Afrikaners wil hê skole moet gesluit bly totdat die COVID-19-situasie verbeter het."
Osama se wraak
2021-01-14"Dit sou te ver gaan om te beweer dat Bin Laden die teks vir die sirkusteater in die Capitol geskryf het, maar Trump en kie speel lekker saam om sy sprokie ’n realistiese oorlogsroman te maak. Joe Biden se inhuldiging wag nou vir die opvolgepisodes en het die hele land op hete kole."
Regering gekap oor "irrasionele" maatreëls
2021-01-13"Politieke opposisiepartye en nieregeringsorganisasies het skepties reageer op die aankondiging dat die regering die inperkingsperiode as gevolg van die pandemie tot minstens 15 Februarie 2021 verleng."
Amsterdam, Kaapstad en die COVID-19-pandemie
2021-01-13"Wanneer hierdie pandemie sélf eendag ter ruste gelê is en ons landsgrense weer vir besoekers oopgestel word, sal Amsterdammers en Kapenaars ’n rustige, dog indringende, gesprek kan hê oor wat laasgenoemde by eersgenoemde kan leer oor hoe om die stad se eie 'sporen van het slavernijverleden' meer sigbaar te maak."
Nog regsaksies teen regering as gevolg van COVID-19
2021-01-12"Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit-navorsingsinstituut, kan Suid-Afrika nie die nasionalisering van entstowwe toelaat nie. Hy sê die staat het ’n geskiedenis van mislukkings en Suid-Afrika kan allermins nog ’n mislukking tydens hierdie krisis bekostig."
Parlement hou minister verantwoordelik vir gesloer met COVID-19-entstof
2021-01-08"Tydens ’n onlangse vergadering het die Minister aangekondig dat Suid-Afrika nog dié maand een miljoen dosisse entstof uit Indië gaan kry. Gesondheidswerkers sal voor in die tou wees om die entstof te ontvang wanneer dit toegedien word, het Mkhize gesê. Daar is ongeveer 1,25 miljoen gesondheidswerkers in Suid-Afrika."
Het slavernijverleden is deel van het verleden van álle Amsterdammers
2021-01-07"Met De slavernij in Oost en West ligt er nu een wetenschappelijk onderbouwd, toegankelijk geschreven boek over het Amsterdamse slavernijverleden ... Het is immers de bedoeling dat 'alle' Amsterdammers plus geïnteresseerden van buiten de stad van de bevindingen kunnen kennisnemen."
Bheki Cele slaan weer toe op strande
2021-01-07"Die minister van polisie se besoeke, wat uiteenlopende reaksies onder Suid-Afrikaners uitgelok het, vorm deel van sy roetine-ondersoek om te verseker dat inwoners aan die Wes-Kaap die vlak 3-inperkingsregulasies wat ’n verbod op strande geplaas het, nakom."
Persbericht: In gesprek met Filip D'havé op Facebook
2021-01-06Jurriaan Limburg, voorzitter van de ANV-afdeling Nederland, gaat online in gesprek met Vlaams diplomaat Filip D’havé en voelt hem aan de tand over de Vlaams-Nederlandse regeringstop 2020 en ander nieuws in de Vlaams-Nederlandse betrekkingen.
’n Derde van alle Suid-Afrikaners oorleef op toelaes
2021-01-06"Vir talle huishoudings is dit nou die enigste bron van inkomste en vervang dit alle vorme van salarisse. Die DA sê in ’n verklaring hoewel die party die uitbetaling van toelaes ondersteun, is werkskepping van kardinale belang vir die land se ekonomie."