Actueel
Slavernij zindert overal na: spraakmakende tentoonstelling in het Rijksmuseum, Amsterdam
2021-02-22"In Zuid-Afrika werd slavernij opgeheven in 1834, in Suriname en op de Antillen in 1863, in Nederlands-Indië een paar jaar eerder … Slechts vier of vijf generaties scheiden ons van een samenleving waarin slavernij vanzelfsprekend was … Door middel van verhalen, getuigenissen, kunstobjecten, archivalia, diorama’s, een geïllustreerd boek en een audiotour doorbreekt de tentoonstelling Slavernij sereen de stilte rondom de slavernij."
Talle vrae na bekroonde joernalis vals nuus versprei
2021-02-19"Die voorval, wat die reeds beleërde media opnuut in ’n geloofwaardigheidskrisis gedompel het, spruit uit ’n rubriek wat Pauw in verlede week se aanlyn koerant Daily Maverick geskryf het."
Gedrukte koerante op hul sterfbed
2021-02-18"Moneyweb wys op hulle webwerf daarop dat die afname in dagblaaie se sirkulasie geen nuwe of slegs ’n Suid-Afrikaanse verskynsel is nie."
"Erfgoed van de toekomst": Meertens Instituut inventariseert reacties op de coronacrisis
2021-02-18"Hoe zag het dagelijkse leven in Nederland eruit tijdens de eerste maanden van de coronacrisis? Wat deden we? En hoe praatten we daarover op sociale media? De wetenschappers van het Meertens Instituut hebben een bestekopname gedaan en komen met een voorzichtige duiding. Maar een half jaar later is er alweer zoveel gebeurd dat we méér nodig hebben."
Suid-Afrika steeds opgeskeep met "nuttelose" entstof uit Indië
2021-02-17"Suid-Afrika sit op die vooraand van ’n massiewe landwye inentingsveldtog teen COVID-19 steeds opgeskeep met die een miljoen dosisse AstraZeneca-entstof uit Indië waarmee plaaslik niks uitgerig kan word nie. Netwerk24 berig dat die eerste besending (vermoedelik 80 000 dosisse vir gesondheidswerkers) van die Johnson & Johnson (J&J)-entstof het Dinsdagaand by die OR Tambo-lughawe in Kempton Park arriveer. Dit is oornag na 20 entstof-sentrums in elke provinsie versprei."
Lewende, gesaghebbende digitale biblioteek vir Afrikaanse letterkunde
2021-02-17Die ontwikkeling van ’n omvattende aanlyn bron oor alle publikasies wat oor die Afrikaanse letterkunde handel, is tans goed op dreef. Die projekbestuurder van die Digitale bibliografie van die Afrikaanse letterkunde aan die Noordwes-Universiteit is die letterkundige Janien Linde. Sy het aan Willem de Vries vertel van die projek wat reeds aanlyn beskikbaar is en wat deurentyd bygewerk word.
Die Nederlandse aandklokreël deur ’n regter opgehef
2021-02-16"Die aandklokreël wat aan die einde van Januarie in Nederland afgekondig is en soveel woede veroorsaak het, is enkele ure gelede deur ’n regter ongeldig verklaar. Dit moet onmiddellik opgehef word."
Zondo wil Zuma tronk toe laat stuur
2021-02-16"Die voorsitter van die staatskapingkommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, sê sy kommissie gaan die Konstitusionele Hof vra om vir Zuma tronk toe te stuur as bevind word dat hy die hof se beslissing geminag het om voor die kommissie te verskyn."
Geen einde in sig van nasionale ramptoestand nie
2021-02-12"Die meeste waarnemers sê Suid-Afrikaners moet soos die res van die wêreld besef die hele landskap van hulle bestaan het verander."
Laaste pogings om onteiening sonder vergoeding te stop
2021-02-11"Die wetsontwerp is in Oktober 2020 gepubliseer en aan die parlement en die relevante komitees voorgelê om die grondwetlikheid en mandate daarvan te bespreek. Die publiek kon kommentaar oor die wetsontwerp indien tot die oorspronklike sperdatum van 10 Februarie vanjaar, wat intussen verleng is tot 28 Februarie."
Zij waren erbij: David van Reybrouck bezoekt de laatste ooggetuigen van de Indonesische revolutie
2021-02-11"Tien jaar na Congo presenteert de Vlaamse schrijver David van Reybrouck opnieuw een vuistdik boek over het einde van het koloniale tijdperk. Dit keer gaat het over 'ons' koloniale verleden: de relatie tussen Nederland en Indonesië, het voormalige Nederlands-Indië. Van Reybrouck benadert het onderwerp met de onbevangen blik van een buitenstaander. Zijn eindoordeel liegt er niet om."
Die wáre "werklike stand" van die Suid-Afrikaanse nasie
2021-02-10"Die ekstase was tasbaar; die glimlagte breed. Die leiers en die land was in vuvuzelavervoering. Maar nou het die ballonne van pandemiebeheer wat in die atmosfeer vrygestel is, in die lug bo ons koppe gebars."
Ses van wêreld se gevaarlikste stede is in Suid-Afrika
2021-02-10"Die statistiekwebtuiste Numbeo.com, wat dié opname doen oor lewenskwaliteit, hoe duur dit is om stede te woon, misdaadindekse en eiendomskoste regoor die wêreld, sê die opname oor misdaad in stede vir 2021 was ’n persepsie-indeks wat gebaseer was op respondente se gevoelens oor misdaad eerder as op misdaadstatistiek."
Suid-Afrika se skyndemokrasie
2021-02-09"Om te steel is om ’n revolusionêre aanslag op die 'commanding heights' van die nieswart ekonomie uit te voer ... En eise vir verantwoordbaarheid maak jou ’n ondermyner en rugsteker, wat jou selfs jou lewe kan kos."
Verwarring oor doeltreffende COVID-19-entstof vir Suid-Afrika
2021-02-09"Navorsing het aangedui dat die AstraZeneca-entstof slegs 22 persent doeltreffend is om matige gevalle van die Suid-Afrikaanse variant van die virus te verhoed."
Zuma en Malema hou ’n Nkandla-teepartytjie
2021-02-05Netwerk24 berig dat Julius Malema en EFF-afgevaardigdes Vrydagoggend in ’n helikopter by oudpres. Jacob Zuma se Nkandla-woning in die noorde van KwaZulu-Natal aangeland het.
Skole: Nederlandse ouers “staan op omvallen”
2021-02-04"Dit wil voorkom of ’n klein bietjie VOC-DNS steeds skuil in die regerings van Nederland én Suid-Afrika. Ons mag verskillende tale praat, maar soms klink die kommunikasie van die onderskeie regerings aan die burgery maar baie dieselfde."
Druk neem toe dat Zuma vervolg word
2021-02-04"Die ANC in die Oos-Kaap, wat tans gelei word deur een van president Cyril Ramaphosa se vertrouelinge, Oscar Mabuyane, het die afgelope naweek tydens hul lekgotla besluit Luthuli-huis moet ’n interne dissiplinêre verhoor teen Zuma instel omdat hy die Grondwetlike Hof se uitspraak openlik minag."
Kroeë en kerke weer oop, maar hofsake gaan voort
2021-02-03"Vinpro sê in hul verklaring daarom sal hulle voortgaan met die aansoek, wat op 27 Januarie 2021 by die Kaapse Hooggeregshof ingedien is, om tussentydse regshulp aan te vra wat die premier van die Wes-Kaap die mag sal gee om van die algehele en landswye verbod af te wyk om die verkoop van drank op persele en vir tuisverbruik in die Wes-Kaap moontlik te maak. Soortgelyke verligting met betrekking tot die ander provinsies sal versoek word."
PEN Afrikaans Vertaalfonds: Aandag vir Afrikaanse werke in vertaling neem internasionaal toe
2021-02-03Ten spyte daarvan dat die wêreld ingrypend verander het, bly daar ’n aanvraag vir vertaalde werke. Buitelandse uitgewers raak ook meer bewus van die bestaan en potensiële steun wat die PEN Afrikaans Vertaalfonds bied, sê Catrina Wessels, bestuurder van PEN Afrikaans, in ’n gesprek met Willem de Vries.