Actueel

Suid-Afrikaanse film vir Oscar genomineer

Voertaal In het nieuws 2021-03-15

Die Suid-Afrikaanse film My octopus teacher deur Pippa Ehrlich, James Reed en Craig Foster is vir ’n Academy Award in die kategorie vollengte- dokumentêre film benoem.

Mboweni tree vir Zuma in die bres

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-12

"Die minister van finansies, Tito Mboweni, het hom die afgelope week vir die tweede keer binne een dag in omstredenheid gehul met nog een van sy talle omstrede uitlatings op Twitter. In sy jongste boodskap, wat wye reaksie uitlok, tree hy in die bres vir oudpresident Jacob Zuma. Mboweni het gesê wat ook al Zuma se tekortkominge mag wees, glo hy nie dat Zuma die vryhede in die land waarvoor daar hard geveg is, wil ondermyn nie."

Coup d'état vanuit Nkandla

Hans Pienaar Nuusvinke 2021-03-11

"Met die staat se beleid wat eintlik deur die ANC se uitvoerende komitee beheer word en dus nie eintlik meer deel is van die demokratiese potensiaal van die land nie, het die magsgreep nie reeds plaasgevind nie? Bewys Zuma nie juis dat in die era van sosiale media as die tiran se tribunaal, met trolle as sy laksmanne, dat mag nie meer afhang van wie in Mahlamba Ndlopfu slaap nie?"

Openbare beskermer se toekoms volgende week bespreek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-11

"Die DA sê in hulle verklaring dit word reeds algemeen aanvaar dat Mkhwebane die teenoorgestelde is van wat ’n openbare beskermer veronderstel is om te wees."

Tito se tragiese twiet laat vrae ontstaan

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2021-03-11

"’n Omstander is Woensdag deur die polisie doodgeskiet gedurende ’n protesaksie deur studente van Wits-universiteit oor die beweerde finansiële uitsluiting van studente ... Die dood van die man gister in Braamfontein, Johannesburg, het óók die nuus gehaal omdat ... die minister van finansies, Tito Mboweni – daaroor getwiet het."

COVID-19-inperkings en -regulasies laat ekonomie steier, maar daar is lig in die tonnel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-10

"Dié syfers weerspieël volgens ekonome die ware omvang van die uitwerking wat die COVID-19-maatreëls op die land se ekonomie het."

Gees van die US se taalbeleid “verkeerd geïnterpreteer”

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-09

"Die gees en bedoeling van die Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US) is waarskynlik verkeerd geïnterpreteer en toegepas op ’n manier wat nie strook met die doelstellings van die beleid en waardes van die universiteit nie."

Nuwe taalstorm oor Afrikaans by Universiteit Stellenbosch

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-09

"’n Nuwe taalstorm oor Afrikaans is aan die broei by die Universiteit Stellenbosch (US) nadat studente na bewering aangesê is om nie met mekaar Afrikaans te praat in die koshuise nie."

Waarover ging de ophef rond Rijnevelds Gorman-vertaling nou écht?

Ingrid Glorie Literatuur 2021-03-08

"De essentie van Deuls pleidooi is niet – zoals het door De Vries en vele anderen opgevat wordt – de claim dat een witte vertaler nooit het werk van een zwarte schrijver kan of mag vertalen. Het is een oproep aan literair agenten, uitgevers, redacteuren, vertalers en recensenten om hun blik te verbreden."

Nuwe internasionale studiemoontlikhede in Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-05

"Studente wat in Afrikaans verder wil studeer, kan dit nou wêreldwyd deur die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia doen. Volgens Paul Vogel, operasionele hoof by Akademia, word die instelling oorweldig deur navrae van so ver soos Dubai, Nieu-Seeland en Nederland van studente wat deur middel van afstandleer in Afrikaans verder wil studeer."

Kollega kla NGK-predikant aan van valse getuienis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-04

"Ernst en Bartlett is al geruime tyd in ’n stryd gewikkel oor die NG Kerk se besluit dat homoseksuele paartjies mag trou. Bartlett is ten gunste daarvan en Ernst is sterk daarteen gekant."

Jongste naamsveranderinge: Waar is die vroue?

Elsabé Brits Meningen 2021-03-04

"Suid-Afrika het soveel ander merkwaardige vroue gehad, soos Maxeke. Ek sal myself nie daarstel om voor te stel wie vereer moet word nie, maar daar is ’n lang lys sulke vroue se name in my kop. Indien ons die verlede se foute wil regstel, moet ons ook die patriargie en die rol wat vroue in ons geskiedenis gespeel het, regstel. Dit is nog nie gedoen nie."

Deurbraak vir privaatsektor in die stryd teen COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-03

"Die regering se aanspraak om die alleenverskaffer en -verspreider van COVID-19-entstowwe te wees het gesneuwel. Die weg is gebaan vir privaatverskaffers en -verspreiders om by die entstofprogram betrokke te raak en te help om toe te sien dat meer mense ingeënt word."

Regering moet sy sokkies optrek met inentings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-02

"Beide die DA en die Vryheidsfront Plus het in verklarings gesê die regering doen nie genoeg om die inentingsprogram glad te laat verloop nie."

Amanda Gorman: Mag slegs swart, cisgender mense swart, cisgender skrywers vertaal?

Izak de Vries Meningen 2021-03-02

"Sal ons moet sê ons wil seker maak dat ’n swart persoon nie raak aan ’n wit skrywer se werk nie? Goeie hemel. Dink net aan daardie implikasie."

Internasionale woede oor Suid-Afrikaanse vrou wat kameelperd skiet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-26

"Hoewel sy ook steun op sosiale media ontvang vir haar uitgesproke standpunt ten gunste van trofeejag, was die meeste reaksies uiters negatief teenoor haar."

Verdere verligting van COVID-19-inperkings gevra

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-25

"Daar word gegis dat die nasionale inperkingsregulasies as gevolg van COVID-19 binnekort verder verslap kan word. Dit volg na Woensdag se kabinetsvergadering en die voortgesette daling van die gemiddelde aantal nuwe infeksies van COVID-19."

Dawid Stuurman-lughawe ’n goeie (regstel-)vertrekpunt

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2021-02-24

"Sommige mense meen ons het belangriker, groter kwessies as naamsveranderings om aan aandag te gee. Hulle is reg as hulle verwys na korrupsie, armoede, en sekerlik vandag die gevolge van die Covid-regulasies. Maar hulle is selektief in hulle teregwysing. Die groter, onafgehandelde saak of taak is die regstelling (geleenthede en waardigheid) en herverdeling (grond en welvaart) waarsonder Suid-Afrika nie sommer na ’n meer regverdige, meer gelyke samelewing vordering sal kan maak nie."

Regering verswyg ware matrieksyfers, sê DA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-24

"Terwyl die minister van basiese opvoeding, Angie Motshekga, met ’n slaagsyfer van byna 80% spog, sê die DA die ware syfer is bykans die helfte minder as die groot uitvalsyfer van skoliere wat voor matriek die skool verlaat in ag geneem word."

Die President waarsku teen ondermyning van die Grondwet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-23

"Ramaphosa sê in sy nuusbrief die land se demokratiese Grondwet is die produk van jare se opoffering en stryd."

Verified by MonsterInsights
Top