In het nieuws

Atlanta, Georgia, aangekondig as rolprentbestemming by FAME Week Africa 2025

Annette Havenga In het nieuws 2025-01-02

"Atlanta is die middelpunt van Georgia, die VSA se groot rolprent- en televisiebedryfsentrum. Die stad het Hollywood in 2016 verbygesteek met die aantal speelfilms wat vervaardig is. Die sinergie tussen Kaapstad en Atlanta het dié ooreenkoms ’n voor die hand liggende een gemaak. Kaapstad word beskryf as die Hollywood van Afrika en is ewe gewild as ’n bestemming vir die maak van films en TV-produksies."

Nuwe uitdagings in die nuwe jaar vir die Bela-wet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-24

"President Cyril Ramaphosa het die wet op 21 Desember 2024 in sy geheel afgeteken. Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, moet sorg vir die volle implementering daarvan."

Suid-Afrika skud sy toerismevere reg vir die somerseisoen

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-20

"Met die somervakansieseisoen goed op dreef het die Departement van Toerisme met ’n sloertoer deur die land begin om Suid-Afrika se diverse besienswaardighede ten toon te stel en verantwoordelike toerisme by sleutelbestemmings te bevorder."

Bouwerk begin aan Suid-Afrika se tydelike tentparlement

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-19

"Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sê die koepel sal vir die volgende twee jaar as die bymekaarkomplek vir LP’s dien. Dit word vergelyk met die struktuur wat tydens Nelson Mandela se begrafnis in 2013 gebruik is."

Suid-Afrika bly belangrike toerismebestemming vir Nederlanders

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-18

"Van Januarie tot September 2024 het aankomste uit Nederland, België en Swede gesamentlik 138 317 besoekers aan Suid-Afrika uitgemaak."

Matriekuitslae wel in media na appèlaansoek 

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-17

"Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, het vroeër tydens ’n media-inligtingsessie gesê dat die amptelike vrystellingsdatum vir die matriekuitslae op 13 Januarie 2025 vasgestel is wanneer sy die uitslag van die eksamens sal aankondig."

RNE se ekstra "stralerjakkers" kos land miljoene rand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-13

"In antwoord op ActionSA se vraag het die minister van finansies onthul dat die salarisse, personeel en verwante byvoordele vir nuut aangestelde ministers en adjunkministers alleen R239 miljoen beloop, insluitend R800 000 per ministerie vir luukse voertuie."

Voedselinflasie op laagste vlak in 14 jaar: Kersfees-kosmandjies lyk voller

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-12

"Die armste huishoudings het die hoogste inflasiekoers sedert Januarie 2022 gedra, met ’n hoogtepunt van 11,3% in April 2023. Dit het in November 2024 tot 3,8% gedaal, maar bly die hoogste in alle uitgawekategorieë."

Ouers skarrel rond nadat miljoene rand se babamedisyne onttrek word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-11

"Herroepingsaksies kan volgens Sahpra verskil na gelang van die tipe mediese produk en die omvang van wat die probleem vir openbare gesondheid en veiligheid inhou."

Vrydag die 13de is maak of breek vir die Bela-wet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-10

"Noudat die drie maande Vrydag ten einde loop, is daar steeds geen sprake van ’n ooreenkoms wat deur al die partye aanvaar word nie."

Eskom bespaar miljarde rand se diesel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-06

"Yelland sê Eskom fokus daarop om inkomste te verhoog, maar gee min aandag aan die vermindering van sy kostestruktuur, die vermindering van skuld- en finansieringskoste, die vermindering van verliese, die verbetering van finansiële en bedryfsprestasie, of die vervreemding van niekernbates."

Oos-Kaap skud toerismevere reg te midde van misdaadvlaag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-05

"Alhoewel die Oos-Kaap bekend is vir sy natuurlike skoonheid en ryk kultuurerfenis, wat dit die status van ’n top toerismetrekpleister laat verdien, is die gasvryheidsbedryf bekommerd dat ’n oplewing in geweldsmisdaad die aantal Suid-Afrikaanse en internasionale besoekers aan die provinsie kan laat verminder."

Wilgenhof se stof wil nie gaan lê nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-04

"Daar is nou aan beide kante van die debat ongelukkigheid oor die huidige toedrag van sake. Sommige is ongelukkig omdat die visekanselier en voorsitter van die raad so lig daarvan afgekom het, terwyl ander vies is oor die bevinding van Kriegler en sy paneel."

Presidensie gooi koue water oor Solidariteit se opgewondenheid oor Bela-wet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-12-03

"Mashatile het verduidelik dat slegs een party in die RNE die ooreenkoms onderteken het. Dit is boonop onderteken sonder dat hy of president Cyril Ramaphosa kennis gedra het daarvan of toestemming aan iemand in die presidensie gegee het om so ’n ooreenkoms aan te gaan."

Donker sowel as lig in Eskom se tonnel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-11-29

"Minstens vier Vrystaatse dorpe kan vanaf einde Januarie aanstaande jaar sonder krag wees omdat hulle munisipaliteite meer as drie jaar laas hul skuld aan Eskom betaal het."

Misdaad daal effens, maar misdadigers maak steeds amok

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-11-28

"Daar was tot dusver 19 279 moorde in Suid-Afrika in 2024, en gemiddeld 70 moorde per dag in die tydperk Julie tot September 2024."

Die Phala Phala-spook staan weer op

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-11-27

"Die EFF en African Transformation Movement (ATM) het die Konstitusionele Hof genader om die parlement se besluit om nie ’n vervolgingsondersoek na Ramaphosa te hou vir die Phala Phala-plaasskandaal nie, ongrondwetlik te verklaar."

Frankryk bring ook hulde aan Breyten Breytenbach

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-11-26

"President Emmanuel Macron van Frankryk was een van vele prominente figure regoor die wêreld wat hulde gebring het aan Breyten Breytenbach, wat Sondag oorlede is."

Wêreld is verdeeld oor strafhof se lasbriewe oor Israel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-11-22

"Nederland was die eerste Europese land wat verklaar het dat hulle die IS se bevele sal nakom."

Gifkrisis in spazawinkels word dalk ’n nasionale ramp

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-11-22

"Die Nasionale Rampbestuursentrum het dit reeds as ’n nasionale ramp geklassifiseer, ingevolge artikel 23 van die Rampbestuurwet 57 van 2002. Dit maak dit vir die regering moontlik om maklik en vinnig voedselverwante siektes as ’n nasionale ramp te verklaar, indien nodig."

Verified by MonsterInsights
Top