In het nieuws
Buurtwag gebruik hommeltuig om tikgebruikers en dwelmsmouse vas te trek
2024-02-21"Tydens die SAPD se patrollie het die hommeltuig in die lug gebly om enige verdagtes te volg en die polisie op hulle spoor te hou."
Referendumparty deur Veelpartyhandves die rug toegekeer oor Wes-Kaapse onafhanklikheid
2024-02-20"Die Referendumparty, wat hulle beywer vir die Wes-Kaap se afstigting van die res van die land, is vies omdat al 11 politieke partye van die Veelpartyhandves hulle die rug toegekeer het toe hulle deel van die Veelpartyhandves wou word."
SA soldate sterf in DRK nadat Ramaphosa daaroor gewaarsku is
2024-02-16"Skaars ’n dag nadat president Ramaphosa gewaarsku is dat dit roekeloos is om byna 3 000 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die oostelike Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) te ontplooi, is twee van die soldate in ’n mortieraanval dood en drie beseer."
Gewese "kitskospremier" meen beurtkrag is nie die einde van die wêreld nie
2024-02-15"’n ANC-parlementslid wat tydens die bespreking van president Cyril Ramaphosa se staatsrede gesê het beurtkrag is nie die einde van die wêreld nie, het Suid-Afrikaners en opposisiepartye warm onder die kraag."
Zuma se party besig om ANC erg te knou
2024-02-14"Met minder as twee weke oor voordat president Cyril Ramaphosa die datum vir vanjaar se landwye nasionale en provinsiale verkiesings bekend maak, wil dit voorkom of die ANC se steun besig is om soos water deur ’n sif te loop – as die jongste meningspeilings in die kol is."
ANC kry bloedneus in Konstitusionele Hof en DA ruik bloed
2024-02-13"Die ANC het ’n yslike bloutjie in die Konstitusionele Hof geloop. Hulle moet binne vyf werksdae al hulle kaderontplooiingsdokumente aan die DA oorhandig."
Werklose dokters in Suid-Afrika is nou kritiek
2024-02-09"Die Nasionale Departement van Gesondheid en die minister van gesondheid, Joe Phaahla, probeer links en regs vure doodslaan nadat dit aan die lig gekom het dat honderde gegradueerde Suid-Afrikaanse dokters werkloos is en oorsee moet gaan om werk te soek. Die SA Mediese Vereniging-vakbond (Samatu) het onthul dat data uit ’n onlangse opname aangedui het dat meer as 800 gekwalifiseerde dokters werkloos bly ná die voltooiing van hul twee jaar van mediese internskap en een jaar van gemeenskapsdiens."
EFF blaas in DA se nek om die amptelike opposisie te word
2024-02-08"Die deurslaggewende faktor in hierdie verkiesing is volgens Ipsos kiesersopkoms op die dag van die verkiesing. Verskeie ontledings dui daarop dat die verwagting van ’n hoë kiesersopkoms dalk nie realisties is nie, wat grootliks toegeskryf word aan wydverspreide moedeloosheid oor die land se situasie en lae vlakke van vertroue in politici en politieke partye."
Vanjaar se staatsrede is ANC se nagmerrie
2024-02-07"President Cyril Ramaphosa lewer môre sy sewende staatsrede in die parlement teen die agtergrond van voortgesette verdeeldheid en dalende steun in sy party. Daar is ook voortgesette bewerings van korrupsie tot op die hoogste regeringsvlak."
Duisende nuwe kiesers wil vanjaar gaan stem
2024-02-06"Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, het ’n beroep op stemgeregtigde Suid-Afrikaners gedoen om van nou af van die aanlyn platform gebruik te maak as hulle nog moet registreer."
AfriForum kry "klap in die gesig" toe hulle slaggat in Tshwane herstel
2024-02-02"Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hulle het ’n klap in die gesig gekry toe hulle die afgelope week wou help om ’n reuse slaggat in Centurion te herstel en deur Tshwane se metropolisie weggejaag is."
Suid-Afrika is "meer korrup onder Ramaphosa as onder Zuma"
2024-02-01"Die streek se aanhoudende uitdagings spruit volgens die verslag uit korrupsie en ongeoorloofde aanwending van openbare fondse, wat die voortdurende onderbefondsing in openbare sektore vererger. Die aanspreek van sosiale en ekonomiese kwessies bly ondoeltreffend en geskied dikwels ten koste van die mees kwesbares in die bevolking."
So wil opposisiepartye Suid-Afrika se ekonomie red
2024-01-31"Elf van Suid-Afrika se opposisiepartye het saam ’n stel riglyne opgestel om die land se ekonomie weer te laat groei en op groot skaal werk te skep."
Spanning tussen Zuma en ANC bereik breekpunt
2024-01-30"Zuma het hom die gramskap van die ANC op die hals gehaal met sy vroeëre aankondiging dat hy vanjaar sy gewig by die uMkhonto weSizwe- (MK-) party gaan ingooi om steun vir die verkiesing te werf."
Kaapstad aangewys as tweede beste stad in die wêreld om in 2024 te besoek
2024-01-26"New York is heel bo aan Time Out se lys, wat die afgelope week vrygestel is, met Kaapstad in die tweede plek en Berlyn, Londen en Madrid as die ander topvyf-stede om te besoek."
Persbericht: Flink meer leden online Bibliotheek in 2023
2024-01-25Het aantal mensen dat lid wordt van de online Bibliotheek blijft stijgen. Waar de online Bibliotheek in 2022 ruim 524 duizend leden telde, waren dat er in 2023 ruim 608 duizend. Een stijging van 16%.
Wêreldhof sê dalk Vrydag oor Suid-Afrika versus Israel
2024-01-25"Die Suid-Afrikaanse regering se standpunt geniet egter groot steun onder ’n groot aantal Suid-Afrikaners, onder andere in die Moslem-gemeenskap, maar ook onder baie Christene, soos die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke."
Suid-Afrikaners kry weer geleentheid om vir verkiesing te registreer
2024-01-24"Suid-Afrikaanse burgers van 16 jaar en ouer kan registreer om in die buiteland te stem."
Hoër matriekslaagsyfer is ’n misleidende barometer van skoolstelsel
2024-01-23"Die akademikus Jonathan Jansen het op die sosialemediaplatform X gevra watter 80% die ware toestand van die land se skoolstelsel weerspieël – die 81% van graad 4’s wat nie kan lees nie, of die 83% wat wonderbaarlik 'matriek' geslaag het? Jansen sê albei kan nie waar wees nie."
Persbericht: Digitaal boeken lenen bestaat 10 jaar
2024-01-22E-lending, de mogelijkheid om via de bibliotheek e-books en luisterboeken te lenen, bestaat vandaag 10 jaar. Op 21 januari 2014 leende toenmalig minister Jet Bussemaker van OCW het eerste e-book.
