In het nieuws
Ramaphosa oorleef Phala Phala-stemmery in die parlement
2022-12-14"Ramaphosa sal dus nie nou deur die parlement in ’n staat van beskuldiging geplaas kan word nie en kan sy volle aandag skenk aan die komende naweek se ANC-beleidskonferensie waar hy opnuut om sy politieke oorlewing sal moet veg."
DA en ActionSA wil nouer saamwerk om ANC in 2024 te verslaan
2022-12-13"Twee van die land se opposisiepartye wat mekaar gedurig aan die keel beet het, wil in die aanloop tot die 2024- algemene verkiesing hulle binnegevegte probeer tem en nouer saamwerk om die ANC tydens die volgende verkiesing uit die kussings te lig."
Woede en beskuldigings oor donker feestyd terwyl fase 8-beurtkrag wink
2022-12-09"Die versuim om ’n nasionale veiligheidsbenadering tot die elektrisiteitskrisis te volg het volgens die DA reeds ’n aansienlike ekonomiese koste op die land uitgeoefen en die vooruitsigte om die hoë werkloosheidsyfer aan te spreek belemmer."
Adjunkpresident Mabuza beskuldig van georganiseerde misdaad
2022-12-08"Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) vra dat aanklagte van georganiseerde misdaad teen Mabuza ingestel word. Mabuza word in ’n verklaring deur Outa daarvan beskuldig dat hy na bewering betrokke is by ’n grondeisebedrogspul van R35 miljard en misdade soos diefstal, bedrog, meineed en intimidasie."
Opposisie vies omdat speaker nee sê vir geheime stem oor Phala Phala
2022-12-07"Opposisiepartye is vies vir die speaker van die parlement omdat sy nie ’n geheime stemming wil toelaat wanneer die parlement volgende week oor die Phala Phala-verslag moet stem nie."
Ramaphosa veg voort om politieke oorlewing
2022-12-06"Die Nasionale Vergadering (NV) sou vandag (Dinsdag) stem oor die Phala Phala-verslag wat die President in ’n staat van beskuldiging sal plaas indien dit aanvaar word, maar dit is uitgestel tot aanstaande Dinsdag."
Ramaphosa se politieke toekoms in die weegskaal na Phala Phala-verslag
2022-12-02"Ramaphosa bevind hom nou tussen twee vure. Hy is op die randjie om die eerste Suid-Afrikaanse president te word wat in ’n staat van beskuldiging geplaas kan word indien die parlement die verslag aanvaar waarin die ernstige bevindings teen hom gemaak word."
Pogings om Waluś se parool te keer duur voort
2022-12-01"Die ANC en sy drieparty-alliansievennote, die SAKP en Cosatu, het Woensdag hulle betogings teen Waluś se parool voortgesit en onder andere ’n optog na die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gehou."
Sluier gaan gelig word oor redes vir omstrede Covid-maatreëls
2022-11-30"Suid-Afrikaners sal binnekort vir die eerste keer weet wat die regering daartoe gedryf om soms vreemde Covid-inperkings in te stel wat tot groot frustrasie en selfs woede onder die publiek aanleiding gegee het."
"Terminaal siek" Zuma en Shaik dans en hou saam jolyt in Durban
2022-11-29"Daar is gesien hoe Zuma lekker saam met sy dogter Duduzile Zuma-Sambudla kuier. Hy was duidelik onaangeraak deur die Hooggeregshof se besluit om sy mediese parool tersyde te stel."
Misdaadgolf word voor die polisie en politieke leiers se deur gelê
2022-11-25"Altesaam 118 mense word elke dag verkrag, teenoor 106 per dag gedurende die eerste kwartaal. Dit is vyf verkragtings per uur."
Zuma moet terug tronk toe, sê Grondwetkenner
2022-11-24"Volgens De Vos bevestig die Appèlhof se uitspraak dat mediese parool toegestaan kan word slegs indien die paroolraad bevestig dat die gevangene óf terminaal siek óf fisiek ongeskik is."
Polisie op gereedheidsgrondslag na Waluś se parool
2022-11-23"Die leier van die EFF, Julius Malema, was een van verskeie politieke leiers wat met optrede gedreig het."
Zuma was onwettig op parool, bevind Appèlhof
2022-11-22"Die hof het bevind dat die voormalige nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser, se besluit om mediese parool aan Zuma toe te staan, onwettig was."
Nuwe tabakwet beloof tronkstraf van tot 15 jaar
2022-11-18"Dit is alles deel van die regering se doel om openbare gesondheid te bevorder en in ooreenstemming te kom met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se raamwerkkonvensie oor die tabakbeheerverdrag."
Paneel kry 13 dae uitstel om Phala Phala-verslag in te dien
2022-11-17"Dit volg nadat daar uitstel verleen is vir die indiening van die onafhanklike komitee se verslag oor president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-debakel waartydens miljoene rand na bewering op sy wildsplaas geroof is."
Universiteit Stellenbosch se taalbeleid laat die vonke weer spat
2022-11-16"Oudregter Sisi Khampepe se verslag oor rassisme op die kampus van die Universiteit Stellenbosch het die taaldebat aan die universiteit van nuuts af laat opvlam. Voor- en teenstanders van die verslag vlieg mekaar oor en weer in die media en in persverklarings in die hare."
ActionSA verlaat DA-koalisie weens dienslewering
2022-11-15"Die brose koalisieregering in Ekurhuleni het ’n nuwe terugslag gekry nadat ActionSA uit die minderheidskoalisie onttrek het enkele dae nadat die DA se Tania Campbell as burgemeester van die metro herverkies is."
Julius Malema en Steve Hofmeyr albei in Menseregtekommissie se visier
2022-11-11"Beide Malema en Hofmeyr ontken dat hulle skuldig is aan haatspraak."
Regter kap na Afrikaans by US, maar DA meen dis verregaande
2022-11-10"Khampepe sê in haar verslag van 184 bladsye op grond van al die bewyse oor die spanning en probleme wat deur die universiteit se meertalige taalbeleid geskep word, moet die universiteit dit oorweeg om hierdie beleid te hersien om die moontlikheid van taaluitsluiting deur die voorkeur van Afrikaans uit te skakel."
