In het nieuws

Diversiteitsdebakel by skool laat gemoedere steeds hoog loop

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-09

"Gemoedere loop steeds hoog oor ’n voorval by die Fish Hoek High School in Kaapstad waar leerlinge na bewering getraumatiseerd is as gevolg van sogenaamde diversiteitsopleiding waar hulle glo onder andere wysgemaak is dat slegs wit mense rassisties kan wees."

Donkiekarre vir vervoer kos glo byna R1 miljoen

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-08

"Twee soorte karretjies is aangekoop. Sommige is tweesitplekkarretjies vir R32 500 en ander het vier sitplekke en kos R45 500."

Konstitusionele Hof sal oor omstrede padverkeerswet beslis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-04

"Die grondwetlikheid van die omstrede voorgestelde Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersmisdrywe (Aarto) sal op 15 November deur die Konstitusionele Hof aangehoor word. Die regering wil met die wet ʼn enkele nasionale stelsel skep om padverkeer te reguleer, wat die eksklusiewe wetgewende bevoegdheid van provinsies om dit te doen wegneem."

DA wil ’n stokkie voor ministers se buitensporige byvoordele steek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-03

"Dit volg nadat die media onlangs berig het kabinetsministers in Suid-Afrika betaal nie munisipale tariewe, insluitend water en elektrisiteit nie, ondanks hul maandelikse R200 000-salaristjeks."

Minister privaat vervolg vir dieremishandeling

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-02

"Die NDBV sê in ’n verklaring dit maak ’n bespotting van die regstelsel dat geregtigheid vir die lyding van honderde diere sedert 2014 voortdurend vertraag is."

Polisiestasies word van wapens beroof, bendelede infiltreer die polisie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-01

"Intussen het regter Daniel Thulare verlede week in ’n uitspraak onthul dat daar bande tussen bendelede en die polisie in die Wes-Kaap bestaan."

Waarskuwing oor moontlike terroriste-aanval het Suid-Afrikaners aan die raai

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-28

"Die waarskuwing het Suid-Afrikaners hot en haar laat gis op sosiale media oor die potensiële teiken van die beweerde aanval en of dit  ernstig opgeneem moet word."

Johannesburg se magsbalans steeds in die weegskaal   

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-27

"Regskenners waarsku egter dat haar oorwinning van korte duur kan wees as haar politieke teenstanders besluit om teen die uitspraak te appelleer."

Kaapstad se burgemeester wil keer dat Russiese oligarg voet aan wal sit       

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-26

"Hill-Lewis se ongewone versoek, komende van ’n burgemeester, geskied teen die agtergrond van die Russiese inval in Oekraïne wat deur die meeste lande ter wêreld veroordeel word. Suid-Afrika se regering weier egter om Rusland se optrede te veroordeel en staan op die kantlyn."

Dis-Chem se verbod op wit aanstellings gaan in die hof draai

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-25

"Nadat Dis-Chem verlede week die omstrede memorandum teruggetrek het weens die ‘swak bewoording’, het hulle egter gesê hulle staan ​​by die moratorium."

AfriForum en Malema al weer haaks oor beweerde haatspraak

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-21

"Die burgerregteorganisasie AfriForum en die EFF-leier, Julius Malema, is al weer haaks nadat Malema na bewering opruiende taal gebruik het tydens ’n EFF-saamtrek in die Wes-Kaap."

Druk op Dis-Chem en regering na bohaai oor rassebeleid

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-20

"Dit help nie om Dis-Chem te breek of bankrot maak te nie, maar dit is tyd dat Dis-Chem en ander maatskappye standpunt inneem teen geïnstitusionaliseerde rassisme."

Parlement is steeds ’n mislukte instelling, bevind Outa-verslag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-19

"Outa het die werk van 10 van hierdie komitees beoordeel. Die organisasie sê in hulle verslag daar was plek-plek tekens van goeie werk, maar in die geheel was daar te veel teleurstellings."

Kommer oor toename in gewelddadige plaasaanvalle

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-12

"Die voorlegging van hierdie ingrypings vir aanvaarding deur die kabinet is volgens Agri SA se uitvoerende hoofbeampte, Christo van der Rheede, lankal uitstaande. Hy het ’n beroep gedoen op die minister van polisie, Bheki Cele, om hierdie proses te versnel en om landelike veiligheid nou aan te spreek."

Dodelik giftige medisyne dalk ook in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-11

"Die vier produkte is Promethazine Oral Solution, Kofexmalin-babahoesstroop, Makoff-babahoesstroop en Magrip N-kouestroop. Die vervaardiger van hierdie produkte is Maiden Pharmaceuticals Limited (Haryana, Indië). Tot op hede het die vervaardiger geen waarborge aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verskaf oor die veiligheid en kwaliteit van hierdie produkte nie. Mense wat in besit van enige van hierdie produkte is of enige van hulle teëkom, word gewaarsku om seker te maak dat hulle dit nie gebruik nie en dit ook nie aan kinders toedien nie. Persone wat van sulke gevalle weet, word versoek om die Sahpra te kontak."

Donker naweek sonder water is Johannesburg se lot

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-07

"Asof beurtkrag nie genoeg van ’n uitdaging is nie, is dele van die stad al dae lank sonder water, met weinig vooruitsigte dat dit die naweek veel sal verbeter. Inwoners is Donderdag gewaarsku dat die damvlakke steeds krities laag is."

Regering word blameer vir Duitse toeris se dood

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-06

"Die dood van die Duitse toeris wat Maandag deur ’n bende kapers in Witrivier in Mpumalanga doodgeskiet is, kon vermy gewees het as die regering die basiese dinge gedoen het."

Moord op Duitse toeris stuur skokgolwe deur die wêreld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-05

"Dit is in die lig hiervan dat die land se toerismesektor by ’n onlangse byeenkoms van leiers in die toerismebedryf gevra het dat Suid-Afrika se sekuriteitsgroepering hulle moet help om toerismeveiligheid te versterk en vinnig op te tree teen die misdaad wat die sektor se potensiaal raak."

Onwettige grondbesettings is ’n krisis in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-04

"In die afgelope twee jaar het die Stad Kaapstad op meer as 14 500 grondbesettings gereageer en byna 180 000 strukture is verwyder. In die gewelddadige betogings wat op hierdie operasies gevolg het, is 80 beamptes beseer en meer as 94 voertuie vernietig."

ANC en Ramaphosa word gelooi oor Phala Phala

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-01

"Opposisiepartye sê hulle gaan dit nie daar laat nie. Hulle sal ander middele oorweeg om Ramaphosa tot verantwoording te dwing oor hierdie saak."

Verified by MonsterInsights
Top