In het nieuws

Eskom moet tot ’n ramptoestand verklaar word, sê DA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-20

"Die entiteit se ou eenhede is op lewensondersteuning en gee voortdurend in, wat daartoe lei dat kragonderbrekings op kort en uitmergelende kennisgewing aangekondig word, sê die party in ’n verklaring."

Buskaartjies, kettingbotsings en ruspes

Milton Webber In het nieuws 2022-04-20

"’n Paar kaartjiekontroleurs behandel ’n buspassasier hardhandig; busse loop weer na Oekraïne; Nederland se ambassade open weer in Oekraïne; voertuie van die Nederlandse weermag is in ’n kettingbotsing betrokke in Tsjeggië; groot skadevergoeding betaal ná ’n bevalling; en ruspes word met parasiete bestry."

Nasionale ramptoestand na grootse vloed ooit in SA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-19

"Omvangryke maatreëls is Maandagaand deur president Cyril Ramaphosa aangekondig om die nood aan te spreek nadat die grootste vloed ooit in Suid-Afrika ’n spoor van verwoesting in KwaZulu-Natal (KZN) agtergelaat het."

Xenofobie laat gemoedere opvlam

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-14

"Die 43-jarige Nyathi, wat as tuinier in Johannesburg gewerk het, is verlede week na bewering aangerand en aan die brand gesteek nadat hy gevra is om sy dokumente van herkoms te wys."

’n Busongeluk, probleemsjokolade, kopseer dagga en beter verpakking

Milton Webber In het nieuws 2022-04-14

"Twee mense in ’n busongeluk dood en 10 beseer; ’n bejaarde man word dood in water aangetref; sjokoladeprodukte word onttrek; toeriste mag dalk nie meer dagga koop nie; Albert Heijn wil minder verpakking gebruik; en prinses Ariane word 15."

Talle dood en vermis in  KZN vloedramp

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-14

"Die woordvoerder van die metropolisie in Durban, Parboo Sewpersad, het aan die SAUK gesê hy het nog nooit so iets beleef nie."

Oekraïne se ambassadeur pleit Suid-Afrika moet luister

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-12

"Suid-Afrikaners het uiteenlopend reageer op die ambassadeur se oproep dat Suid-Afrika na Oekraïne moet luister."

Ramaphosa trap steeds water oor Rusland

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-08

"President Cyril Ramaphosa het Donderdag tydens ’n konferensie vir die hoofde van Suid-Afrika se diplomatieke sendings weer eens geweier om Rusland te veroordeel vir die oorlog in Oekraïne. Die president sê Suid-Afrika sal sy onverbonde posisie verdedig en ’n onafhanklike buitelandse beleid handhaaf."

Meer vlugte na en van Suid-Afrika vanuit die Lae Lande

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-07

"Voornemende besoekers aan Suid-Afrika vanuit die Lae Lande sal binnekort ’n hele aantal bykomende vlugte hê om uit te kies."

Zelenski se diplomasie; probleme met treine en die posdiens; en ’n skietery

Milton Webber In het nieuws 2022-04-06

"Wolodimir Zelenski spreek die parlemente van beide Nederland en België toe; Mark Rutte reageer met skok op die afgryslike beeldmateriaal wat Sondag opgeduik het ná die Russe se onttrekking uit die voorstad Boetja; twee broers verlede Woensdag tydens ’n skietery by ’n McDonald’s-restaurant dood; die Belgiese polisie voer ’n klopjag op PostNL-depots uit; en ’n tegniese probleem het Sondag veroorsaak dat die hele Nederlandse treinnetwerk buite werking was."

Ramptoestand se einde is het einde niet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-06

"Suid-Afrikaners verwelkom die beëindiging van die nasionale ramptoestand wat Maandag om middernag werking getree het, maar is skepties oor die voorgestelde regulasies wat dit gaan vervang."

Zuma se Stalingrad-trein se stoom is op

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-04-01

"Die Hoogste Hof van Appèl het Donderdag vier petisies van Zuma teen sy vervolging met koste van die hand gewys. Zuma wou hê dat die staatsadvokaat, Billy Downer, hom aan die saak moet onttrek omdat hy glo bevooroordeeld teenoor Zuma is. Die oudpresident wou ook hê dat getuies geroep moet word om sy bewerings te staaf dat die staat onregverdig teenoor hom optree."

Ramptoestand word dalk volgende week beëindig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-31

"Die publiek het tot môre (Vrydag 1 April) geleentheid om kommentaar te lewer op die voorgestelde regulasies voordat dit finaal in die Staatskoerant gepubliseer word en die huidige regulasies herroep sal word."

Poetin se aggressie raak steeds die Lae Lande

Milton Webber In het nieuws 2022-03-31

"Die Russiese inval word steeds in die Lae Lande gevoel; somertyd word ingevoer; skraagdosisse teen Covid; ’n motorongeluk eis twee lewens; en groot skade ná ’n brand in ’n historiese kasteel."

Zuma en 20 beweerde staatskapers aangekla

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-30

"’n Yslike dossier met talle bekende name, waaronder dié van Jacob Zuma, is deur Solidariteit saamgestel van mense wat volgens hulle strafregtelik aangekla moet word."

Vrae oor Suid-Afrika en Rusland se vriendskap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-29

"Verskeie opposisiepartye en kommentators beskuldig die regering daarvan dat hulle op ’n diplomatieke ramp met veral Westerse lande afstuur weens hulle huiwering om ’n sterk standpunt in te neem oor Rusland se inval in Oekraïne."

Ramaphosa sê Suid-Afrika is oop vir besigheid

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-25

"Oor Eskom se aanhoudende beurtkrag wat beleggersvertroue ernstig in die wiele ry, het president Cyril Ramaphosa gesê hy besef dat geen ekonomie sonder ’n betroubare elektrisiteitsvoorsiening kan funksioneer nie. Daarom word daar nou die mees uitgebreide transformasie van die energiesektor in byna ’n eeu onderneem."

Oorlog in Oekraïne ruk Suid-Afrikaners se sakke

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-24

"Nadat dit agt maande lank konstant gedaal het, het die jaarlikse brood- en graaninflasie in Februarie tot 3,7% gestyg van 1,5% in Januarie. Hierdie kategorie sluit graangebaseerde voedsel in wat van koring, rys en mielies gemaak word. Die maandelikse verandering was ook beduidend."

Koninklike slaapplek vir vlugtelinge, skoon energie, musiek en motorongelukke

Milton Webber In het nieuws 2022-03-24

"Vlugtelinge uit Oekraïne mag binnekort koninklik ontvang word; ’n besonderse energiepark begin krag opwek; verskeie mense is dood in twee motorbotsings; en die Arvo Pärt-fees word luisterryk afgeskop."

ActionSA gee Makhosi Khoza die trekpas

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-23

"Makhosi Busisiwe Khoza, wat tydens die munisipale verkiesing ActionSA se burgemeesterskandidaat vir eThekwini was, is Maandagaand deur die party in die pad gesteek."

Verified by MonsterInsights
Top