In het nieuws
Poskantoor op ’n "hopelose pad na nêrens"
2022-03-22"Intussen het die voormalige uitvoerende hoof van die omstrede posmaatskappy, Mark Barnes, vroeër aangebied om ’n deel van die groep te koop in ’n poging om te help om dit na sy vorige glorie terug te bring."
Partye span saam teen regering se ramptoestand
2022-03-18"Volgende Woensdag sal dit twee jaar wees sedert Suid-Afrika ’n drie weke lange inperking betree het om voor te berei vir die COVID-19-epidemie."
Poetin se vreemde Suid-Afrikaanse bedmaats
2022-03-17"Twee van die land se mees omstrede en uitgesproke Afrikaners aan teenoorgestelde pole van die politieke spektrum, Carl Niehaus van die Zuma-faksie in die ANC en Dan Roodt wat hom vir ’n Afrikaner-volkstaat beywer, deel skynbaar ook ’n bewondering vir Poetin en weersin vir Westerse regerings wat Oekraïne steun."
Koebaai koronamaatreëls!
2022-03-17"Die kabinet in Nederland het besluit om vanaf volgende week Woensdag alle verpligte koronamaatreëls af te skaf, Nederland is by die stembus, verligting kom vir armer mense terwyl meer mense petrol steel en ’n waardevolle skat uit ’n vorige oorlog ontdek."
ANC se faksiegevegte steek die land aan die brand
2022-03-16"Volgens die verslag beskik president Cyril Ramaphosa nie oor die vermoë om die groeiende burgerlike onrus te bekamp nie, aangesien die faksies in die ANC met mekaar meeding om invloed, posisies en staatskontrakte."
Eise dat ramptoestand moet waai val op dowe ore
2022-03-15"Die verlenging van die ramptoestand met nóg ’n maand het Suid-Afrikaners die harnas in nadat die regering vroeër beloof het om dit spoedig op te hef."
Minister pleit vir meer moedertaalonderrig
2022-03-11"Sy sê onderwysers gebruik verskillende tale in klasse om kinders te help om te leer en hul punt oor te dra. Wanneer dit egter kom by assesserings – wat tipies in Engels gedoen word – word hulle weer gedwing om te worstel met ’n taal wat hulle nie verstaan het terwyl hulle geleer het nie."
Poetin se oorlog hou Europa besig
2022-03-10"Poetin se aggressie in Oekraïne word ook deeglik in die Lae Lande gevoel; ’n ander despoot se standbeeld word aangeval; en padsterftes haal dié week die nuus."
Suid-Afrika op die rand van algehele kragkrisis
2022-03-10"Wynand Boshoff van die Vryheidsfront Plus sê in ’n verklaring kragverbruikers wat die vernietigende uitwerking van hierdie krisis wil afweer, sal hul eie planne moet maak. Die prys van sonpanele en rugsteunbatterye moet nie meer met munisipale kragtariewe vergelyk word nie, maar met die skade van langdurige en gereelde kragonderbrekings."
Donker week wag nadat Eskom se fut weer uit is
2022-03-09"Die enigste lig vorentoe in Eskom se donker tonnel is dat Kaapstad ’n bystandskenking van byna R2 miljoen ontvang het vir sy nuwe energieplanne."
Ramaphosa probeer walgooi teen kritiek oor Oekraïne
2022-03-08"Ramaphosa skryf in sy weeklikse nuusbrief Suid-Afrika het buite stemming gebly omdat die resolusie nie die oproep tot betekenisvolle onderhandelings om die geskil op te los op die voorgrond gestel het nie."
SA se draadsittery oor Oekraïne wyd gekritiseer
2022-03-04"Suid-Afrika se weiering om hom by die meerderheid van die internasionale gemeenskap te skaar in hul verwerping van Rusland se optrede in Oekraïne is in skrille kontras met die wense van Westerse moondhede en die Suid-Afrikaanse burgerlike samelewing."
Ramaphosa sit met ’n warm patat in sy kabinet
2022-03-03"Die President het al herhaaldelik beloof dat almal wat betrokke was by staatskaping vervolg moet word, en dat hy sy regering wil suiwer van diegene wat betrokke was."
Donker wolke van onsekerheid sak op Europa toe
2022-03-02"Ondanks al die waarskuwings het niemand gedink dat Rusland Oekraïne wel sou inval nie. Die Weste, insluitend die Lae Lande, het dadelik gereageer met ongekende streng sanksies." ~ Milton Webber berig hieroor en nog meer.
Premier steek minister in pad oor beweerde seks en drank
2022-03-02"Dié bevinding word gemaak in ’n verslag nadat ’n ondersoek van stapel gestuur is om die waarheid te toets van verskeie ernstige bewerings wat teen Fritz gemaak is, en wat tot sy skorsing verlede maand gelei het."
SA klink glasies met die Russe nadat Oekraïne binnegeval is
2022-03-01"‘Die groteskheid van hierdie gebaar kan nie oorbeklemtoon word nie. Stel jou voor dat jy ’n glas lig op die mag van die Duitse leër by die Duitse ambassade op die dag dat Hitler Pole binnegeval het,’ sê Steenhuisen in sy verklaring." Lees Jean Oosthuizen se berig.
Suid-Afrika se finansies is in veiliger hande
2022-02-25"Die land se finansies is ongetwyfeld in veiliger hande. Daar behoort egter groter aandag gegee te word aan die land se skuldprobleem."
EFF en AfriForum se hofsaak skeur Suid-Afrikaners uiteen
2022-02-24"EFF-ondersteuners staan bankvas agter Malema se verdediging van die omstrede lied en is eenstemmig in hulle verdediging daarvan. Onder sy opponente is daar egter geen eenstemmigheid of dit wys was om die saak weer op dié manier in die kollig te plaas nie."
Oekraïne ook op die spits in die Lae Lande
2022-02-23"Rusland se optrede met betrekking tot Oekraïne word met sanksies gestraf; Nederland en België oorweeg nou om wapens aan Oekraïne te lewer; ’n gyselaarsdrama in Amsterdam; enorme storms veroorsaak ongekende skade in Europa; premier Rutte vra verskoning vir Nederlanders se optrede tydens Indonesië se vryheidstryd; en ’n gesonke Nederlandse vragskip is klaarblyklik aan die Suid-Afrikaanse kus opgespoor."
Daar is ’n ding in Nelson Mandelabaai se drinkwater
2022-02-23"Die water is glo deur bakterieë besmet nadat spore van E coli – menslike of dierlike afval – in toetsmonsters ontdek is."
