In het nieuws
Ramptoestand se moontlike afskaffing word weer bekyk
2022-02-01"Suid-Afrikaners sal binnekort weet of die ramptoestand wat oor twee weke verstryk, vir nóg ’n maand verleng gaan word en of die regering gaan gehoor gee aan die talle oproepe uit verskeie oorde om dit na byna twee jaar te beëindig."
Kommer oor duisende leerlinge wat nooit matriek haal nie
2022-01-28"Altesaam 897 163 leerders het verlede jaar die matriekeksamen geskryf, maar die graad 10-inskrywings in 2019 was 1 045 424. Dit beteken dat minstens 148 261 leerders binne slegs twee jaar uit die stelsel uitgeval het en nie matriek voltooi het nie."
Wêreldbekende Robbeneiland word glo verwaarloos en wanbestuur
2022-01-27"Daar word al maande in die media berig dat hierdie historiese erfenis van Suid-Afrika gruwelik verwaarloos word, vervalle is en in ’n toestand van wanorde verkeer. Toeriste wat die eiland besoek, kla ook oor die buitensporige prys wat hulle moet betaal om daarheen te gaan. Die eiland is een van die land se belangrikste post-1994 erfenissimbole."
Covid-kenners meen maskers en ramptoestand is uitgedien
2022-01-26"Hy glo wel dat diegene wat weier om ingeënt te word, die gevolge moet dra. Hy sê sulke mense sal moet aanvaar dat sekere deure vir hulle gesluit sal word soos wat met die tennisspeler Novak Djokovic in Australië gebeur het."
Verstekelinge, vlugtelinge, verraaiers, voëlgriep en vokale protes
2022-01-25"’n Verstekeling is op Schiphol in die neuswiel van ’n vragvliegtuig uit Suid-Afrika aangetref; omstredenheid oor The voice of Holland kring verder uit; die Switserse Anne Frank-fonds het die bevindings van die ondersoekspan oor die beweerde verraaier van Anne Frank en haar gesin skerp gekritiseer; gewelddadige betogings wil stem verleen aan diegene wat skynbaar nie gehoor word nie; en voëlgriep rig groot skade in die landbou aan."
Wes-Kaap spog met van die wêreld se gewildste bestemmings
2022-01-25"TSI gebruik die nuutste tegnologie om die krag van kunsmatige intelligensie toe te pas om sentimente van mense se voorkeure te ontsyfer. Dit is die eerste keer ooit dat bestemmings regoor die wêreld op so ’n wyse gerangskik word om die plekke te ontdek wat werklik die mees geliefd is."
Weerstand teen verpligte COVID-19-inentings bou op
2022-01-21"Ten spyte van ’n oorwig getuienis dat inenting teen COVID-19 help om die verspreiding van die virus te bekamp en help voorkom dat mense ernstig siek word of sterf as gevolg daarvan, is daar hewige teenstand onder baie Suid-Afrikaners wanneer dit by verpligte inentings kom."
Hof genader om die nasionale ramptoestand te beëindig
2022-01-20"Die Solidariteit-beweging, waaronder Solidariteit en AfriForum, gaan met regstappe begin om die howe te vra om die ramptoestand te beëindig, terwyl Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, vra dat buitelugfasiliteite tot volle kapasiteit heropen mag word."
Dood en verraad in die Lae Lande
2022-01-19"Die gewilde sangkompetisie The voice of Holland word onmiddellik stopgesit; ’n jongman van Franse afkoms word aangekeer kort nadat hy glo ’n niksvermoedende vrou voor ’n aankomende moltrein gestoot het; ’n vierjarige se lyk word gevind; en ’n ondersoekspan het skynbaar die verraaier van Anne Frank geïdentifiseer."
Suid-Afrikaners huil krokodiltrane oor Redro se heengaan
2022-01-19"Suid-Afrikaners is in sak en as omdat een van hulle geliefde happies, naamlik vissmeer wat gewoonlik saam met roosterbrood geëet word, besig is om van die winkelrakke te verdwyn en blykbaar nie weer aangevul gaan word nie."
Hof het beslis oor matrieksuitslae in koerante
2022-01-18"Volgens Natasha Venter, bestuurder vir onderwysregte by AfriForum, dien die openbare opgewondenheid wat met die publisering van matriekuitslae gepaardgaan, as motivering vir toekomstige matrieks."
Hof bevind omstrede verkeerswet ongrondwetlik
2022-01-14"Die Hooggeregshof in Pretoria het die Aarto-wysigingswet waarop die beplande strafstelsel vir verkeersoortredings gebaseer is, ongrondwetlik en ongeldig verklaar."
’n Nuwe Nederlandse kabinet, misdaad en Covid
2022-01-13"Die nuwe Nederlande kabinet is uiteindelik Maandag ingehuldig; ’n 14-jarige misdaadslagoffer word begrawe; moontlik aanslag op joernalis afgeweer; betogings teen inperking duur voort, terwyl infeksies styg. Hospitalisering neem af in Nederland, terwyl België dalk nie meer Covid-gevalle in hospitale gaan prioritiseer nie."
Oproepe om weg te doen met ramptoestand, maskers en ander Covid-regulasies
2022-01-13"Daar bestaan geen regverdiging meer vir die nasionale ramptoestand om die koronavirus te help bekamp nie, en dit behoort opgehef te word wanneer dit Saterdag (15 Januarie) verval; dit is die mening van wetenskaplikes én politici."
EU hef lugreisverbod teen Suid-Afrika op
2022-01-12"Wetenskaplikes het die doeltreffendheid van die verbod bevraagteken en die Wêreldgesondheidsorganisasie het lande versoek om refleksreaksies op die ontdekking van die Omikron-variant te vermy."
Nelson Mandela se tronksleutel op pad terug na Suid-Afrika
2022-01-11"Hierdie sleutel is ’n lewende bewys van Suid-Afrikaners se lang pad na vryheid en behoort aan die mense van Suid-Afrika. Dit moet dus met reg na die land terugbesorg word."
Opposisiepartye eis aksie na Zondo se verslag
2022-01-07"Die DA en die Vryheidsfront Plus het albei in sterk bewoorde verklarings druk op president Cyril Ramaphosa uitgeoefen om toe te sien dat die kommissie se aanbevelings uitgevoer word."
Zondo ontbloot ’n katnes van korrupsie en bedrog
2022-01-06"Die verslag wemel van ‘vuil geld’ wat hande verwissel het en eerlike mense wat in die pad gesteek en met gulsige opportuniste in sleutelposisies vervang is."
Onrus en vuurwerk lui die nuwe jaar in
2022-01-05"Die nuwe jaar het onrustig en onlustig begin in Nederland met verskeie betogings en selfs ’n moord. In België is vier mense dood weens ’n gasontploffing. Daar is ook uitstekende nuus vir kunsliefhebbers."
Ramaphosa ontvang eerste Zondo-verslag oor staatskaping
2022-01-05"Die inhoud van die verslag is direk nadat dit aan Ramaphosa oorhandig is, ook op die regering se webwerf vir die publiek se insae beskikbaar gestel. Ramaphosa sê hy sal elke deel van die verslag onmiddellik aan die publiek bekend maak nadat hy dit ontvang het."
