In het nieuws
Nederland se politici gevra om druk op Suid-Afrika te plaas
2021-10-08"Daar is Dinsdag en Woensdag gesprekke gevoer met lede van verskeie politieke groeperinge in die Europese parlement, met die doel om die Europese Unie aan te moedig om standpunt in te neem oor sake soos grondonteiening sonder vergoeding, raswette, korrupsie en die staatsverval in Suid-Afrika."
Suid-Afrika is ideale plek om meertaligheid te bestudeer
2021-10-07"Die waarskynlikheid dat enige nuwe persoon wat jy in Suid-Afrika raakloop, dieselfde moedertaal as jy sal hê, is ’n skrale 13%. 'Dít maak Suid-Afrika, met sy klomp verskillende tale, die ideale omgewing om aspekte van meertaligheid te bestudeer,' sê Emanuel Bylund, navorsingsleier by die Universiteit Stellenbosch se MultiCog-lab, oftewel die laboratorium vir meertaligheid en kognisie. Die MultiCog-lab (Departement Algemene Taalwetenskap) is volgens die US se webwerf die enigste van sy soort op die Afrikavasteland."
Lae Lande-nuus: ’n "Nuwe regering" en meer betogings teen die koronapas
2021-10-06"Ná maande van beraadslaging is daar uiteindelik sprake van ’n 'nuwe regering' in Nederland te midde van hernude betogings teen die invoer van die inentingstoegangsbewys, sigarette kom onder skoot en Nederlanders mag nou aanlyn dobbel."
Verpligte inentings in Suid-Afrika is "laaste" uitweg teen COVID-19
2021-10-06"Verpligte inentings in die stryd teen COVID-19 sal nie noodwendig strydig wees met die land se Grondwet nie, en al hoe meer instellings ondersoek die moontlikheid. Die Menseregtekommissie (MRK) het nou ook tot die debat oor verpligte inenting toegetree. Die MRK sê dit is hoogs waarskynlik dat ’n wet wat inentings verpligtend maak, nie strydig met die Grondwet is nie, maar dit moet die heel laaste uitweg wees."
Suid-Afrika by Verenigde Nasies aangekla oor "rasmalheid"
2021-10-05"Die huidige klag volg ná ’n lang stryd wat die vakbond al sedert 2016 by die VN oor die Suid-Afrikaanse regering se rassebeleid voer. Dit is die eerste keer dat die Suid-Afrikaanse regering formeel by die VN oor rassediskriminasie aangekla word ingevolge die Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Rassediskriminasie (ICERD)."
DA begin petisie om Afrikaans as inheemse taal te erken
2021-10-01"Die petisie is gerig aan die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, in reaksie op sy klassifisering van Afrikaans as 'uitheems' in sy departement se Beleidsraamwerk vir Hoëronderwysinstellings."
Tronkstraf geëis vir betrokkenes van Digital Vibes-skandaal
2021-09-30"Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor Digital Vibes, wat onder andere bewusmaking moes doen onder die publiek oor die COVID-19-pandemie, bevat verdoemende getuienis van grootskaalse leuens en bedrog waarby die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, en sy familie direk betrek word."
Druk neem toe op minister om Afrikaans as inheems te erken
2021-09-29"Die DA het Maandag ’n klag by die Menseregtekommissie teen Nzimande ingedien oor sy aandrang dat Afrikaans as ’n 'uitheemse' taal in Suid-Afrika geklassifiseer word. Volgens die DA is dié standpunt haatdraend en ongrondwetlik."
Minister geskors, betogings teen koronapas
2021-09-28"Honderde betogers het in verskeie stede in Nederland hul protes aangeteken teen die nuwe maatreël van ’n korona-toegangsbewys. Op dieselfde dag het staatsekretaris Mona Keijzer die trekpas gekry – juis oor die pas. Mark Rutte se beveiliging is sterk verskerp en al minder Franssprekende leerders in België neem Nederlands."
Europese parlemente gevra om druk uit te oefen op Suid-Afrika se rassebeleid
2021-09-28"’n Afvaardiging van die vakbond Solidariteit het verlede Vrydag uit Suid-Afrika na Europa vertrek om die lande te probeer oorreed om die Suid-Afrikaanse regering onder druk te plaas."
Konstitusionele Hof sê Afrikaans is nie die taal van rassiste en onderdrukkers nie
2021-09-24"Die vereenvoudigde aanname dat Afrikaans die taal van wit mense en onderdrukkers is, berus geheel en al op waninligting wat indruis teen die ware geskiedenis van die taal se oorsprong en ontwikkeling."
Skok na moord op onderwyser by skool
2021-09-23"Die twee verdagtes het die onderwyser se motor genader kort voordat die skool begin het. Hulle het hom ten aanskoue van kinders doodgeskiet voordat hulle op die vlug geslaan het. Hy was in sy voertuig besig om sy Bybel te lees."
Suid-Afrikaners weer in baie lande welkom, maar Brittanje skop vas
2021-09-22"Suid-Afrikaners wat ten volle ingeënt is, sal binnekort toegelaat word om weer vrylik na die VSA te reis en is ook welkom in onder meer Duitsland, Switserland, Frankryk, Spanje en Switserland."
Somber Prinsjesdag en ’n nuwe werk deur Vincent van Gogh
2021-09-22"Die derde Dinsdag in September, was soos gewoonlik Prinsjesdag. Intussen is die kabinet verlede week geruk deur die bedanking van die minister van buitelandse sake, Sigrid Kaag. Dit volg ná ’n mosie van afkeuring teen haar weens haar hantering van die ontruiming in Afganistan van mense wat die regering gehelp het. Ook, ’n nuwe werk van die bekende Nederlandse skilder Vincent van Gogh is pas ontdek."
DA-parlementslid boos vir Vryheidsfront Plus na bloutjie in die hof
2021-09-21"Die DA het in die jongste verlede landwyd steun onder blanke kiesers aan die Vryheidsfront Plus afgestaan."
Suid-Afrikaners glo korrupsie is nou erger as ooit
2021-09-17"Die meeste Suid-Afrikaners glo dat korrupsie toegeneem het onder Ramaphosa se bewind – selfs in die President se eie kantoor."
Zuma se vrylating “om veiligheidsredes” geheim gehou
2021-09-16"Die Jacob Zuma-stigting het Woensdag op Twitter gesê weens ’n stortvloed navrae van die media stel hulle die media in kennis dat sy ontslagdatum ter wille van sy veiligheid nie nou bekendgemaak sal word nie."
Zuma se vroeë vrylating dringend na hof verwys
2021-09-15"Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hulle is in die proses om ’n dringende hofaansoek teen sowel die Departement van Korrektiewe Dienste as die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, te beteken oor die vrylating van Jacob Zuma op mediese parool."
Uber steier, Nederland betoog, ’n wolf en ’n slang
2021-09-14"Die regter het beslis dat Uber sy bestuurders permanent in diens moet neem, betogers het die strate ingevaar om hul frustrasie te kenne te gee, ’n reuseluislang is in die Gent-Terneuze-kanaal gewaar en ’n wolf het twee Shetlandponies doodgebyt."
Irrasionele inperkings moet end kry
2021-09-14"Die instel van entstofpaspoorte word tans ondersoek, wat onder andere beteken dat diegene wat teen die virus ingeënt is, voordeel sal trek uit aansporings soos die bywoning van musiekkonserte, sportwedstryde en meer."
