In het nieuws
Eskom dompel Suid-Afrika al hoe dieper in die duister
2021-06-11"Ramaphosa sê die pas van ekonomiese herstel sal kan koers kry slegs indien die regering die krisis spoedig oplos. Hy sê dit is tans die regering se belangrikste prioriteit. Daarom word die 1 megawatt beperking op munisipaliteite en ondernemings om self krag op te wek opgehef om tot 100 megawatt sonder ’n lisensie toe te laat."
Wêreld wonder en gons oor tienling van Suid-Afrika
2021-06-10"’n Vrou van Gauteng wat glo geboorte geskenk het aan 10 babas het Suid-Afrikaners en die res van die wêreld die afgelope week aan die gons gehad toe selfs die regering nie daarin kon slaag om die vrou en haar kroos op te spoor nie."
Suid-Afrikaanse landbou vra buitelandse hulp oor grondonteiening
2021-06-09"Verskeie waarnemers meen die ANC wil die Grondwet-wysiging oor eiendomsreg gebruik om kiesers mee te lok om tydens vanjaar se munisipale verkiesing vir die ANC te stem."
Nuus uit die lae lande: Koronakorrupsie, repatriasie, vliegtuie en klaprose
2021-06-08"In Nederland het die 30-jarige politieke kommentator Sywert van Lienden na wat verneem word nie minder nie as €9 miljoen, sowat R148 miljoen, uit die sogenaamde mondkapjesdeal verdien. Vroue-aktiviste wil graag terugkeer na België. Die hof by Schiphol het Maandag uiteindelik met die hofsaak van vlug MH17 begin. ’n Vrou het aan boord van ’n vlug vanaf Nairobi na Amsterdam geboorte geskenk. Die papawers, of klaprose soos hulle hier bekend staan, is vanjaar ’n lus vir die oog."
Rassisme is nie Suid-Afrika se grootste probleem nie, volgens meningspeiling
2021-06-08In dié Instituut vir Rasseverhoudinge-peiling is mense ook gevra of 'al hierdie praatjies van rassisme en kolonialisme' net politici is wat verskonings probeer soek vir hul mislukkings. Die meeste mense het ja gesê.
Wêreld frons oor "bisarre ontwapening" van boere
2021-06-04"Agri SA sê in hulle verklaring in ʼn land met een van die hoogste moordsyfers in die wêreld is dit ondenkbaar dat gemeenskappe nie toegelaat sal word om hulle reg op selfbeskerming uit te oefen indien die voorgestelde wysiging in die wet goedgekeur word nie."
Solidariteit sê regering mislei publiek oor Kubane
2021-06-03"Die regering se besluit om Kubaanse ingenieurs Suid-Afrika toe te laat kom om die land se waterinfrastruktuur te help herstel, het tot ’n volskaalse bekgeveg tussen die regering en die vakbond Solidariteit gelei wat waarskynlik in die hof beslis sal word. Volgens minister Lindiwe Sisulu is Solidariteit se kritiek onnodig, uit bitterheid gebore en dui dit op haat teenoor die Kubane."
Duisende Suid-Afrikaners maak beswaar teen sogenaamde ontwapening
2021-06-02"Die VF Plus se provinsiale leier in Mpumalanga, Werner Weber, sê die jongste plaasaanval in Mpumalanga beklemtoon die noodsaak om ’n vuurwapen te besit vir selfbeskerming asook vir meer effektiewe landelike beveiliging."
Nuus uit die Lae Lande
2021-06-02"Die treinverkeer in Nederland het Maandagmiddag tot stilstand geknars na ’n tegniese fout. Minister-president Mark Rutte is uiteindelik ook ingeënt. ’n 36-jarige ma van ’n baba op straat doodgesteek. Milieudefensie het verlede Woensdag ’n regsaak teen die oliereus Shell gewen. Die wolf is met mag en mening terug in die Lae Lande."
Duitsland erken uiteindelik volksmoord in Namibië
2021-06-01"Meer as 100 jaar later het Duitsland verskoning gevra vir sy rol in die massamoord, nou erken as volksmoord, op tienduisende Herero’s en Namas tussen 1904 en 1908 in Namibië (destydse Duits-Suidwes-Afrika) deur Duitse troepe."
Druk op Zweli Mkhize om te bedank na COVID-19-skandaal
2021-05-27"Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, is deur opposisiepartye en belangegroepe gevra om opsy te staan na bewerings van onreëlmatige kontrakte van miljoene rand deur sy departement."
Voortreflike Suid-Afrikaanse wyne vir 2021
2021-05-26"Wynliefhebbers van regoor die wêreld kan vanjaar uitsien na voortreflike Suid-Afrikaanse wyne van ’n heelwat koeler en later 2021-wyndruifseisoen in Suid-Afrika."
Woede omdat regering burgers wil ontwapen
2021-05-25"Hierdie konsep, in sy huidige formaat, sal tot gevolg hê dat burgers weerloos gelaat word in ’n land waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens reeds ruiterlik erken het dat hulle nie oor die vermoë beskik om die burgers van die land teen ’n misdaadvlaag te verskans nie."
Geweld in Amsterdam
2021-05-24"Nederland het die afgelope week te make gehad met twee gewelddadige voorvalle in Amsterdam. In België in die voortvlugtige soldaat Jürgen Conings ná ’n week steeds op vrye voet."
Tussenverkiesings: DA verloor meeste wyke
2021-05-21"Woensdag se uitslag, wat as ’n barometer beskou word van wat later vanjaar verwag kan word wanneer die hele land na die stembus gaan om nuwe stadsraadslede te kies, word verskillend deur die land se twee grootste politieke partye vertolk."
Solidariteit hof toe oor Kubaanse ingenieurs
2021-05-20"Die vakbond Solidariteit glo egter die regering speel nie oop kaarte met die publiek oor waarom Suid-Afrikaners kwansuis nie die werk kan doen nie."
Die lang messe in die ANC is uit
2021-05-19"Die lang messe in die ANC is nou behoorlik uit vir mekaar. ’n Bloedige regstryd waarin die verskillende faksies mekaar in die hof gaan beveg is op hande na die tydelike skorsing van Ace Magashule. Intussen het Jacob Zuma die afgelope week gedreig om sekere 'diep geheime' van die ANC te verklap as daar nie opgehou word hom te 'teiken' nie."
Chaos en wanorde by polisie se Sentrale Vuurwapenregister
2021-05-18"Die polisie se Sentrale Vuurwapenregister is in ʼn totale chaotiese en wanordelike toestand. Duisende aansoeke vir vuurwapens lê opgestapel in kantore en gange waar die aansoeke geberg word."
Plaasmoorde neem toe en word al hoe wreder
2021-05-14"In 22% van die aanvalle is slagoffers wreed gemartel deur hulle met strykysters te brand, dood te slaan of dood te skop, of herhaaldelik met ’n skerp voorwerp te steek."
Minibustaxi’s ontduik op groot skaal belasting
2021-05-13"Terwyl die minibustaxibedryf aandring op regeringsubsidies, betaal die hele bedryf volgens die Minister altesaam jaarliks slegs R5 miljoen belasting."
