In het nieuws
Ace Magashule kry ’n geel kaart van sy party
2020-12-16"President Cyril Ramaphosa en sy ondersteuners het ’n morele oorwinning behaal in die geveg teen korrupsie binne die ANC. Die party se top-amptenaar en sekretaris-generaal, Ace Magashule, het Dinsdag ’n geel kaart van sy party se integriteitskommissie ontvang, wat aanbeveel het hy moet die politieke veld verlaat totdat hy onskuldig bevind is aan korrupsie."
COVID-19 plaas demper op feestyd
2020-12-11"Die Wes-Kaap se premier, Alan Winde, sê gedragsverandering is die mees effektiewe wapen teen die virus totdat daar ’n effektiewe entstof beskikbaar is om die verspreiding van die virus te keer."
Gebrek aan moedertaalonderrig knou wiskunde en wetenskap
2020-12-10"Die standaard van Suid-Afrikaanse leerders in graad 5 en 9 in wiskunde en wetenskap is steeds van die heel swakste in die wêreld."
Politieke party sê Wes-Kaapse minister van onderwys is apologeet van rassisme
2020-12-09"In die departement van onderwys se ondersoek is bevind die uitnodiging na die byeenkoms is wyd gesirkuleer op WhatsApp-groepe en het geen persoon van enige ras uitgesluit nie."
Nóg ’n verdoemende hofuitspraak teen openbare beskermer
2020-12-08"Die hof het snydende kommentaar gelewer oor haar werksaamhede en ook ’n kostebevel teen haar uitgereik."
Weermag gaan help om boere te beveilig
2020-12-03"Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) en die landbou-organisasie Agri SA gaan hande vat om die landbougemeenskap, wat swaar gebuk gaan onder plaasaanvalle, te beveilig."
DA vra buitelandse hulp teen plaasmoorde
2020-12-02"Die DA het aan tien voorste internasionale menseregte-agentskappe geskryf om hulle te vra om druk op die ANC-regering te plaas in die stryd teen plaasmoorde. Dit volg ná nog plaasaanvalle die afgelope naweek."
Verdere maatreëls kom om COVID-19 te stuit
2020-12-01"Suid-Afrikaners staar op die vooraand van die feesseisoen strenger maatreëls in die gesig om die verspreiding van die koronavirus te probeer stuit. Die owerhede hoop egter om nie weer ’n algehele inperking soos vroeër vanjaar af te kondig nie. Dit volg nadat die getal nuwe infeksies in veral die Wes-Kaap en Oos-Kaap besig is om teen ’n kommerwekkende koers te styg. Die Wes-Kaapse distriksdirekteur van die Departement van Gesondheid, Zee Brickles, sê gesondheidsinstansies in die streek is besig om hospitaalbeddens aan te vul in openbare en staatshospitale."
Nog klagtes ingedien teen EFF se opstokery
2020-11-27"Die leier van die EFF het tydens ’n byeenkoms in die Vrystaat gesê dat hulle polisielede in hulle huise sal aanval."
Optrede geëis nadat Malema uitvaar teen polisie
2020-11-26"Die minister van polisie, Bheki Cele, het Malema se uitsprake oor die polisie as roekeloos en onverantwoordelik bestempel."
Webwerf wil Bird Island se leuens oopvlek
2020-11-25"Victor sê die nastrewing van die waarheid en geregtigheid noodsaak die daarstel van die webwerf."
Keelvol Zondo laat Zuma krimineel aankla
2020-11-24"Zondo het dit Maandag met die aanvang van die kommissie se verrigting opnuut beklemtoon dat Zuma se optrede verlede week ’n strafregtelike oortreding is."
Zuma se minagting van Zondo is ernstige sake
2020-11-20"Terwyl die kommissie vir tee verdaag het, het Zuma en sy regspan spore gemaak en nie weer ná tee hulle verskyning gemaak nie."
Donker tye vir Suid-Afrikaanse media
2020-11-19"Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) sê in ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is hulle is besorg oor die huidige onstabiliteit by die SAUK. Die SAUK het aan die einde van Maart vanjaar ’n netto verlies van R511 miljoen getoon."
EFF wil weer ontwrigting saai by Kaapse skool
2020-11-18"Die EFF dreig om Vrydag vir ’n tweede keer by die Hoërskool Brackenfell in die Kaap te betoog teen beweerde rassisme by die skool."
Korona skrik beleggers af
2020-11-17"President Cyril Ramaphosa hoop egter die week se konferensie sal wys dat Suid-Afrika steeds aanloklik is vir beleggers."
DA kry slae in tussenverkiesings
2020-11-13"Die politieke kommentator Piet Croucamp het op Twitter gesê die DA is vooraf gewaarsku hulle gaan steun verloor, maar diegene wat hulle gewaarsku het, is afgemaak as dom, onkundig, eendimensioneel en nog meer."
Ace Magashule se hofsaak kan ANC verder verdeel
2020-11-12"Magashule word van korrupsie aangekla, wat verband hou met ’n asbes-kontrak van R255 miljoen in die Vrystaat terwyl hy die premier was."
Vonke spat by Kaapse skool oor ras
2020-11-11"Die onderonsie waartydens die vuiste gebal en selfs skote geklap het, het gevolg nadat die indruk vermoedelik geskep is dat die Hoërskool Brackenfell ’n matriekafskeid gereël het waarheen slegs wit kinders genooi is."
