In het nieuws
AfriForum en DA loop bloutjies in hof oor oop strande
2020-12-24"Die burgerregteorganisasie AfriForum en die DA het albei bloutjies geloop in die hof met hulle pogings om die regering se sluiting van sekere strande as gevolg van COVID-19 ongrondwetlik te laat verklaar."
Zondo staan vas dat Zuma moet getuig
2020-12-23"Die kommissie wil beide president Cyril Ramaphosa en sy voorganger, Jacob Zuma, ondervra voordat regter Raymond Zondo hoop om in Maart te begin om sy verslag met die bevindings op te stel."
Kaapse dokters waarsku teen COVID hel
2020-12-22"Twee mediese dokters in die Wes-Kaap het hulle frustrasie op sosiale media uitgestort met mense wat nie die omvang van COVID-19 wil besef nie."
DA en regering bots skerp oor toe strande
2020-12-18"Die DA het Donderdag op twee fronte oorlog verklaar teen wat hulle beskou as die regering se drakoniese maatreëls om COVID-19 tydens die feesseisoen te beveg."
DA en AfriForum neem regering moontlik hof toe oor toe strande
2020-12-17"Die DA en AfriForum het albei aangedui dat hulle die besluit in die hof gaan beveg, tensy die regering sy besluit heroorweeg."
Ace Magashule kry ’n geel kaart van sy party
2020-12-16"President Cyril Ramaphosa en sy ondersteuners het ’n morele oorwinning behaal in die geveg teen korrupsie binne die ANC. Die party se top-amptenaar en sekretaris-generaal, Ace Magashule, het Dinsdag ’n geel kaart van sy party se integriteitskommissie ontvang, wat aanbeveel het hy moet die politieke veld verlaat totdat hy onskuldig bevind is aan korrupsie."
COVID-19 plaas demper op feestyd
2020-12-11"Die Wes-Kaap se premier, Alan Winde, sê gedragsverandering is die mees effektiewe wapen teen die virus totdat daar ’n effektiewe entstof beskikbaar is om die verspreiding van die virus te keer."
Gebrek aan moedertaalonderrig knou wiskunde en wetenskap
2020-12-10"Die standaard van Suid-Afrikaanse leerders in graad 5 en 9 in wiskunde en wetenskap is steeds van die heel swakste in die wêreld."
Politieke party sê Wes-Kaapse minister van onderwys is apologeet van rassisme
2020-12-09"In die departement van onderwys se ondersoek is bevind die uitnodiging na die byeenkoms is wyd gesirkuleer op WhatsApp-groepe en het geen persoon van enige ras uitgesluit nie."
Nóg ’n verdoemende hofuitspraak teen openbare beskermer
2020-12-08"Die hof het snydende kommentaar gelewer oor haar werksaamhede en ook ’n kostebevel teen haar uitgereik."
Weermag gaan help om boere te beveilig
2020-12-03"Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) en die landbou-organisasie Agri SA gaan hande vat om die landbougemeenskap, wat swaar gebuk gaan onder plaasaanvalle, te beveilig."
DA vra buitelandse hulp teen plaasmoorde
2020-12-02"Die DA het aan tien voorste internasionale menseregte-agentskappe geskryf om hulle te vra om druk op die ANC-regering te plaas in die stryd teen plaasmoorde. Dit volg ná nog plaasaanvalle die afgelope naweek."
Verdere maatreëls kom om COVID-19 te stuit
2020-12-01"Suid-Afrikaners staar op die vooraand van die feesseisoen strenger maatreëls in die gesig om die verspreiding van die koronavirus te probeer stuit. Die owerhede hoop egter om nie weer ’n algehele inperking soos vroeër vanjaar af te kondig nie. Dit volg nadat die getal nuwe infeksies in veral die Wes-Kaap en Oos-Kaap besig is om teen ’n kommerwekkende koers te styg. Die Wes-Kaapse distriksdirekteur van die Departement van Gesondheid, Zee Brickles, sê gesondheidsinstansies in die streek is besig om hospitaalbeddens aan te vul in openbare en staatshospitale."
Nog klagtes ingedien teen EFF se opstokery
2020-11-27"Die leier van die EFF het tydens ’n byeenkoms in die Vrystaat gesê dat hulle polisielede in hulle huise sal aanval."
Optrede geëis nadat Malema uitvaar teen polisie
2020-11-26"Die minister van polisie, Bheki Cele, het Malema se uitsprake oor die polisie as roekeloos en onverantwoordelik bestempel."
Webwerf wil Bird Island se leuens oopvlek
2020-11-25"Victor sê die nastrewing van die waarheid en geregtigheid noodsaak die daarstel van die webwerf."
Keelvol Zondo laat Zuma krimineel aankla
2020-11-24"Zondo het dit Maandag met die aanvang van die kommissie se verrigting opnuut beklemtoon dat Zuma se optrede verlede week ’n strafregtelike oortreding is."
Zuma se minagting van Zondo is ernstige sake
2020-11-20"Terwyl die kommissie vir tee verdaag het, het Zuma en sy regspan spore gemaak en nie weer ná tee hulle verskyning gemaak nie."
Donker tye vir Suid-Afrikaanse media
2020-11-19"Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) sê in ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is hulle is besorg oor die huidige onstabiliteit by die SAUK. Die SAUK het aan die einde van Maart vanjaar ’n netto verlies van R511 miljoen getoon."
