In het nieuws

EFF wil weer ontwrigting saai by Kaapse skool

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-18

"Die EFF dreig om Vrydag vir ’n tweede keer by die Hoërskool Brackenfell in die Kaap te betoog teen beweerde rassisme by die skool."

Korona skrik beleggers af

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-17

"President Cyril Ramaphosa hoop egter die week se konferensie sal wys dat Suid-Afrika steeds aanloklik is vir beleggers."

DA kry slae in tussenverkiesings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-13

"Die politieke kommentator Piet Croucamp het op Twitter gesê die DA is vooraf gewaarsku hulle gaan steun verloor, maar diegene wat hulle gewaarsku het, is afgemaak as dom, onkundig, eendimensioneel en nog meer."

Ace Magashule se hofsaak kan ANC verder verdeel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-12

"Magashule word van korrupsie aangekla, wat verband hou met ’n asbes-kontrak van R255 miljoen in die Vrystaat terwyl hy die premier was."

Vonke spat by Kaapse skool oor ras

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-11

"Die onderonsie waartydens die vuiste gebal en selfs skote geklap het, het gevolg nadat die indruk vermoedelik geskep is dat die Hoërskool Brackenfell ’n matriekafskeid gereël het waarheen slegs wit kinders genooi is."

Suid-Afrika hou asem op vir tweede golf COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-10

"Ramaphosa sê die opofferings wat die land gemaak het om die verspreiding van die virus te stuit, moet nie vergeet word nie."

Getuie met Zuma-lojaliteite trap klei voor Zondo

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-06

"Die voormalige voorsitter van die SAL se direksie, Dudu Myeni, het die afgelope week kwaai kleigetrap toe sy voor regter Raymond Zondo getuig het oor haar beweerde betrokkenheid by staatskaping."

Solidariteit breek ’n lansie vir Afrikaans in die regsberoep

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-05

"Solidariteit het bekendgemaak dat die Regspraktisynsraad (RPR) uiteindelik aan die Solidariteit Regsgilde bevestig het dat toelatingseksamens vir regslui in sowel Afrikaans as Engels beskikbaar sal wees."

Ikoniese Tafelberg skud sy vere reg

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-04

"Een van die wêreld se bekendste landmerke, Tafelberg in Kaapstad, gaan later die maand opgeruim word tydens ’n vrywillige bergskoonmaakaksie."

Wynboere maak planne om COVID-19 te oorleef

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-03

"Die skade wat die nasionale inperking as gevolg van COVID-19-regeringsbeleid aan Suid-Afrika se wynbedryf aangerig het, beloop reeds R7,5 miljard in die sewe maande sedert die inperking aangekondig is. Na raming is daar ’n oorskot van byna 400 miljoen liter wyn, wat meer as Suid-Afrika se plaaslike jaarlikse verbruik is, sê Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai). Saai sê hulle is baie bekommerd oor die duisende hektaar wingerde wat in die gedrang is. Tot 80 familieplase kan as gevolg hiervan verlore gaan."

Boikot SAL nes e-tol, vra Outa

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-31

"Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te boikot net soos wat hulle die e-tol-stelsel geboikot het en glad nie van hulle diens gebruik te maak nie."

Bankrot SAL kry nog R10,5 miljard terwyl ekonomie verder krimp

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-29

"Die land se fiskus is in ’n baie slegter posisie as wat dit tydens 2008 se wêreldwye finansiële krisis was."

DA weer in beheer van die Jakarandastad

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-28

"Die DA is voorlopig weer in beheer van die Jakarandastad nadat die party hom tot die hof gewend het omdat die Gautengse regering die Tshwane Metroraad vroeër vanjaar ontbind en onder administrasie geplaas het."

Min hoop vir Tito se mediumtermynbegroting

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-27

"Opposisiepartye is bekommerd dat die minister van finansies, Tito Mboweni, die belastingbetalers se sakke weer gaan skud om die staat se boeke te laat klop wanneer hy Woensdag sy mediumtermynbegroting indien."

DA klim in bokskryt oor Afrikaans by US

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-23

"Die universiteit volstaan met hulle standpunt dat daar geen onbehoorlike gedrag deur De Villiers of regter Cameron was nie."

Moederstad se waterbeperkings ná jare se droogte opgehef

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-23

"Die stadsraad sê in ’n mediaverklaring die opheffing van waterbeperkings en goedkoper watertariewe in die Moederstad tree op 1 November in werking."

SABC wil selfooneienaars vir TV-lisensies laat betaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-21

"Die SAUK hoop om sy leë geldkoffers te vul met bykomende lisensiegeld wat van tablette, selfone en verskaffers van betaaldienste soos Netflix en MultiChoice (DStv) afkomstig is."

Broedertwis in NG Kerk na "lafhartige verraad"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-20

"Een van die kerk se mees uitgesproke teenstanders van gayverbintenisse, Chris van Wyk, beskuldig sy medebroers in die kerk van lafhartige verraad omdat hulle hom glo in die steek gelaat het."

Bekende letterkundige in Afrikaans-Nederlands sterf

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-16

"Ampie Coetzee, wat ’n persoonlike vriend en tydgenoot was van Breyten Breytenbach, was ook  ’n taalstryder en vurige vegter teen sensuur. Hy was  ’n stigterslid van die Breytenbach Sentrum in Wellington en eretrusteelid van die sentrum."

Bruin onderwyser in die pekel omdat hy sê hy is swart

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-15

"’n Bruin Wes-Kaapse onderwyser is in die moeilikheid omdat hy geweier het om as bruin geklassifiseer te word toe hy aansoek doen vir ’n onderwyspos. Hy het homself op sy CV as 'African' bekend gestel in plaas van 'Coloured' omdat hy gekant is teen rasseklassifikasie."

Verified by MonsterInsights
Top